URSUS- Main 2

ADVERTORIAL

Agriculture Investment

Wat is werklike voedsel sekeriteit in Suid Afrika.

Voedselsekeriteit is ‘n baie belangrike kwalifikasie wat nie misverstaan moet word nie. Vir enige land om voedselsekerheid te hê moet almal in die land toegang tot kos hê. Dit beteken nie net dat daar genoeg voedsel in die land moet wees nie, maar dat almal dit moet kan bekostig en so toegang daartoe kan hê. Dit is nog ‘n groot uitdaging in die land, huishoudelike voedselsekerheid.

Suid Afrika het nog altyd genoeg voedsel geproduseer vir die land, asook genoeg om aan die die uitvoermark te voorsien. Alles te danke aan, van die beste landbouers en die nuutste tegnologie in landbou.

Weekliks sien ons op verskeie Televisie programme en sosiale media hoe suksesvol ons landbouers in Suid Afrika kos produseer, ten spyte van 'n onvoorspelbare klimaat en 'n politieke klimaat wat nie baie vriendelik is teenoor Landbou nie. 

Omdat die landbouers in Suid Afrika so suksesvol is  behoort die Regeringbeleid daarop ingestel wees om boere in staat te stel om winsgewend voedsel te produseer sodat dit nie nodig is om teen hoer pryse te moet invoer nie. Alles moet in die stryd gewerp word om voedselsekerheid in Suid-Afrika deur klimaatslim-landbou te promoveer en só ekonomiese groei te bevorder.  Maar Suid Afrika se regering is nie ingestel op voedsel sekerheid nie- meer op die geld wat te make is uit landbou en sy mense. Solank as wat hulle borde vandag vol is van die beste en duurste kos is hulle gelukkig. 

ʼn Bietjie mieliepap, bruin brood en tee met melk en suiker.  Dit is basies al is wat die oorgrote meerderheid van die bevolking vir ʼn volle dag nodig het en ook meestal eet. 

Een van die grootste redes waarom die meeste huishoudings in Suid-Afrika nie voedselsekerheid geniet nie, is omdat mense netto verbruikers van gekoopte voedsel is in plaas daarvan dat hul produseerders daarvan is. Dit bring mee dat huishoudings met ‘n tekort aan kontantvloei onvoldoende toegang tot voedsel het. Die middelman en die Supermarkte maak die geld. Daar is baie suksesvolle nuwe metodes wat ontwikkel is wat stedelinge selfvoorsienend kan maak in hulle voedsel behoeftes.

Tog is dit die vyf voedselprodukte wat die meeste deur Suid-Afrikaners ingeneem word.  Want dit is al wat die meeste mense kan bekostig en as kyk na Zimbabwe op die oomblik is daar baie min voedselsekerheid en gaan die land binnekort totaal en al uit voedsel hardloop. 

Suid-Afrika se gebrek aan voedselsekerheid is dus geen verrassing nie, maar dit is nietemin skokkend. Volgens die Suid-Afrikaanse nasionale gesondheids-en-voedingswaarde-ondersoek  wat in Augustus 2018 bekendgestel is, het net 40,6% van alle huishoudings in die land toegang tot genoeg voedsel om ʼn aktiewe lewensstyl te kan handhaaf. Dit beteken 28 miljoen van ons medelandsburgers het te min kos om te eet en dit is meestal omdat daar nie genoeg fondse is nie, of die voedsel is te duur.

Weens honger en wanvoeding is hul daaglikse inname van energie, minerale en vitamines minder as tweederdes van wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie voorgeskryf word.

Wanneer belemmerde groei eers posgevat het, is dit meestal onomkeerbaar, sê die dokters. Dus sal die een uit elke vyf Suid-Afrikaanse kinders wat hierdeur geraak word, nooit hul volle groeipotensiaal bereik nie. Omdat hul belangrike organe ook nie volledig tydens hul kinderjare ontwikkel nie, is daar ook ʼn verhoogde kans dat hulle later voortydig sal sterf.

Ons Grondwet waarborg aan elkeen die reg op “toegang tot voldoende voedsel” maar dít is betekenisloos sonder doeltreffende stappe om die woorde waar te laat word. Wat word hieraan gedoen? Die regering is so besig om hulle eie probleme uit te sorteer en om te sorg dat hulle genoeg steun kry vir die verkiesing dat hulle nie veel aan die toekoms dink nie- hulle het vandag genoeg kos en dit maak hulle tevrede. 

Die Nasionale Ontwikkelingsplan met sy Visie 2030 vir Suid-Afrika identifiseer voedselsekerheid as ʼn prioriteit. Dit vra onder meer vir grondhervorming, beter benutting van landbougrond, die ontwikkeling van kleinboere, die uitbou van volhoubare plattelandse bedrywe, groter beleggings in agri-bewerking en meer doeltreffende toegang na markte en finansiële dienste vir boere. 

Op die stadium sien ons niks behalwe die aanhoudende toesprake waar ondersteuners van die ANC  heeltyd ingelig word dat grond ontein gaan word sonder vergoeding. Saam met dit se die edelgabare President gaan daar nog voedselsekerheid geskep word en gaan dit niks doen aan Suid Afrika se vermoee om voedsel te produseer vir Suid Afrika en nog baie ander lande in Afrika nie. 

Klimaatslim-landbou is deel van die Suid-Afrikaanse nasionale vlagskipprogram wat deur bewese praktiese tegnieke geïmplementeer word en toegepas word deur middel van programme wat volhoubare landbou bevorder, soos waterbewaringstegnologie wat die biodiversiteit van grond, water en voedingstowwe in ag neem. 

Dit sluit bewaringslandbou in, wat gebaseer is op die beginsels van minimum- of geenbewerking, die bedekking van grond deur ‘n deklaag, ‘n tussenverbouingsprogram en die rotasie van gewasse; geïntegreerde grondvrugbaarheid, onkruid-, pes- en siektebestuur en die opvang van reënwater; geïntegreerde gewas- en lewendehawebestuur, agrobosbou, agro-ekologie, verbeterde weiding en beter waterbestuur.

Wetenskaplike navorsing dui daarop dat die Suid-Afrikaanse landbousektor ‘n reuse-impak met betrekking tot klimaatsverandering in vooruitsig het. Dié situasie het verreikende gevolge vir samelewings, handel, werkskepping en voedselsekerheid. Die jongste navorsing dui daarop dat wetenskaplikes nou gaan kyk of hulle plante kan ontwikkel wat bestand is teen droogte. Dit beteken dat ons dalk eerdaags vetplante kan eet.

Die kompleksiteit van voedselsekerheid dra tot die probleem by. Daar is meer as 200 definisies van die konsep. Voorts het dit vier dimensies: beskikbaarheid van voedsel, toegang, verbruik en stabiliteit/volhoubaarheid. En daar is 4 vlakke van voedselsekerheid om in ag te neem: globaal, nasionaal, huishoudelik en individueel.

ʼn Bydraende faktor is dat daar geen standaard is waarvolgens voedselsekerheid gemeet en gemonitor word nie. Hoewel daar al verskeie navorsingsprojekte in Suid-Afrika was, is daar steeds onsekerheid oor die presiese omvang van die probleem. Daar was ook nog nooit ʼn nasionale navorsingsprojek om al die fasette van voedselsekerheid aan die hand van gestandaardiseerde kriteria te meet nie.

Stygende voedselpryse beteken dat voedselarmoede besig is om toe te neem.

Voedelonsekerheid is een van mees ooglopende wyses waarop Suid-Afrika sosio-ekonomiese ongelykhede uitgedruk word. Met een van die hoogste Gini-koëffisiente ter wêreld, het ons land ʼn geweldige welvaartgaping. Wat voedselsekerheid betref, beteken dit die elite het te veel om te eet, en die massas te min.

Hoewel veerkragtigheid uiters belangrik is, is klimaatslim-landbou meer omvattend. Dit vereis groter innovasie en pro-aktiewe optrede om die manier waarop geboer word te verander en só aan te pas dat dit produktiwiteit en voedselsekerheid volhoubaar sal verbeter.

As die regering van Suid Afrika dink dat dit maklik is om te boer en grond gaan uitdeel aan elke een wat dink hy kan boer gaan Suid Afrika se voedselsekerheid 'n laagtepunt bereik. Elke jaar is die seisoen anders, ons land sit met enorme data oor die natuur en dit het die laaste jare geen patroon meer nie.  Afrika is een van die kontinente waar dit die minste reen en baie droogtes voorkom. Miljoene mense in Afrika gaan jaarliks dood agv hongersnood.

Die Regering van Suid Afrika moet sy voedselsekerheidsprogram in die hande van Landbou en sy mense laat. 

Suid Afrikaners sal moet wakker skrik en aandag gee aan alles wat gese en gedoen word oor voedselsekerheid. Saam moet ons planne maak om te oorleef. Die regering het bewys dat hulle geen waterbestuur kan toepas nie en daarom is ons water in Suid Afrika van so swak kwaliteit. 

Ons kan nie ons voedselsekerheid ook in die hande van die regering plaas nie- Landbou in Suid Afrika is sterk genoeg om deurdagte besluite te maak wat ons almal tot voordeel sal strek.

Johanel-  Sekere inligting verkry van vorige artikels. 


ADVERTORIAL

Open for marketing

Farming Diary

Mar
11

8:00 am 03.11.2019 - 9:00 am 03.13.2019

Mar
12

8:00 am 03.12.2019 - 9:00 am 03.13.2019

Mar
12

8:00 am 03.12.2019 - 9:00 am 03.14.2019

All Africa News: Latest

Feed not found.