ADVERTORIAL

HOLLARD

VERSEKERING

Jy is nie die produk van jou omstandighede nie.- Suid Afrika

Elke dag word Suid Afrikaners wakker met een of ander krises wat die land getref het, maar saam met dit het ons elkeen ons eie probleme wat van dag tot dag opgelos moet word.

Die media in Suid Afrika is die groot sondebokke as dit kom by die verspreiding van negatiewe nuus. Al wil jy dit nie lees nie, word dit een of ander plek in jou keel afgedruk.

Ons vind dit maklik om ons omstandighede te blameer vir ons mislukkings en tekortkominge. Ons vergeet te dikwels dat ons niks is sonder omstandighede nie, want ons omstandighede maak ons uniek. Die lewe gaan oor keuses en alles wat om jou gebeur is baie keer die gevolg van jou keuses of iemand anders se keuses wat jy in jou lewe toegelaat het.

Meeste van ons mense weet nie waarheen hulle oppad is nie- en ons weet nie wat se sukses ons werklik nastreef nie- want sukses moet duidelik verstaan word en gedefineer word.  Meeste mense weet nie wie hulle is nie, weet nie waartoe hulle instaat is nie en glo nie in hulle self nie. Niks staan in jou pad as in jou self glo en vir jouself lief is nie. 

Ons moet besef ons omstandighede kan ons negatief of positief raak, afhangende van wat ons as individue daarvan maak. Alles begin met met gedagtes en dis waar alles beheer moet word. 

Dit maak nie saak hoe groot of klein die huis is waarin jy woon nie, ten minste het jy ’n dak oor jou kop en ’n plekkie waar jy jou kop kan neerlê.
Jy hoef nie baie geld te hê om suksesvol te wees nie, al wat jy nodig het, is ’n bietjie selfvertroue, opoffering en die wil en begeerte om suksesvol te wees. Ons omstandighede beperk ons nie om dinge te doen nie, dit bied ons eerder ’n geleentheid om ons vlerke te sprei en te vlieg. Dit beperk ook nie die plekke waarheen ons kan vlieg nie, want daarvoor ontvang ons gratis opvoeding.

Ons moet leer om die regte mense in ons lewe toe te laat, mense wat waarde byvoeg tot jou lewe. Suid Afrika se mense is geneig om oor alles te klae maar baie baie min kom met oplossings . Ons landbouers gaan deur moeilike tye, die feit dat dit nog nie gereen het nie en dat daar nie pitte in die grond is nie, plaas groot "stress" op elke landbouer. Maar omdat dit deel is van Landbou is dit deel van die proses en moet ons landbouers partymaal daarmee saamleef. Reen is partymaal laat, maar dit gaan oor vertroue en daarom weet ons dat dit een of ander tyd wel sal reen. Verder het ons landbouers en ander inwoners nog geen sekerheid oor grondonteiening nie,.

Verder bly ons in 'n land waar daar baie onsekerhede is en mense is daaroor bekommerd en baie sien geen toekoms nie. Iets moet aan die probleem gedoen word en ons moet opstaan en hierdie probleme aanspreek. 

Die grootste motivering om die regte keuses te maak en besluite te neem, kom in baie gevalle uit ons omstandighede.
Ek dink sodra ons as individue ons omstandighede toelaat om ons te vorm en nie te definieer nie, sal dit ons help om te besef dat daar talle geleenthede opgesluit is in ons omstandighede en wie en wat ons regtig is. Dit sal ons as individue ook help om ’n beter perspektief te kry van wat ons doel op aarde is, en dan sal die wêreld ook ’n baie beter plek wees. Mense kyk nie hulle gesondheid nie hardloop vir enige klein dingetjie na 'n dokter toe wat hulle met oop arms ontvang, veral as hulle 'n mediese fonds het. Nog steeds glo mense dat Dokters persoonlik afgelewer is deur een of ander hoogheid en dat jy alles moet glo wat hulle jou vertel- en nog doen wat hulle se. Daar is 'n rede hoekom jy sien is- en 'n dokter gaan net jou simptome behandel met "drugs'.  Kry jou gedagtes reg en jou gesondheid is ook reg.

Ons word glad nie gedefinieer of gekenmerk deur ons omstandighede nie, maar deur ons daaglikse besluite en keuses. Die keuses en besluite oor beter omstandighede en ’n blink toekoms is in ons hande. Ons kan toelaat dat ons omstandighede ons definieer, of ons kan dit gebruik om ons motivering en dryfkrag vir sukses te wees. Jy is nie wie ander sê jy is nie. Jy is wie jy jouself toelaat om te wees. Die doelwit is nie om ontslae te raak van ons omstandighede nie, want dit is ’n groot deel van wie en wat ons is.

Onthou - jou keuses bepaal baie keer jou omstandigede- en baie keer leen jy jou ore uit vir mense met grade en glo hulle weet iets- kyk maar liewer eers na die mense se omstandighede- .. en as jy besigheid met iemand doen, maar seker die persoon is geestelik en ligaamlik gesond. 

Johan Pretorius


ADVERTORIAL

SASOL

FERTILIZER 

Farming Diary

Oct
29

10.29.2019

Mar
3

03.03.2020 - 03.05.2020

Jun
17

06.17.2020 - 06.19.2020

ENCA - Latest

Feed not found.