Suid Afrika se landbouers is ywerige bouers en welvaartskeppers.

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Die afgelope paar weke het ek die voorreg gehad om saam met ons span van Agri News Net deur sekere dele van Suid Afrika se pragtige landbou wereld te reis.

Wanneer jy die een vervalle dorpie na die ander binne ry, dan sien jy die handewerk van die regering van die dag se swak bestuur en korrupsie. Baie min van die oorspronklike infrastruktuur van die dorpe bestaan nog. Beeste en donkies loop vry in dorp rond en word sommer in die erwe van die dorp aangehou. Die hoofstrate van die dorpe is omtrent alles vervalle.

En net wanneer jy sterk daaraan dink om die land te verlaat en 'n paar kilometer verby die dorp is, begewe jy jou weer in die absolute netheid van die lande wat langs die stukkende teerpad soos 'n fontein van water en lewe uitstaan. Die teken van ons landbouers van Suid Afrika se professionele en toegewyde manier van bou en instand hou. Deur die jare opgebou en instand gehou en verbeter.

Langs die pad ry jy verby lande, waar werkers met trekkers en planters besig is om mielies te plant. Alles netjies voorberei om met die grootste sorg te plant. Miljoen rande wat jaarliks in die grond geplaas word, met hoop en geloof. Dit is altyd lekker om 'n landbouer langs die land te sien waar sy trekkers loop. Ons Landbouers produseer voedsel onder baie moeilike toestande. 

In ander dele staan die mielies enkelhoogte, in lande wat skoon en netjies vertoon. Tenspyte van al die negatiewe nuus en uitsprake word alles nog reg gedoen met hoop en vertroue. Voedselproduksie op sy beste. Spilpunte wat stadig maar seker in 'n baan beweeg en beheer word deur die nuutste tegnologie laat die jong saailinge skitter in die son. 

Rondom elke vervalle dorpie wei daar beeste wat vry rondloop en elke lewende stukkie gras tot op die grond afvreet. Bokke skape en beeste wat aan iemand behoort en wat nooit gesteel word nie. Tussen die vuil riool water en kilometers se plastieksakke en vuilgoed bly hierdie hierdie diere aan die lewe met wurms en al. En dit sal waarskynlik die prentjie wees van die toekoms, as ons toelaat dat Landbou wat die laaste opgepaste vesting is vernietig word deur die regering.  Dit is die realiteit in Suid Afrika-

In kort beteken dit dat die regering van die dag in 24 jaar byna alles wat aan die staat behoort het, in die afgrond bestuur het- en saam met dit, ook die munisipaliteite van die meeste stede en dorpe. 

Al wat nog in Suid Afrika werk en elke dag professesioneel bestuur word, is landbou- behalwe vir 'n paar groot maatskappye wat nog besigheid doen in geboue of fabrieke en privaat eienaars asook JSE genoteerde maatskappye

Daar is soveel suksesvolle mense betrokke by Landbou, met soveel suksesvolle stories waar landbouers hulle werkers bemagtig het en vandag in vrede en geluk saam werk. 

As jy met vliegtuig sou vlieg oor Suid Afrika, sal jy die netjiese lande en spilpunte uit die lug sien. Netjiese vierkantige kampe, voerkrale en skoon damme en weiveld. In die Kalaharie sien jy die groot 200 hektaar kampe netjies omlyn. Damme en krippe wat duidelik uitstaan. In die Wes- Kaap sien jy netjies wingerde en lanings vrugte en groente- so kan ek aangaan. Dit is die werk van Suid Afrika se landbou en sy mense. 

Wanneer jy uit Johannesburg vlieg oppad Tanzania toe, het boerdery nog altyd duidelik uitgestaan oor Suid Afrika en Zambia asook dele van Zimbabwe- 'n teken van orde en struktuur. Gaan jy verder noord is daar geen struktuur nie. 

Die grootste probleem in Suid Afrika is dat die regering van Suid Afrika nog nooit vir die inwoners van Suid Afrika gese het, waarheen hulle oppad is nie.  

Suid Afrika se inwoners leef van dag tot dag omdat daar geen eenheid in die land is nie en daar geen leier is, wat die rigting kan aandui nie. En niemand weet waarheen Suid Afrika oppad is nie. 

Maar Landbou in Suid Afrika het dit nog altyd geweet waarheen dit oppad is- ten spyte van die onsekerheid wat daar heers oor die regering se kat en muis speletjies oor die toekoms van grond en eiendom in Suid Afrika. 

Landbou in Suid Afrika is 'n voorbeeld van bou vir elke Suid Afrikaner-niks word vernietig nie. Menige suksesverhale word daagliks gedeel waar beginnerboere deel geword het van landbou en sy mense in Suid Afrika- Suksesvolle opkomende boere wat voedsel suksesvol produseer. Meeste van die Landbou projekte waar die regering betrokke was het misluk. 

Elke dag doen die media verslag oor sensasie, hulle jaag mense na wat 'n absolute nul op 'n kontrak is- wat Suid Afrika en sy mense afbreek en nog nooit kon opbou nie. Hierdie mense spreek dood, vernietig hulle eie omgewing en kritiseer alles- daar is geen lewe in die mense nie. 

Daar gebeur soveel mooi goed in die Landbou elke dag- maar baie min haal ooit die hoofnuus. 

Landbou in Suid Afrika is voorbeeld van uiters suksesvolle hardwerkende mense, wat lewe spreek en wat die son oor almal wil laat skyn doeners van die landbou omgewing.

Meeste van ons land se inwoners ken nie 'n beter plek as wat hulle elke dag sien nie. Armoede en hongersnood is hulle voorland elke dag.  Hulle lewe nog net op beloftes van die regering, wat nog nooit gerealiseer het nie. 

Landbou in die ware sin van die woord moet 'n plek wees waar almal wil bly en werk. Landbou moet vir mense uitkoms en hoop gee, waar mense in liefde en vrede saamwerk aan 'n toekoms en daarby voedsel produseer.

Landbou gaan hom nie  laat vernietig deur die regering en sy meelopers van die dag nie. Ons moet opstaan teen die media wat soveel dekking gee aan mense wat haat en dood spreek en wat Landbou en sy mense wil vernietig. Gee liewer aandag aan Landbou en sy mense wat elke dag sorg dat daar kos op Suid Afrikaners se tafel is. 

As ons nie hierdie pragtige beroep gaan beskerm nie, gaan ons land lyk soos die grond reg rondom die vervalle dorpe van Suid Afrika. Alles gaan vernietig wees en gaan ons soos Zimbabwe uit voedsel hardloop. 

Ons landbou organisasies en Landbou maatskappye saam met ons landbouers is gereed en gaan nie dat hierdie mooi land met sy uiters professionele en suksesvolle landbouers en hulle leiers deur 'n korrupte gulsige regering vernietig word nie. Saam sal ons 'n oplossing kry wat vir almal tot voordeel is.

Beleggers in die buiteland is gretig om geld in Suid Afrika te bele- veral in Landbou omdat dit nog altyd suksesvol funksioneer. Maar met die regering se grondhervormings beleid gaan dit nie gebeur nie. 

Dis nou tyd van saamstaan en beskerm en daarmee saam bou. Landbouers kan nie afdaal na 'n vlak waar korrupsie en gulsigheid aan die orde van die dag is nie. Die meeste mense in Suid Afrika wil in liefde en vrede bly.

Die tyd is nou- Staan op en beskerm dit wat ons deur die jare met sorg en liefde tot hier gebring het.

Moenie moedeloos word en opgee teen 'n gees wat nooit vrugte kan dra nie. Ons kan en sal dit maak werk. Ons Landbouers staan alleen en het nog altyd oorleef. Ons moet self alles maak werk en nooit vir iemand anders kyk nie.  

Johanel. ANN