ADVERTORIAL

Available

Die Wes Kaap se wynboere haal weer asem.- Suid Afrika.

Volgens die wynbedryfliggaam Vinpro was die 2018-oes, wat op 1 220 920 ton sowat 15% kleiner is as in 2017, aanvanklik selfs laer geskat.

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf verwag op hierdie vroeë stadium dat die 2019-wyndruifoes in die meeste streke na normale vlakke kan terugkeer, te danke aan goeie reënval kort op die hakke van ʼn drie jaar lange droogte. Die Klein Karoo beleef egter steeds ʼn ernstige watertekort en ons sal op 'n latere stadium die gebied besoek. 

Tydens ons besoek aan die Wes Kaap in Desember was dit baie warm en tipiese Kaapse weer het oral voorgekom.

Lente het vroeër as normaal ingetree, en die wingerde het aanvanklik vroeër as normaal begin bot. In September het temperatuurskommelinge egter wingerdgroei vertraag, en in sekere kultivars tot laat en onegalige bot aanleiding gegee. Reën in September het ook produsente genoop om hul bestuursinsette ten opsigte van lower- en swambestuur te verhoog. Teen einde September het temperature weer toegeneem en wingerde weer goed begin groei.

Die grootte en gehalte van die 2019-wyndruifoes sal verder beïnvloed word deur weerstoestande in die blomperiode en aanloop tot parstyd.

Die 2019 oes lyk baie meer belowend. Die standaard van die wyne wat plaaslik en oorsee verkoop móét met die res van die wêreld se wyne meeding. Dit toon ware karakter, nie net van die gehalte van ons terroir nie, maar ook van ons wynmakers wat by uitdagende toestande van hierdie aard aanpas en dit oorkom om volhoubaar te bly.

Suid-Afrika is die agste grootste wyndruifprodusent wêreldwyd en produseer nagenoeg 4% van die wêreld se wyn. Die wynbedryf dra R36 miljard by tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) en verskaf werk aan nagenoeg 290 000 mense.

Tydens ons besoek aan verskeie wingerdplase in die Wes -Kaap het ons baie geleer en gesien van hierdie unieke boerderye. Die hartlikheid van die mense en hulle werkers is opvallend. 

Wingerde in die Wes-Kaapse wynlande het goed uitgebot en as weertoestande gunstig bly word ‘n goeie oes verwag as ons so luister wat die slim manne se. In 3 maande se tyd is dit amptelik parstyd in die Wes-Kaap.

Meeste produsente is afhanklik van besproeiingswater uit die verskillende besproeiingskemas wat  baie beter lyk as 'n paar jaar terug. Die wingerde wys geen watertekort en korrelgroei is baie mooi op die stadium. Kleiner korrels beteken ʼn ligter oes met laer sapverhalings wat verder bydra tot laer volumes. Ons span leer baie by hierdie vriendelike wynboere in die Wes -Kaap

So is daar ook peste en plae wat sekere tye van die jaar na vore kom. 

Wingerd witluis is ‘n belangerike ekonomiese pes van tafel en wyndruiwe in Suid-Afrika, want dit is ‘n draer van die wingerd blaar
krul virus. Witluise skei ook heuningdou af wat kan lei tot die groei van swart skimmel wat druiwetrosse onbemarkbaar maak. Witluis larwes en volwassenes suig sap van alle dele van die wingerd plant. Hulle het ‘n mutualistiese verhouding met inheemse miere wat die witluise beskerm terwyl hul voed op die heningdou wat die witluise afskei.Witluise kruip in die winter weg onder los bas of moontlik op wingerd wortels en onkruid. Die populasie getalle piek in Januarie en Februarie.

Suid-Afrika is tans laaste op ’n globale tabel van prys/liter wyn wat in uitvoere verkoop is. Suid-Afrikaanse wyn se gemiddelde uitvoerprys per liter is R23.36 in vergelyking met R23.55 vir Spaanse wyn, R54.88 vir wyn van Chili en R60.20 vir wyn van Argentinië. Die uitvoertekort is een van die grootste uitdagings wat ons in terme van volhoubaarheid in ons bedryf ervaar.

Ander probleme wat Suid-Afrika se wynbedryf in die gesig staar, is die watertekort, ’n ommekeer in die wêreldwye tekort aan wyn en die nasionale werkloosheidsyfer wat op 40% staan, volgens sommige bronne. 

Ongeag  die definisie van premiumisering, is dit ’n realiteit en gebeur dit hier in Suid- Afrika. WynLand het verlede jaar berig Suid-Afrikaanse verbruikers – veral vroue en stedelinge – het in die premiumwynmark inbeweeg, soos blyk uit die groei van soet rosé- en rooiwyne (meestal bokswyne).

Dié wyne kan dalk mettertyd ’n portaal word tot verdere premiumisering waar hierdie verbruikers ontwikkel tot selfs meer gesofistikeerde wynkopers. Verdere bewys van premiumisering kan gesien word in die syfers by vanjaar se Kaapse Wynmakersgildeveiling. Die rand/ litre-syfer toon ’n bestendige toename sedert 2010, en rekordverkope van R10.5 miljoen is by vanjaar se veiling behaal. ’n Nuwe rekord vir rooiwyn – R22 500 vir ’n kis Kanonkop 2015 Paul Sauer – is ook behaal.

Die Suid-Afrikaanse wynmark is besig om te ontwikkel en wynprodusente sien ’n toenemende vraag na premiumwyne uit die groeiende mark vir millenniale wat dikwels op soek is na kwaliteitervarings. Wynverbruikers het oor die jare ontwikkel en wynprodusente kan nie meer op hul louere rus en verwag dieselfde wyne in die toekoms gewild sal bly nie. 

Sedert 2007 is daar ʼn groter fokus op die invoer van droogtebestande kultivars uit Mediterreense streke wat geskik sal wees in die Suid-Afrikaanse klimaat en terroir. 

Ons wynboere het ook minder geword, maar die kwaliteit word beter. Jong landbouers wat toetree tot hierdie boerdery is opgewonde oor die toekoms. Wyn bly noog een van Suid Afrika se trotse uitvoerprodukte. 

Johanel ANN - Sekere insetsels verkry van Vinpro


ADVERTORIAL

OPEN

 

Farming Diary

Sep
17

2:00 pm 09.17.2019 - 3:00 pm 09.18.2019

Oct
3

10.03.2019 - 10.04.2019

Oct
29

10.29.2019

ENCA - Latest

Feed not found.