ADVERTORIAL

Available

Ons landbouers in sekere dele van die Vrystaat met skuldeisers op hulle nekke.

Suid Afrika is droog - baie droog en ons Landbouers is diep bekommerd oor hulle toekoms. Suid Afrika het van die beste landbouers in die wereld maar kan nie veel doen as dit nie reen nie. Sekere banke en Koperasies het hulle neuse vir baie somergraan produsente in die Vrystaat opgetrek en het onderneem om geen aksie te neem voor Augustus 2019 nie. 

Bultfontein se "Summerville" streek is van die beste en bekendste landbougrond in Suid Afrika- hand aan hand loop groot dele van Hoopstad, Wesselsbron, Theunisson en Bothaville. Van die gronde was tot 'n paar jaar gelede verkoop vir tussen R50,000 en R70,000 per hektaar. Top landbougrond met vry water tafels op 1 tot 3 meter. Gemiddelde opbrengste van tot 7 ton en meer per hektaar op droe land is algemeen. Daar is altyd gesê in Bultfontein/ Wesselsbron en Hoopstad erf jy grond of jy trou in grond in, maar jy kan dit nie self koop nie. Daardie tye is nou verby. Die distrik loop leeg.

Van ons land se beste landbouers boer hier. Landbou masjinerie maatskappye verkoop jaarliks miljoen rande se trekkers en implemente aan die landbouers. 3000 hektaar en meer somergraangewasse per landbouer word jaarliks geplant. Miljoene rande se kunsmis,saad en onkruidoders word verkoop. 

Hierdie hardwerkende landbouers is finansieel in die moeilikheid en saam met die regering se beoogde grond onteining wat geen antwoord oplewer nie, hang alles in die lug. Bekende saad en kinsmismaatskappye het reeds hulle hand uitgesteek om te help- want dis 'n belegging en hulle weet wat die landbouers vir hulle besighede beteken het die afgelope maande. Daar is nie ander landbouers in die wereld wat beter gaan doen as hierdie landbouers en hulle families nie. Suid Afrika se inwoners het voedsel nodig- Mieliepap ondermeer- dis wat die meeste inwoners eet- 

As hierdie slim kredietbestuurders en hulle direksies  gaan kyk hoeveel gelde hulle uit hierdie landbouers gemaak het in die jare deur rente, die wins op verkope asook enige ander winste, kan hulle 'n groot gedeelte skuld totaal en al afskryf en die belaans rentevry op afbetalings ooreenkoms sit, wat maklik betaalbaar is. 

Dis 'n oplossing om sterk te oorweeg. 

Daar is geen ander manier om dit te doen nie- dis presies dieselfde beginsel as om die hoender te slag wat die eiers le. Dis die boodskap aan ons land se banke en koperasies - beter landbouers gaan julle nie kry nie- so pas hierdie landbouers op wat tans in die moeilikheid is- julle gaan weer oes, dis nou tyd om saam te staan. Daar is geen ander landbouer wat suksesvol op die plase gaan boer as dit nie reen nie. 

Maar as jy al hier deur is, weet jy wat dit is om jaar na jaar te sien hoe gaan alles tot niet- daar is baie landbouers wat al uitverkoop is deur ons land se banke. Dis nou tyd van saamstaan en die ou beginsel van die gereg gebruik, is nie meer van toepassing op die verbouing van voedsel nie. Voedselsekerheid is wat ons moet beskerm. 

Johanel ANN (Reeds geplaas op AGRI NEWS NET vroeer die week.)

AGRI NEWS NET- vandag. (Lees volledige berig Landbou.com )

Die droogte en dalende graanpryse in die Vrystaat en ander dele het daartoe bygedra dat dié boere nie hul skuld by FNB kan vereffen nie, en moontlik hul plase kan verloor as die bankgroep dit sou opveil om hul skuld te delg. Omdat grondpryse in dié distrik gedaal het, sal sommige boere selfs ná die verkoop van hul grond nie al hul skuld kan delg nie. 

Boere in die distrik Bultfontein het in September ’n bewusmakingskomitee gestig met die doel om hul noodsituasie te belig en hulp te kry vir boere wat geldelik op hul knieë is. FNB het toe ook onderneem om nie enige veilings voor die einde van Maart 2019 te hou nie. Vroeër is berig dat FNB ná bemiddeling deur TLU SA onderneem het om die opveil van plase weens skuld uit te stel tot Augustus 2019. Mnr. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en -bemarking by FNB. ontken egter dat FNB ’n algemene vrystelling of moratorium ten opsigte van veilings op die vergadering met TLU SA gegee het.

“Die finale besluit hieroor lê nie by individue nie, maar by die bank se risiko-komitee, wat ’n volledige ontleding doen en elke geval op meriete beoordeel,” het Maree in ’n onderhoud met Landbouweekblad beklemtoon. “Sou daar byvoorbeeld intussen plase vrywillig verkoop word, is dit die normale verloop van sake en ons gaan dit nie stuit nie.” Daar is ook kliënte wat reeds in ’n regsproses betrokke is (wat tot die opveil van hul bates kan lei) en volgens Maree kan die bankgroep dié proses nie noodwendig stop nie en moet dit sy gang gaan. “Met die vergaderings vroeg in November het ons gesê ons kan die meeste boere help om met sekere aanpassings hierdie seisoen te kyk of hulle kan plant, dan kyk ons hoe lyk die oes en hoe ons hulle kan help om hulself uit die situasie te bestuur.”  Lees die volledige berig op Landbou.com.


ADVERTORIAL

OPEN

 

Farming Diary

Sep
17

2:00 pm 09.17.2019 - 3:00 pm 09.18.2019

Oct
3

10.03.2019 - 10.04.2019

Oct
29

10.29.2019

ENCA - Latest

Feed not found.