URSUS- Main 2

ADVERTORIAL

Agriculture Investment

Dis Kerfees 2018- Jy is deel hiervan - Suid Afrika

Namate ek ouer word, raak Kersfees vir  my al hoe dieper. Miskien is dit nostalgie … so ’n mengsel van dankbaarheid en hartseer oor die herinneringe uit die verlede.

Of miskien is dit omdat dít waaroor Kersfees gaan, vir my al hoe meer betekenis kry. Kersfees is’n gesinsfees. Dan kom ons weer bymekaar en versterk die band tussen ons.

Al loop dinge in ons gesinsverhoudings gedurende die jaar skeef, kry ons met Kersfees die geleentheid om weer nuut te begin en reg te maak wat verkeerd is tussen ons. Hoe jy grootgeword het met Kersfees in jou eie ouerhuis sal jy altyd onthou.

Vir my lê die grootste gevaar eerder daarin dat ons die meeste van ons tyd aan die voorbereidings en feesvierings spandeer in plaas van om te onthou wat Kersfees nou eintlik beteken. 

Kersfees wat ek as kind onthou, was ook wonderlik en ‘n baie lekker tyd, maar dit het soveel meer waarde gekry die dag toe ons eie gesinnetjie begin groei het. Die samesyn raak net elke jaar lekkerder en lekkerder.  

En so is ons by Kersfees 2018-  dat 365 dae so vinnig verbygaan is onverklaarbaar. So het baie gebeur in die jaar en so het ons nie verlede jaar geweet wat hou die Kersfees in nie. As jy vandag 'n klein geskenkie ontvang van die mense vir wie jy lief is, dan is jy bevoorreg. Maar dis ook nie nodig nie- net die liefde en omgee is al klaar 'n geskenk. 

Met soveel van ons Suid Afrikaners se geliefdes wat oorsee werk en bly is baie huigesinne wat nog 'n eenheid is, se kinders net te ver om hierdie dag saam te geniet. Daarom dink ons met verlange aan hulle. 

Wanneer jy ’n geliefde aan die dood afgestaan het die jaar, lê hierdie eerste Kersfees sonder dié persoon soos ’n digte misgordyn voor jou. Jy weet nie hoe jy daardeur gaan kom nie, maar jy moet. 

Die eerste Kersfees nadat ‘n mens ‘n geliefde verloor het, is altyd moeilik – juis omdat Kersfees in so ‘n groot mate ‘n familiefees is. Kersfees is ’n tyd vir samesyn, saam met familie en vriende te vier. Soms is dit vir party mense nie van die lekkerste tye van die jaar nie, dit is wanneer daardie een persoon se plek leeg is aan die etenstafel. Dit is wanneer geskenke uitgedeel word en een van ons eie mense is nie meer daar nie. 

Nie net die dood nie, maar ook wanneer twee mense vir eerste keer alleen is nadat hulle geskei is. Jy moet eers 'n Kersfees alleen deurbring sonder jou geliefde voor jy weet wat dit is.

Die opbreek van 'n huisgesin as Pa en Ma skei en nog daarby ons Oupa en Ouma is ook is dramaties, maar dit word eers werklik ervaar met die eerste Kersfees waar ons huisgesin nou in twee geskeur is. 

Gewoonlik is dit die vrou wat die kinders so beinvloed, dat sy gewoonlik die keuse is vir Kersfees vieringe. Kinders gee gewoonlik meer om vir hulle Ma, veral as hulle alles wat verkeerd geloop het, in hulle ouers se huwelik, by hulle Ma alleen gehoor het.

Mans is net so skuldig, maar kry gewoonlik nie veel genade in die eerste jare van alleen wees nie.

Kinders se eie huisgesin is in twee gebreek deur twee mense (ouers) wat nie bereid was om hulle geskille eenkant toe te sit en mekaar te vergewe nie en dinge tussen hulle regtemaak nie. Hierdie ouers wat die fondasie was van hulle kinders en kleinkinders het uit selfsug, hulle eie huisgesin opgebreek met redes wat aanvaarbaar kan wees. 

Die reling dat die kinders een jaar by die Ma kersfees hou en die volgende jaar by die Pa klink baie goed, maar dit is nie so lekker nie 

Daardie verlange na eenheid van al jou kinders en kleinkinders onder een dak met Kersfees, bly nog altyd in jou gedagte en laat jou net so skuldig en alleen voel. In meeste gevalle besef beide of een van die partye dat dit regtig nie nodig was om te skei nie. 

Vrouens wat hulle mans gelos het oor drank, ontrouheid of omdat daar nie meer geld was agv van iets wat skeefgeloop het nie, dink nooit verder as wat hulle reeds geskeide ongelukkige vriendinne hulle vertel het nie. Die vriendinne het in elk geval nooit die man se goedkeuring weggedra nie.

Die invloed van hierdie verbitterde vrouens is baie groot op voornemende vrouens wat wil skei en prokureers en sogenaamde huwelik beraders het ook altyd 'n eier te le. 

Dieselfde geld vir mans wat nie verantwoordelik kon wees vir hulle huisgesin nie. 

Nog steeds dink hulle dat hulle regverdig optree, tenspyte van die feit dat hulle nie wou vergewe en hulle eggenote/eggenoot bygestaan het in die krises waarin hulle was nie. Dis wanneer jy as huweliksmaat  ongenadiglik vir mekaar baklei tenspyte van wat ookal gebeur het. Dis wanneer jy baklei vir wat joune was. 

Dis alles finaal en jare daarna is die pyn en verlange nog daar.

Wanneer beide van die persone weer betrokke raak in verhoudings maak dit alles nog meer kompliseerd, want nou is jy totaal en al, gedeel in drie. Ons almal het die reg om gelukkig te wees, maar hierdie samesyn van 'n huisgesin wat almal  dieselfde bloed deel is nooit vervangbaar nie. Waar jy ookal nuwe liefde gevind het, sal jy gelukkig wees, maar die band van eenheid in jou eie huisgesin wat julle twee begin het, is finaal gebreek. 

Wat Kersfees ookal vir jou beteken maak nie saak nie, die keuse waar jy vandag Kerfees vier en saam met wie is joune- of dalk het jy nie keuse gehad nie.

Maar as jy vanaand die voorreg het om in jou eie ouerhuis saam met jou Pa en Ma of Oupa en Ouma Kersfees te vier en al jou broers en susters- is jy een van die gelukkiges.  Om saam Kersfees of familiefees te vier moet 'n prioriteit wees. Moenie jou Pa of Ma alleen laat met Kersfees nie, want jy gaan dalk spyt wees as hulle nie meer daar is nie.  

Dink vir oomblik aan mense wat vanaand alleen is sonder enige geliefdes. Reik uit na die mense en gee hulle net 'n bietjie liefde, skakel hulle of maak kontak met hulle op een of ander manier. 

En as jy vanaand na jou huisgesin verlang, jou kinders, jou kleinkinders en dit is as gevolg van 'n egskeiding, dan was dit alles julle/jou besluit en jy moet daarmee saamleef.

Elke Kersfees gaan so wees, want dit is finaal opgebreek. Maar ons kan almal weer in 'n mate gesond word en dit is deel van die verlede wat altyd een of ander tyd gaan terugkom met Kersfees. 

As jy 'n landbouer is in Suid Afrika is daar niks so lekker as om 'n nat Kersfees te vier nie. Somergewasse wat vol in groei is en in nat gronde staan met lekker warm sonskyndae. Gras wat weelderig groei en beeste wat rustig op die gras wei en onder groot bome le en herkou. 

"n Groen Suid Afrika waar almal opgewonde is oor die nuwe jaar. Vleisbraai en kuier in die heerlike somerweer van Suid Afrika op Kersaand saam met jou geliefdes. As jy langs die Weskus vanaand 'n vissie braai en rustig in jou karavaan die hemelruim aanskou is dit jou gelukkige plekkie. As jy vanaand in die bosveld is en jy jou oukersaand saam met jou geliefdes  daar vier met die geluide van natuur om jou- dan geniet jy elke oomblik want dit is netso voorreg. 

So het elke landbouer in Suid Afrika se eie gewoontes en sy eie plekkie waar hy Kersfees vier.

Ongelukkig bevind ons landbouers hulle weer in die greep van droogte, daar is bitter min gesaaides op die lande en die kommerisse word net meer. 

Ons kan niks daaraan doen nie, behalwe om te glo en te vertrou dat dit baie gou sal kom reen en die wereld lekker nat is en die trekkers die aarde laat dreun. Dat die gras en bosveld binnekort weer weelderig en groen is en die wild spek vet en gesond is. 

Waar jy ookal vanaand is - geniet jou- vergeet so oomblik van jou omstandgihede en geniet jou familie en vriende en wees lief vir mekaar, ondersteun mekaar en staan bymekaar. Laat die liefde en trou altyd by jou wees. Vervul jou rol in jou huisgesin en wees trots op dit wat jou eie is. 

Geseende Kersfees aan al ons duisende besoekers en troue lesers van Farmingportal.co.za en AGRI NEWS NET die afgelope 15 jaar. 

 Johanel. 

 


ADVERTORIAL

Donaldson

Filters

Farming Diary

Apr
25

04.25.2019 8:00 am - 9:00 am

May
22

10:00 am 05.22.2019 - 11:00 am 05.23.2019

All Africa News: Latest

Feed not found.