ADVERTORIAL

Available

Landbou in die jaar 2025- Suid Afrika.

Wat gaan in die Landbou gebeur in 2025- Daar is baie landbou ekonome en deskundiges wat elke dag met syfers speel en voorspellings maak op grond van die feit wat hulle het. 

 Alles goed en wel, maar as Landbou in Suid Afrika nie weet waarheen hulle oppad is nie, kan niemand saamwerk om die droom te bewerkstellig nie. Op die oomblik word daar kat en muis gespeel met ons landbouers oor grondonteiening en weet niemand eintlik wat die regering werklik ingedagte het nie of ons weet maar ons wag vir die regering om dit te se.  Die komitee wat tans aan die voorstelle werk vergader gereeld, maar daar kom ook nie veel feite uit nie behalwe bespiegelings. 

Intussen moet ons landbouers kos produseer en sorg dat daar genoeg kos op die tafel is. Nog steeds het die regering nie 'n goeie houding teenoor landbou nieen is landbouers onseker. Die week is 'n nuwe landbouorganisasie gestig wat hopelik saam met al die ander organisasies Eenheid in Landbou kan bewerkstellig.  

Oor 7 jaar sal Suid Afrika 28,019,311 addisionele monde moet voed net as gevolg van natuurlike aanwas. Hierdie syfer sluit nie immigrante vanaf Suid Afrika se buurlande, en immigrante van elders in die wêreld in nie. Die totale getal immigrante in Suid Afrika word tans op 4.5 milj. mense beraam.

Teen dieselfde aanwas koers van 57.05%, sal net die getal immigrante in Suid Afrika, oor 7 jaar, 6,282,000 beloop! In die lig van voorgenoemde berekenings, voed Suid Afrika tans ʼn totale bevolking van nagenoeg 53,109,107 mense.

Jy moet werklik baie ver in Suid Afrika gaan soek, voor jy iemand kry wat besig is om van hongerte te sterf. Elke dag sien jy hoe rond en vet Suid Afrikaners is, om nie eers te praat van die regering en sy meelopers nie. Kos word nog steeds daagliks in Suid Afrika vermors en dit is 'n teken van oorvloed of dalk 'n teken dat mense wat genoeg het nie dink aan die dag van more nie. 

In 2025 sal Suid Afrika ʼn totale bevolking van 83,410,418 plus  moet voed.

As die landboukundige volhoubaarheid van die Regering se grondhervormings plan oor die laaste 22 jaar, enigsins ʼn aanduiding is van die produksie vermoё van sulke grond oordragte, dan moet ons aanvaar dat die huidige kommersiёle landbou grotendeels vir die verhoogde produksie, om ʼn bevolking van 83.4 milj. mense te voed, verantwoordelik sal wees. Die regering wil grond gee aan die sogenaamde grondhonger mense en wil hulle landbouers maak-  dit gaan nie maklik wees nie.

Indien Suid Afrika nie totaal van die buiteland vir sy voedsel voorsiening afhanklik wil wees nie, beteken dit dat die kommersiёle landbou oor die volgende 7 jaar, 57 .05% meer voedsel sal moet produseer as wat tans die geval is.

Volgens die Instituut vir Rasse Verhoudinge is daar van die oorspronklike 86,186,026 ha. landbougrond, waarvan 30% vir grond herverdeling ge-oormerk was, tot dusvêr nog net 2,879,856 ha. oorgedra. (2,879,856 ha. van ge-oormerkte 25,855,807 ha.) Syfers kan verskil en die syfers kan dalk nie akkuraat wees nie omdat daar so baie syfers bestaan . Maar met die regering se nuwe voorgestelde beleid om grond sonder vergoeding te onteien kan baie syfers verskil en dalk van nul ne geen waarde wees nie. 

Landbou in Suid Afrika is verseker nie meer die spreekwoordelike gans wat die goue eiers lê nie volgens die regering nie- maar die laaste paar jare het Landbou nog altyd gesorg vir 'n goeie inkomste uit belasting en uitvoere. Suid Afrika se landbouers is beslis die goue gans en as banke gaan aanhou om landouers links en regs uit te verkoop, gaan daar nie meer wyse geharde landbouers wees nie.

Suid Afrika staar hongersnood in die gesig en daar bestaan net twee moontlikhede om die toekomstige voedseltekort bedreiging so laag moontlik te hou, naamlik: Om so vinnig as moontlik Suid Afrika se opkomende- en kleinboere te help om selfstandig en ekonomies volhoubaar, te boer, en  ons kommersiёle boere die nodige finansiёle bystand te gee om so spoedig moontlik na moderne verbouings- en presisieboerdery praktyke om te skakel, om sodoende produksie kostes effektief te verlaag en opbrengste optimaal te verhoog.

Met die nodige kennis en vaardigheid kon boere in lande soos Brasiliё, Argentiniё, Australiё en New Zealand, besparings van tot 48% in insetkostes behaal deur om te skakel na bewaringsbewerking (No Till), terwyl boere in die V.S.A. besparings van tot 35% op hulle insetkostes kon behaal deur die toepassing van effektiewe presisie boerdery stelsels en praktyke. Suid Afrika se landbouers is besig om stadig maar seker oor te skakel na bewaringsboerdery- maar dis nie 'n maklike besluit nie- wat dis 'n hele ander denkwyse en ons landbouers is baie netjiese landbouers. 

99% van alle graanproduksie in Brasiliё word deur middel van bewaringsbewerking, verbou! Verhoogde produksie opbrengs, wat as gevolg van hierdie praktyke behaal is, was in sekere gevalle so hoog as 18%.

Daar is nog heelwat ander praktyke wat baie suksesvol in die stede van Suid Afrika toegepas kan word om voedsel suksesvol te produseer en daarby baie meer werk te skep.

Die produksie van landbouprodukte en die verwerking en die verspreiding daarvan in dorpe en stede gaan toeneem. Dit sluit veral die produksie van landbouprodukte in kweekhuise, akwakultuur en binnenshuise vertikale boerderypraktyke in. Groenteproduksie op die dakke van geboue in Johannesburg/ Kaapstad is al ’n werklikheid.

Daar is verskeie bronne wat die groei in stedelike landbou wêreldwyd projekteer en dit moet versigtig hanteer word. Sommige maatskappye wat in stedelike boerdery belê het, bestaan nie meer nie of is nie meer aktief betrokke by voedselproduksie in stedelike gebiede nie.
Volgens Global Market Watch kan die wêreldmark vir vertikale boerdery in 2022 al $6 triljoen beloop.

Suid-Afrika se totale bruto produksiewaarde vir primêre landbouproduksie is sowat R266 miljard plus. Europa sal in 2023 $7,2 biljoen bereik. Die markgrootte was verlede jaar sowat $2,289 biljoen. Die grootte van die mark vir vertikale boerdery word teen 2025 op A$9,9 biljoen gereken. Dit verteenwoordig groei van 22,4% per jaar.  Die verwagte markgroei vir akwakultuur in die wêreld behoort van 2017 tot 2022 van $523,7 miljoen tot $870,6 miljoen te groei.

In kort beteken dit dat ons politiek en alles wat daarmee saamgaan moet eenkant sit as dit kom by kosproduksie- Om te sien wat politiek aan 'n land gedoen het, gaan reis gerus in Afrika en sien wat burgeroorlog aan 'n land en sy mense gedoen het. Dit kan en sal nooit weer deur die verarmde bevolking opgebou kan word nie. In Suid Afrika is daar sekere politieke partye en organisasies wat nog niks ander gedoen het, as om bande te brand en geboue te plunder en aan die brand te steek nie. Afrika is mooi kontinent maar Suid Afrika is die laaste ordentlike vesting wat nog 'n landbou het wat suksesvol kos produseer. Landbou moet nie langer staan en kyk vir die regering en sy meelopers nie- Landbou in Suid Afrika wat alle landbouers insluit moet as 'n eenheid saamstaan en hulle eie toekoms skep en verseker.

Maar dis ook belangrik om nie met die verkeerde mense in die bed te klim nie. So ook moet enige landbou organisasies nie geld of gunsies ontvang van organisasies wat later hulle gaan beheer en oorneem wat niks te doen het met Landbou nie. Daardie gunsies word op 'n dag teruggevra wanneer jy die die minste verwag.  Ons landbouers moet oopkop wees en hulle eie belange beskerm en dit nie oorlaat aan iemand anders nie. 

Johaane-  ANN


ADVERTORIAL

OPEN

 

Farming Diary

Aug
21

4:00 pm 08.21.2019 - 5:00 pm 08.22.2019

Sep
17

2:00 pm 09.17.2019 - 3:00 pm 09.18.2019

Oct
3

10.03.2019 - 10.04.2019

ENCA - Latest

Feed not found.