URSUS- Main 2

ADVERTORIAL

Agriculture Investment

Die mens moet eet... maar in die proses is hy ook die grootste versteurder van die brose ewewig van die natuur in sy ondermaanse tuiste.

Dis droog oor groot dele van Suid Afrika- dis Desember maand en ons beleef die een hittegolf na die ander. Wetenskaplikes se dis aardverwarming - en daar is 'n gat in die osoonlaag. Alles kan waar wees, want ons sien en beleef dit in die natuur. 

Dan is daar El- Nino wat soos 'n valkoog dopgehou word en die grootse vrees is, vir landbouers in Afrika.  Alles kan waar wees- maar wat het ons gedoen om die aarde so warm te maak.  Gasse van motors, trokke en al die winde wat die miljoene beeste op aarde daagliks in die heelal los.  Daar is nog verskeie ander redes oor- maar daar is net soveel wat verkeerd kon loop.

Reenwoude is vernietig, in die dele van die wereld waar hulle gestaan het en waar hulle van nut was.  Daar is baie te lees daaroor, maar wat het ons in Suid Afrika ook gedoen aan hierdie natuurlike siklus wat gesorg het dat dit nat is, dat vog uit die trope suidwaards beweeg en ons land van Wes na Oos natmaak.  Weerprofete en wetenskaplikes het baie meer kennis en kan vir elke gebeurtenis 'n moontlike verklaring gee.

In die begin sewentiger jare en daarna het dit eers gereen in die Ooste van die Land, aan die begin van die seisoen, na die die winter. Gauteng wat in die middel was, het elke dag 'n paar donderbuie of twee gehad van beide kante af. Binne twee weke het vog uit die trope suidwaarts beweeg oor Namibia  en Botswana en daarna oor die Westelike dele van Suid Afrika- Vryburg en verder suid oor die Noord en Wes Vrystaat en verder Ooswaarts oor Limpopo, Mpumalanga, Oos Vrystaat en Kwa Zulu Natal.  Dit was min of meer die weerpratroon. 

Jaar op jaar het dit so gereen. Maar Sedert die begin tagtigjare het die patroon begin verander- hoekom weet ek nie-  die sewe jaar droogte van die tagtiger jare was een van die eerste droogtes- die ontwaking van EL-NiNo- en daar was die groot droogtes van die dertiger jare.. maar 'n kenmerk van al die jare was, dat daar altyd weer tussen 5 en 7 goeie jare gevolg het, na die jare van min reen. 

Daar is baie ontbosting gedoen in die Noord- Wes en Limpopo- duisende hektare grond is ontbos- en onder op die gronde is net sand wat baie baie warm word. Nie net in die dele nie, maar ook in die Vrystaat en ander provinsies- alles om meer kontant gewasse te vestig of meer gras aan te plant. Hierdie sandgronde word baie warm en straal hitte na bo- dis logies om so te dink.  Het die ontbosting nie dalk te doen met die vog uit trope wat net weg raak- en so ook die reenwoude wat uitgehaal word.  Wat ek eintlik wil se - Het ons nie dalk ontwetend die natuur se natuurlike gedrag versteur nie ??

Gesels maar met landbouers, elkeen het sy eie gedagte en mening van reen en reenpatrone- maar op die einde van alles moet ons by die dieselfde antwoord uitkom. Ons landbouers ken die natuur, of sal ek se, hulle het die natuur geken toe dit nog 'n patroon gehad het.  

Ek onthou hoe ek jaar na jaar 'n familielid gevra het wat hy in die natuur sien, veral in die wintermaande. Hy kon soveel uit die natuur vir my leer en hy het altyd na die voels se neste gekyk - as hulle neste laag op die kante van die panne gemaak het, was daar min reen- as hulle dit hoog gemaak het- het dit baie kom reen...en dit was waar. Daar is nog baie ander tekens wat dalk nog altyd werk. Maar ons jong geslag landbouers kry alles op "google" of deur een of ander slim applikasie- wat dalk ook waar kan wees.  Maar ons moet meer die natuur bestudeer.

Lank lank gelede het ’n breë smaraggroen gordel om ons planeet gestrek. Dit het uit allerhande soorte bome bestaan, en breë riviere het daardeur gevleg.

Net soos ’n enorme natuurlike kweekhuis, was dit ’n gebied van prag en verskeidenheid. Die helfte van die wêreld se dier-, voël- en inseksoorte het daar voorgekom. Maar hoewel dit die weligste gebied op aarde was, was dit ook broos—broser as wat enigeen gedink het.

Vandag bedek tropiese reënwoude net 5 persent van die aarde se oppervlakte in vergelyking met 12 persent ’n eeu gelede. En elke jaar word ’n woudoppervlakte groter as Engeland, oftewel 130 000 vierkante kilometer, afgekap of afgebrand. Hierdie ontsettende tempo van vernietiging dreig om die reënwoud—sowel as die bewoners daarvan—deur dieselfde lot te tref as wat die dodo gehad het.

Wetenskaplikes het in die sestiger- en sewentigerjare die oplossing vir hierdie raaisel gevind. Hulle het uitgevind dat die woud letterlik van homself leef. Die meeste van die voedingstowwe wat die plante nodig het, word deur die tak- en blaarafval voorsien wat die woudvloer bedek en wat—danksy die voortdurende hitte en vogtigheid—vinnig deur termiete, swamme en ander organismes afgebreek word. Niks gaan verlore nie; alles word hergebruik. Deur middel van transpirasie en verdamping van die wouddak hersirkuleer die reënwoud selfs tot 75 persent van die reënval wat dit ontvang. Die wolke wat deur hierdie proses gevorm word, voorsien later weer water aan die woud.

DIE tropiese reënwoude is verantwoordelik vir die produksie van baie van ons planeet se suurstofvoorraad.

Maar die natuurlike plantegroei van die reënwoude word in ’n verontrustende tempo uitgeroei. In baie gebiede word dit vervang deur voedsellanderye wat nie naastenby soveel suurstof as die oorspronklike woud kan lewer nie.

Die mens moet eet... maar in die proses is hy ook die grootste versteurder van die brose ewewig van die natuur in sy ondermaanse tuiste.

TROPIESE reënwoude kan gewoonlik in vyf afsonderlike lae verdeel word. Die boonste laag bestaan uit die reuse bome van die woud. Dis geen deurlopende laag nie, maar bevat verspreide bome wat bokant die res van die woud uittroon.

Hierdie laag is blootgestel aan die volle krag van die son, wind en reën. Die bome is kenmerkend slank en vertak eers ver boontoe in hul kruine.

Onder dié laag is die jong reuse wat hul beurt afwag om bo die ander uit te styg en die oerwoud te regeer.

Die digte tweede laag vorm die "see van groen" en is ’n vermenging van die jong reuse en verskeie vrugtebome, asook talle klimop- en kleefplante. Die boomkruine raak verstrengel om ’n dik plafon oor die woud te vorm wat die meeste lig van die onderste lae wegkeer.

Die derde laag is dié wat jy sou sien as jy opkyk terwyl jy deur die woud loop. Die bome hier het lang, dun kruine, wat só toegerus is dat hulle die min lig ten beste kan benut.

Die struiklaag is ’n yl versameling van dwergboompies, palms en hout- en kruidagtige struike.

Die kruielaag word gekenmerk deur kleiner plantjies soos kruie, varings en jong lote. Slegs sowat een persent lig wat op ’n reënwoud val, dring tot dié vlak deur en min plante kan hier oorleef.

Ontbossing vind om baie redes plaas: die bome word afgekap om te verkoop of gebruik te word as brandstof en houtskool of houtprodukte, terwyl die land dan gebruik word vir weiding vir diere, plantasies en nedersettings. Wanneer bome uitgehaal word sonder om weer nuwe bome aan te plant, is die gevolge gewoonlik baie nadelig vir die gebied. Daar is 'n verlies aan biodiversiteit en dit het ook 'n verminderde reënval tot gevolg.

Die vernietiging van woud-ekosisteme hou verband met die ekonomiese beskouing wat die transformasie van woude ekonomies aanlokliker maak as die bewaring van die woude. Baie van die funksies van die woude het geen kommersiële waarde vir die eienaar van die woude of gemeenskappe wat op die woude staatmaak vir hulle welvaart nie. Die waarde van woude om koolstof uit die atmosfeer te dreineer of as 'n belangrike biodiversiteitsbron te gebruik gaan bloot na die ryker, ontwikkelde lande en die vergoeding vir hierdie dienste is onvoldoende. Ontwikkelende land voel dat sekere lande in die ontwikkelde wêreld, soos die VSA, hulle eie woude eeue gelede afgekap het en geweldig baie daarby gebaat het. Nou is hulle bloot skynheilig om te verwag dat ontwikkelende lande hierdie geleenthede misgun word wanneer daar gepleit word vir die bewaring van woude. Hul siening is dat die armes nie die koste van bewaring moet dra indien die rykes die probleme veroorsaak het nie.

Regerings wat in geldnood verkeer, word maklik deur internasionale maatskappye omgepraat om houtkapregte te verkoop—in sommige gevalle een van die min nasionale bates wat beskikbaar is om buitelandse skuld af te betaal. En die miljoene rondtrekkende boere kan nie anders as om die reënwoud al hoe dieper binne te dring nie.

Is dit werklik so belangrik om die reënwoude te bewaar in ’n wêreld wat deur soveel probleme geteister word? Wat loop ons gevaar om te verloor as hulle verdwyn?

Hierdie is maar net 'n paar gedagtes en gebeure- maar Suid Afrika is stadig maar seker besig om 'n woestyn te word van die weste af. 

Johanel ANN 


ADVERTORIAL

Open

Market

Farming Diary

Apr
25

04.25.2019 8:00 am - 9:00 am

May
22

10:00 am 05.22.2019 - 11:00 am 05.23.2019

Jun
3

1:00 pm 06.03.2019 - 2:00 pm 06.05.2019

All Africa News: Latest

Feed not found.