ADVERTORIAL

Available

AANGEPLANTE WEIDINGS EN VOERKRALE- Suid Afrika

Dit is droog oor groot dele van ons land maar daar is tog plekke waar daar genoeg bespreoingswater is en voer wat aangeplant was vir die somer. Skaap boerdery verskil van gebied tot gebied en elke gebied bring sy eie siektes asook sy eie samestelling van voer rantsoen vir skape.

Baie boere in Suid-Afrika sien hul toekoms in vertikale uitbreiding, dit wil se die verhoging van produksie per eenheidsoppervlakte van hul skaapboerdery.

Vertikale verhoging in produksie kan verkry word deur meer intensief te boer op aangeplante weidings en/of in voerkrale. Aangeplante weidings en voergewasse verskil aansienlik ten opsigte van seisoenale groeipatrone en voerproduksie en moet die korrekte kombinasie van gewasse verbou word om 'n doeltreffende voervloeiprogram te verseker. 'n Doeltreffende voervloeiprogram moet voldoende voer produseer om in die skape se voedingsbehoeftes gedurende die verskillende stadia van groei en reproduksie te voorsien. Aangeplante weidings en voergewasse kan slegs voldoende voer van goeie gehalte produseer indien dit korrek verbou en bestuur word. Weens verskille in gewasse se waterbehoeftes moet 'n voervloeiprogram dug ook inpas by die beskikbare besproeiingswater.

Sommige weidings kan dwarsdeur die jaar benut word soos byvoorbeeld luserngrasmengsels en gras-klawer- mengsels. Hierteenoor kan lusern slegs gedurende die somermaande bewei of gehooi word. Indien lusern bewei word moet 'n gedeelte ook gehooi word om skape in voerkrale te oorwinter. As alternatief kan kleingraanweiding gevestig word vir beweiding gedurende die wintermaande. Die lusern- en kleingraanweiding verskaf dan 'n voervloei met 'n hoë voedingswaarde en voerproduksie dwarsdeur die jaar.

Intensiewe Skaapboerdery in voerkrale kan ook doeltreffend ingeskakel word by die verbouing van kontantgewasse. Sodoende kan oesreste 'n aansienlike bydrae lewer tot voervoorsiening. Ooreenstemmend met aangeplante weidings, moet voergewasse vir 'n voerkraalstelsel ook voldoen aan die diere se voedingsbehoeftes, terwyl die waterbehoeftes daarvan ook binne perke moet wees.

Verhoogde skaapproduksie kan slegs suksesvol en winsgewend wees indien die voergewasse en weidings korrek bestuur word. Om voldoende besproeiing en hergroei van weidings te verseker, is dit noodsaaklik dat genoeg weidingskampe van ongeveer een hektaar grootte beskikbaar moet wees. Kuddegroottes moet ook aangepas word by kampgroottes sodat 'n weidingskamp binne vier tot sewe dae skoongevreet kan word. So byvoorbeeld moet soveel as 260 skape per ha per week aangehou word op lusern gedurende die piek groeiperiode in die somer.

lndien eenjarige weidings soos kleingrane in 'n voervloeiprogram ingesluit word, moet dit vroegtydig gevestig word om gereed te wees vir beweiding aan die einde van die luserngroeiseisoen. Die gereelde bepaling van beskikbare plantvoedingstowwe in die grond met behulp van grondmonsters sal bydra tot die korrekte bemestingsprogram vir die verskillende gewasse.

Die meeste aangeplante weidings het 'n hoe ruproteïeninhoud, terwyl die energie-inhoud daarvan onvoldoende kan wees vir hoë produksie- en reproduksiepeile. Die negatiewe invloed van laat dragtigheid op voerinname saam met die stygende voedingsbehoeftes tydens laat dragtigheid en laktasie, vereis dus addisionele energie-aanvulling op weidings en in voerkrale. 

In die Vrystaat kan jy reeds vanaf November speenlammers afrond op aangeplante weidings wat se drakrag sal hou tot en met Maart die volgende jaar indien die weidings goed afgewissel word en die gras die nodige voeding kry.

Lammers wat op die weiding afgerond word moet skoon wees van parasiete en ander siektes wat hulle groei kan strem.  Sjokalade mielies, soos dit bekend staan kan daagliks aan hulle gegee word. Dis gewoonlik geel mielies wat met 'n volle poeier  voeding samestelling gemeng word wat ook rumensoda bevat wat die poeier laat vasklou aan die pit. Die iname moet beperk word en beheer word.

Die lammers se vet presentasie na 5 maande is baie laag en die karkas gewig baie hoog. Lammers kan tot soveel as 25 kg uitslag wat 'n baie goeie prys in die mark kan behaal. 

Lammers en Lampresentasies. 
Die gemiddelde lampersentasie (aantal lammers lewend gebore as 'n persentasie van die getal ooie beskikbaar vir paring) het gewissel van 123% (weiding) tot 1460;0 (voerkraal), terwyl die speenpersentasies onderskeidelik 100 en 123% was op 100 dae ouderdom. Voorspeense gemiddelde massatoenames van 247 g per dag is verkry, terwyl dit na speen afgeneem het na ongeveer 100 g per dag sonder addisionele energie-aanvulling. Energie-aanvulling aan lammers is dus noodsaaklik om bevredigende massatoenames te verseker. Met drie lamseisoene in twee jaar was die gemiddelde lampersentasie 130% en gedurende een lamseisoen was dit selfs so hoog as 160%. Die gemiddelde speenmassa op ongeveer twee maande ouderdom was 18,10 kg per lam.

Die gemiddelde jaarlikse wolproduksie van Merino-ooie op die Cradockproefperseel wissel van 9,92 kg per ooi op weiding tot 10,40 kg in die voerkraal. Onder hierdie intensiewe toestande wissel die wol se skoonopbrengs van 70 tot 75%. Die jaarlikse wolproduksie per reproduserende ooi is dus ongeveer 70% hoër as op veldweiding.

Met goeie bestuur van Merinoskape op aangeplante weidings en in voerkrale is besondere hoe produksie-en reproduksieresultate moontlik. Ekonomiese oorwegings soos die prys van vleis en wol aan die een kant en produksie-insette aan die anderkant, sal egter altyd die aanvaarbaarheid al dan nie van so 'n produksiestelsel bepaal.

Wat die weer ookal maak, miskien is dit nie 'n slegte gedagte om lammers af te rond voor die winter nie. 

Aangepas en invoegings gemaak - Die volle artikel op die sleutel bo. 


ADVERTORIAL

OPEN

 

Farming Diary

Aug
21

4:00 pm 08.21.2019 - 5:00 pm 08.22.2019

Sep
17

2:00 pm 09.17.2019 - 3:00 pm 09.18.2019

Oct
3

10.03.2019 - 10.04.2019

ENCA - Latest

Feed not found.