ADVERTORIAL

HOLLARD

VERSEKERING

Bewaringslandbou in Suid Afrika -

Bewaringslandbou in Suid Afrika word gesien as ’n holistiese benadering tot graan- en diereproduksie wat fokus op die opbou en behoud van grond en die verhoging van langtermyn winsgewendheid.

Die grond moet herstel van dekades se agteruitgang as gevolg van intensiewe en deurlopende grondbewerking. Simptome van ’n grond wat onder druk is, sluit in lae grondvrugbaarheid, lae opbrengste, min of te veel vog, verdigtingslae, onkruiddruk asook wind- en watererosie. Die oorsaak van bogenoemde simptome is swak mikrobediversiteit en lae grondorganiese materiaal as gevolg van monokultuurgewasproduksie en grondbewerking. Die doel van bewaringslandbou is om die grond te beskerm deur dit so min as moontlike te versteur, terwyl dit terselfdertyd opgebou word deur gewasdiversiteit, biomassaproduksie en lewendige wortels deur die jaar. ’

n Massa lewendige plante, dwarsdeur die jaar, het ’n verhoging in organiese materiaal /koolstof in die grond tot gevolg. Grondkoolstof verbeter grondstruktuur, infiltrasievermoë, waterhouvermoë, grondvrugbaarheid en grondgesondheid. Hierdie aspekte is nodig om reënvaleffektiwiteit te verkry. Reën moet so effektief moontlik omgesit word in biomassa (lewendige plante) sodat dit nie uitloog, verdamp of deur afloop verlore raak nie. Die lewendige plante dien dan ook verder as grondbedekking, onderhou grondmikrobe-lewe en verskaf veevoer. Bewaringslandbou het dus die opbou van organiese koolstof en die effektiewe benutting van reënval tot gevolg.

Dekgewasse in ’n bewaringslandboustelsel laat die boer toe om vee in die stelsel in te bring. Diere help met die hersirkulasie van plantmateriaal en gee dan weer voedingstowwe terug aan die grond. Bewaringslandbou, as ’n geheel, verhoog die plaas se veerkragtigheid om omgewingsdruk te hanteer en uiteindelik effektiewe waterbenutting en voedselsekuriteit te verseker. Ander dele van die wêreld het reeds dertig tot veertig jaar terug die probleem van grondagteruitgang opgemerk en verskillende tipes praktyke begin toepas om grondverlies te bekamp.
Ons moet ons visie/prentjie van landbou verander van ’n oop stuk land met kaal grond na ’n land met permanente deklaag, biodiversiteit en lewende wortels so lank as moontlik in die grond.

Omdat daar nie veel inligting in verband met bewaringslandbou in Suid-Afrika beskikbaar is nie, moet produsente eksperimenteer en inligting deel. Geenbewerking is aanvanklik toegepas en is later uitgebrei na bewaringslandboupraktyke. Suid-Amerika het tans reeds 80% van sy akkerbou-oppervlakte na bewaringslandbou oorgeskakel, Australië en Nieu-Zeeland beide 36% en Noord-Amerika 24% van sy produksie-areas. Afrika se ooreenstemmende syfer is slegs 0,9%. In Suid-Afrika wissel dit van 70% in die Wes-Kaap, 60% in KwaZulu-Natal, 30% in Mpumalanga terwyl die ooreenstemmende syfer vir die Oos-Vrystaat en die res van die land minder as 5% is (Blignaut et al., 2015).

Produsente in die Oos-Vrystaat het die grond en veral reënval om met gemak oor te skakel na bewaringslandboupraktyke. Suksesvolle bewaringslandbouprodusente in die VKB-area pas die volgende vyf beginsels toe: grondvrugbaarheid en grondgesondheid. Hierdie aspekte is nodig om reënvaleffektiwiteit te verkry. Reën moet so effektief moontlik omgesit word in biomassa (lewendige plante) sodat dit nie uitloog, verdamp of deur afloop verlore raak nie. Die lewendige plante dien dan ook verder as grondbedekking, onderhou grondmikrobe-lewe en verskaf veevoer.

Bewaringslandbou het dus die opbou van organiese koolstof en die effektiewe benutting van reënval tot gevolg. Dekgewasse in ’n bewaringslandboustelsel laat die boer toe om vee in die stelsel in te bring. Diere help met die hersirkulasie van plantmateriaal en gee dan weer voedingstowwe terug aan die grond. Bewaringslandbou, as ’n geheel, verhoog die plaas se veerkragtigheid om omgewingsdruk te hanteer en uiteindelik effektiewe waterbenutting en voedselsekuriteit te verseker. Ander dele van die wêreld het reeds dertig tot veertig jaar terug die probleem van grondagteruitgang opgemerk en verskillende tipes praktyke begin toepas om grondverlies te bekamp.

Min of geen grondversteuring Meganiese bewerking lei tot die vernietiging van grondstruktuur, verlaag waterinfiltrasie, vernietig organiese materiaal, verhoog onkruiddruk en verhoog erosie. Bedek grond ten alle tye met gewasse of stoppels Dit verlaag verdamping, verhoog waterinfiltrasie, bekamp winderosie, beskerm grond teen kompaksie en temperatuurskommelings, onderdruk onkruide, en word omgeskakel na organiese materiaal! Biodiversiteit / Wisselbou Dit gee ’n gebalanseerde dieet vir mikro-organismes, elke plant het ’n unieke uitskeiding wat ’n spesifieke groep mikrobes benodig.

Diversiteit bo die grond = diversiteit onder grond. Lewendige wortels 24/7 of langtermyn gewasse Verskillende worteldieptes, verskillende fisiologiese prosesse. Wortelrisosfeer (die 1-2 cm om die plantwortel) maak ’n groot impak op grondstruktuur, want meeste van die voedingsuitruiling vind hier plaas. Diere Skakel plantmateriaal om in mis en urine. Hoewe onder drukbeweiding vermeng materiaal met grond. Diere oor ’n lang tyd in lande veroorsaak kompaksie, maar as daar ’n deklaag van organiese materiaal op die grond is en diere net vir ’n kort tydjie (van ’n uur tot ’n dag lank) op die land is, vermeng dit net die oppervlakmateriaal met die grond en speel kompaksie nie meer ’n rol nie. Diere skakel dekgewasse om in GELD!

Suzette Smalberger-


ADVERTORIAL

SASOL

FERTILIZER 

Farming Diary

Mar
3

03.03.2020 - 03.05.2020

Jun
17

06.17.2020 - 06.19.2020

ENCA - Latest

Feed not found.