URSUS- Main 2

ADVERTORIAL

Agriculture Investment

Gaan ons groter of kleiner en meer intensief in Landbou. Suid Afrika.

Oor 'n tydperk van byna 40 jaar het Landbou drasties verander- inteendeel dit het deur verskeie siklusse beweeg en as mens kyk waar ons nou staan dan lyk dit of ons terugbeweeg van waar alles begin het as mens kyk na minimum bewerking.

As kind kan ek onthou hoe groot en plat 'n mieliepit was en met watter gesukkel moes ons gate boor in die planterplate om die regte grote gat te kry, sodat die platpit met eenslag, uitgeslaan word deur 'n sogenaamde tikker wat met 'n veer gewerk het. Kunsmis is met skottels en ysterskoene in grond gesit en jy het nie veel van 'n keuse gehad hoe diep jou kunsmis gaan le nie, solank dit net onder die pit le. Daar is  heeltyd gegrou om te kyk of die pitte diep genoeg le en of hulle mooi gespasieer is. Vuurhoutjie boksie was die maatstaf. Vandag grou produsente nog steeds maar die tegnologie en die toerusting is meer betroubaar en akkuraat.

Daar was 40 jaar gelede skaars 'n vierwiel gedrewe trekker. 40 kilowat trekkers elk met 'n 3 skaar ploeg het duisende liters diesel en baie ure gewerk om 'n land om te ploeg. Daar is nog niks wat so lekker is, as om op 'n trekker te sit en die reuk van vars nat grond om jou te ruik nie. Jy kan vir ure na die ploegaksie sit en kyk.

Saam met die bewerking was daar altyd 'n ander trekkers van heeltyd die aanvoorwerk gedoen het en dit was gewoonlik pylreguit. Netjies en reguit het hierdie trekkers in mekaar se spore geloop- op en af. 

Alles wat onkruid was het onder die grond beland. Lekker groot kluite wat bestand is teen die wind het die land bedek en mooi "rooi" gemaak. Hierna het die plantproses begin wat duidelik nie maklik was vir 'n trekker om al die gewig van kunsmis en saad op sy hyser te dra nie. Neusgewigte was al wat hier gehelp het. In die los grond moes daar reguit geplant word en jy moes jou sit ken. 

Dit was goeie dae, met data wat sommer op 'n sigaret boksie uitgewerk of gehou is, of in 'n swart boekie geskryf was. Dit was 40 jaar gelede toe die natuur nog normaal was, toe ons nog geweet het van El Nino nie, en nog minder van aardverwarming. 

In die tagtigjare en negentigjare het alles net groter geword, groter trekkes, implimente, stropers en saam met dit, het tegnologie gekom. Spoorverkeer en deklaagbewerking was aan die orde van die dag- en dit word vandag nog toegepas. Lees gerus die artikel 

Alles het beter, groter en langer geword en 'n mens het altyd met verbasing gestaan en bewonder wat ingeneurs aanmekaar kon sit.

Alles het meetbaar geword want as jy wil weet , moet jy meet. Miljoene data is al gestoor en word daagliks nog gestoor. Presiese boerdery is al amper 20 jaar oud en nog steeds kom daar nuwe tegnologie. Landboukundiges en ekonome wil nog steeds alles tot op die fynste uitwerk en vooruitskattings maak. Saad, kunsmis en gifstowwe het beter geword. Meer opbrengste per hektaar word verkry en daar is meer veiligheid betrokke by die gebruik van gifstowwe. 

Maar nog steeds bly die voorspelling en akkuraatheid van die weer 'n geheim. En dit is die hoof faktor wat alles maak of breek by droeland gewas verbouing. 

Goeie grond het onbetaalbaar duur geword en as jy nie duisende hektare kan werk nie, is dit nie meer betalend om mielies te plant op droee land nie. Die mense word elke dag meer, maar die Landbouers wat die kos produseer, minder.

Ons hele hemelruim wemel van Sateliete en alles wat ons doen werk daardeur. Trekkers kan al sonder 'n bestuurder sy werk doen, robotte is besig om stadig maar seker diep in die boerdery te klim. Kamaras word oral gebruik en die mens se deel word al hoe minder.

En so kan ek aangaan. 

En nou staan ons amper aan die einde van die 2010 era- ons is oppad na 2020 toe.  

Dit lyk of daar meer gekonsentreer gaan word op die versorging en ontwikkeling van die elke mielieplant, daar waar die pit geplant word en moet opkom en uiteindelik moet produseer. Dit beteken ook dat daar met meer intensiteit omgesien gaan word na grond, water, bemesting en die toestand van elke indiwiduele plant.

Bewarings landbou is hier om te bly- om die grond en die plant te beskerm, maar daarmee saam minder bewerking toe te pas op die grond en dit so min as moontlik te versteur. Die dae van groot enorme trekkers en implemente is dalk ook verby. Daar gaan dalk ook minder soorte implemente vervaardig word. Ons beweeg van hektaar na vierkante meter bewerking.

Nog meer data gaan beskikbaar raak- inteendeel dit lyk of die beplanning is om elke mielieplant se ontwikkeling ten volle te volg.  

Dit gaan 'n klomp plante wees- 14,000 plante op 'n hektaar en 3000 hektaar mielies gee vir jou baie verantwoordelikheid. Die nuwe programme gaan jou die opsies gee  om alles om die plant meetbaar te maak . Saam met dit gaan die plant ook wanneer gestroop vir jou data gee aangaande sy produktiwiteit.  In kort beteken dit dat saadvervaardigers elke pit sal moet waarborg vir sy produktiwiteit.

Of die idee ooit gaan realiseer sal ons moet sien- ek glo dat dit dalk eers plante per vierkante meter of meer kan wees. 

Vog en die beskikbaarheid daarvan op spesifieke tye, gaan net so belangrike rol speel asook die kwaliteit van die grond waarin die plant groei.

Dit gaan beteken dat landbouers uiteiendelik net die heel beste grond gaan aanwend vir die verbouing van gewasse. 

'n Volledige verslag met die kwaliteit van die presiese mielies op die persiese plek waar dit geplant is gaan sekerlik beskikbaar wees. 

Om saam te vat- dit lyk of die fokus nou verskuif na die grond en meer intensief op elke plant- vanaf die dag wat dit geplant word. 

Dieselfde gaan plaasvind in die vee en wildbedryf, waar daar alreeds baie vordering is op die gebied. 

Vrugtebome is alreeds elkeen op die wereldkaart. 

Al die meet instrumente werk almal met onsigbare frekwensies en seine- daar moet miljoene van hulle om ons wees. As ons elkeen van die verbindings kleur moet gee en dit met die blote oog kan sien- gaan nie een van ons beweeg nie. Dieselfde met slimfoon seine oral om ons.

Die vraag is nog steeds hoe affekteer die miljoene frekwensies ons mense se breine.

Daar is nog baie ander nuwe neigings en tegnologie wat daagliks beskikbaar raak.- ons sal daarby moet aanpas- en alles gaan net meer makliker en meetbaar raak.

Die volgende 40 jaar kan opwindend wees en na 80 jaar is dalk iemand wat alles weer mooi kan saamvat.

Johann Pretorius  CRA MEDIA Pretoria. 


ADVERTORIAL

Open

Market

Farming Diary

Apr
25

04.25.2019 8:00 am - 9:00 am

May
22

10:00 am 05.22.2019 - 11:00 am 05.23.2019

Jun
3

1:00 pm 06.03.2019 - 2:00 pm 06.05.2019

All Africa News: Latest

Feed not found.