ADVERTORIAL

HOLLARD

VERSEKERING

Dis nou of nooit met Eskom- Suid Afrika .

Daagliks lees jy in die media van almal wat 'n eier te le het oor Suid Afrika en wat gedoen en nie gedoen moet word nie. Dis die een ondersoek na die ander en dit laat my dink aan my skooldae toe kinders so onder mekaar baklei het en die een die ander een "verklik" het.  Dit was bloot kinderpret maar hier praat ons van 'n land en 'n sogenaamde regering se doen en late in die donker en partykeer sommer in die lig ook. 

Maak nie saak hoe jy daarna kyk nie, maar dit bly 'n absolute skande dat Suid Afrika deur die huidige regering amper in die grond bestuur is. Dis baie moeilik vir enige hardwerkende suksesvolle inwoner van Suid Afrika om te dink dat sogenaamde geleerde mense, 'n plek soos Eskom en nog ander instansies so kan vernietig en dan nog saam wil gesels, of geskok is oor wat gebeur.

Daar is baie mense met planne en oplossing, maar die regering wil nou eers met hulle praat, nadat alles byna tot stilstand gekom het. "BEE' het Suid Afrika baie geld gekos, omdat dit nie reg gedoen is van die begin af nie. Mense met kennis en wysheid is afgedank as gevolg van hulle velkleur en mense met sogenaamde kennis aangestel op grond van hulle velkleur. Geen mens ongeag sy ras kan in die diepkant ingegooi word en 'n magtige instansie soos Eskom bestuur en onderhou nie. Wat gebeur het, kan ons nou niks doen nie, maar wat ons wel kan doen, is om Eskom weer te maak werk deur mense wat weet hoe- mense met kennis en wysheid en mense wat doeners is en nie soos Suid Afrika se regering en sy meelopers, wat net praters is nie. Eskom was roekeloos met sy vaardige werknemers. Die skade van hierdie reuseverlies aan kundigheid en veral institusionele geheue kon Eskom tot vandag toe nie herstel nie. Eskom is egter met ʼn dubbele transformasiestok geslaan. Aan die een kant was dit die obsessie met regstellende aksie en aan die ander kant die obsessie met aankope by swart verskaffers. ʼn Korrupte netwerk en opgeblaasde pryse wat Eskom miljarde rande gekos het en steeds kos, is onder die vaandel van swart bemagtiging gevestig. Eskom bestee vyf keer minder aan die beplande instandhouding van sy steenkoolkragsentrales as wat hy volgens sy eie berekeninge behoort te bestee.

Die tyd van praat en belowe is verby- want dit is wat die realiteit nou is- niks wat werklik werk in Suid Afrika nie. Ons skole is nooit onderhou nie en saam met dit omtrent alle staatsinstellings.. alles staan op genade- omdat die regering en sy meelopers hulle self verryk het. 

Daar is baie kundige mense- doeners wat baie vinnig Eskom se probleme sal oplos en die stelsel weer kry dat dit werk, maar as dit wat reggemaak is weer gelos word in die hande van die sogenaamde bestuurders gaan alles weer verval. Praat is verby en dis nou net doen. Letterlik honderde geleerde en suksesvolle mense is weg by Eskom. 

Deskundiges meen dat sal minstens R10 miljard kos en ’n span deskundiges om die bedryf effektief tee laat funksioneer. Intussen is aangekondig dat deskundiges uit Italië se hulp ingeroep is om die swak diens te probeer herstel. Ons eie land het baie meer kundigheid oor hoe om Eskom te herstel, maar die persone is jare gelede die trekpas gegee.

Die regering gaan nou polisie gebruik om te keer dat sabotasie plaasvind by Eskom se kragsentrales. Sabotasie kom in baie vorms, hoop net dat die polisielede darem ook opgelei gaan word om te weet wat is reg en wat is verkeerd en hoe werk 'n kragsentrale. Met elektronika kan daar nog steeds baie sabotasie plaasvind. Of maak die regering dalk nou vir wolf skaapwagter.Suid-Afrika is, deur Eskom, in ʼn nasionale krisis gedompel. Geen sensitiwiteit kan meer geduld word nie. Wat meer sensitief is, is die miljoene Suid-Afrikaners, waarvan die meerderheid arm swart Suid-Afrikaners is, wat negatief deur die krisis getref word en nog getref gaan word

In Suid Afrika is dit deesdae mode om 'n perskonferensie te bele 'n paar vrae te beantwoord en dan is die "bal " uit jou hande en jy het jou verantwoordelikheid nagekom, tot dit weer tyd is vir 'n ander een. Intussen gebeur daar niks en dis die een belofte na die ander. Urelange vergaderings  met eet en drink bring baie min na vore.

Intussen sukkel ons landbouers om suksesvol kos te produseer en miljoene rande se oeste is onderhewig aan die werking van Eskom. Met Suid Afrika se onvoorspelbare natuur is gewasse onder besproeing uiters noodsaaklik vir suksesvolle voedselsekerheid. 

Landbouers is doeners en staan nie en kyk vir 'n probleem en gesels daaroor vir ure nie en glo dat die probleem weggepraat kan word nie. Hulle werk en stel nie alles uit na die volgende vergadering nie. Van al die uitstel en vergaderinges en kommissies is daar feitlik niks oor van dit wat intussem vergaan het nie.

Die TLU SA sê dit is hoogtyd dat Eskom geprivatiseer word. Boere en ander ondernemings kan nie bekostig om deur onvoorspelbare elektrisiteitsverskaffing gekniehalter te word nie. Dit lei tot onsekerheid in beleggings- en uitvoergeleenthede Louis Meintjes, hoof van die TLU SA, sê die privatisering van Eskom sal die impak van onbevoegde munisipaliteite op die elektrisiteitstoevoer uitskakel. As dit nie gebeur nie, moet die hele Suid-Afrika, insluitend boere, ondernemings en individue, hulle gereed maak om hul sake sonder elektrisiteit te bedryf.

Agri SA se lede het die vermoë om elektrisiteit deur sonkragopwekking te verskaf, wat nodig is om toekomstige beurtkrag te voorkom. Daar is reeds 500 aansoeke vir sonkrag-opwekkingsaanlegte, wat die potensiaal het om 1 400 MW by te dra om druk op die kragnetwerk te verlig. Indien die administrasieprosesse gestroomlyn word, kan dié 500 aansoeke en ander uitgerol word.

Indien Eskom en NERSA hul prosesse kan bespoedig, kan hierdie aansoeke (meestal van boere) 1 400 MW genereer wat fase 1 beurtkrag kan verhoed. Verder kan die landbou dié 1 400 MW potensiaal meer as verdubbel, indien kommersiële banke bereid is om sonkragsentrales as sekuriteit te gebruik om toegang tot kapitaal te verkry. Tans benodig banke bykomende sekuriteit om hierdie projekte te finansier, wat deelname aan projekte beperk. 

Weereens kom Suid Afrika se landbouers met oplossings, maar die regering wil blykbaar nie erken dat hulle nie meer in beheer kan wees nie. 

Daar is nog vele ander maatskappye met kundiges wat doeners is en wat bereid is om die gemors van Eskom baie vinnig uittesorteer. Ons het geen ander keuses as om Eskom te maak werk nie. Daar is te veel mense wat geld kollekteer elke maand wat geen produktiwiteit het nie. Die regering moet ophou om na vakbonde te luister. Kry mense indiens, wat wil werk, wat 'n bydra wil lewer tot die heropbou en instandhouding van Suid Afrika en al sy hulpbronne. Daar is te veel politici wat hulle monde gedurig uitspoel oor alles wat verkeerd is, maar geen bydra lewer om dit te herstel nie. Die meeste van hulle staan altyd bakhand en wil elke dag meer he. 

Dis tyd dat die doeners van Suid Afrika begin saamstaan en al hierdie uitgesproke mense stilmaak.  Ons kan nie toelaat dat alles om ons vergaan agv 'n regering wat geen kennis en wysheid het om Suid Afrika se infrastruktuur te beheer, te bestuur en instand te hou nie. Daar is nie meer tyd nie, as die ligte af is, is Suid Afrika in die donker en dit is nie wat ons wil he nie. 

Johanel ANN


ADVERTORIAL

SASOL

FERTILIZER 

Farming Diary

Mar
3

03.03.2020 - 03.05.2020

Jun
17

06.17.2020 - 06.19.2020

ENCA - Latest

Feed not found.