Hitach Middle Banner

ADVERTORIAL

VILLA CROP

Suid Afrika - Kritieke Landbou Aanwysers- 2012

1. Agtergrond

1.1 Suid Afrika se natuurlike aanwas

Geboorte koers = 19.61/1000 (2010)
Sterfte koers = 16.99/1000 (2010)
Geboorte koers (b) – Sterfte koers (d) = Natuurlike Groeikoers (r)
Bevolkings groeikoers van Suid Afrika : dN = rN
dt
r = natuurlike aanwas koers
t = tyd interval
N = Bevolkingsgetal op ʼn gegewe tydstip
= 28,019,311 addisionele mense in Suid Afrika in 2025 (14 jaar van nou af)

1.2 Suid Afrika – Demografies

Totale oppervlakte van SA = 1,219,912 vk. Kilometer

Totale bevolking van SA in 2009 = 49,109,107
1,219,912 vk.Kilo. = 1,219.9 Bilj. Hektaar (1,219,912,000,000)
Oppervlak per kapita in 2009 = 24,840 Hektaar
Bevolking van SA in 2025 = 49,109,107 + 28,019,311 = 77,128,418
Oppervlak per kapita in 2025 = 15.817 Hektaar
Soweto huisves tans 269 mense / hektaar. (Hong Kong = 63, New York = 160)
Addisionele grond benodig om die natuurlike aanwas te akkomodeer = 1,771,468 ha. (bereken teen 50 mense/ Hektaar)

1.3 Vrystaat – Demografies

Vrystaat is 13,000,000 hektaar.
Vrystaat Bevolking = 2,706,776.
Bevolkings digtheid = 4.8 persoon.
Bevolkings aanwas oor 14 jaar = 57.05% = 1,354,741
Vrystaat bevolking in 2025 = 4,061,517
Bevolkings digtheid in 2025 = 3.2 ha./ persoon.
Teen ʼn bevolkings digtheid van 50 mense per ha.vir residensiёle gebiede, beteken dit dat die Vrystaat alleen ʼn addisionele 27,095 ha. (nie-residensiёle) grond sal benodig om net die aanwas te akkomodeer.

1.4 Bloemfontein – Demografies

Bloemfontein se bevolking in 2007 het 752,906 beloop.
Bloemfontein se bevolking in 2025 sal 1,182,439 mense beloop. (Toename van 429,533)
Teen ʼn bevolkings digtheid van 50 ha. / persoon sal ʼn stad soos Bloemfontein 8,591 ha. addisionele grond benodig net om die aanwas te huisves.


2. Addisionele Nie Residensiёle grond benodig

2.1. Verstedeliking

Volgens Statistiek Suid Afrika, woon 46.3% van Suid Afrika se bevolking in landelike gebiede, wat ʼn totaal van nagenoeg 22 milj. mense verteenwoordig.
Teen ʼn verstedeliking koers van gemiddeld 7.5% per jaar, beteken dit dat 1,650,000 mense per jaar na Suid Afrika se stede migreer.
Teen ʼn residensiёle bevolkingsdigtheid van 50 mens per hektaar, sal daar 462,000 hektaar nie-residensiёle grond oor die volgende 14 jaar vir verstedeliking beskikbaar gestel moet word.

2. Behuisings agterstand

Volgens Times Live, (18 Mei 2010) was Suid Afrika se behuisings agterstand op daardie stadium 2.1 milj. eenhede.
In 2009 was die totale agterstand 2,154,000 eenhede. (SA Oorsig 2209/2010. Suid Afrikaanse Instituut vir Rasse Verhoudings)
Teen ʼn gemiddelde erf grootte van 250 vk. meter, word daar m.a.w. ʼn totaal van 525,000 ha. grond benodig vir Regerings behuising. Tel hierby ʼn verdere 15% vir infrastruktuur soos paaie, riool ens. dan word daar altesaam 603,750 ha. nie-residensiёle grond benodig net om die behuisings agterstand uit te wis.

2.3. Totale grond benodig

Binne die volgende 14 jaar sal die Staat dus ʼn totaal van:
2.3.1. 1,771,468 ha. nie-residensiёle grond benodig om vir die natuurlike bevolkings aanwas akkommodasie te voorsien.
2.3.2. 462,000 ha. nie-residensiёle grond benodig vir verstedeliking weens die ontvolking van die platteland.
2.3.3. 603,750 ha. nie-residensiёle grond benodig om die huidige behuisings agterstand uit te wis.
ʼn Totaal dus van 2,837,218 ha. nie-residensiёle grond, wat iewers vandaan sal moet kom.
Benewens grond wat vir residensiёle behuising benodig sal word, beloop die agterstand van die Regering se Grond Oordrag Program vir Landbou Ontwikkeling (LRAD) volgens die Instituut vir Rasse Verhoudinge, ʼn totaal van 22,975,952 ha.


3. Landbou

Oor 14 jaar sal Suid Afrika 28,019,311 addisionele monde moet voed net as gevolg van natuurlike aanwas.

Hierdie syfer sluit nie immigrante vanaf Suid Afrika se buurlande, en immigrante van elders in die wêreld in nie.

Die totale getal immigrante in Suid Afrika word tans op 4 milj. mense beraam.

Teen dieselfde aanwas koers van 57.05%, sal net die getal immigrante in Suid Afrika, oor 14jaar, 6,282,000 beloop!

In die lig van voorgenoemde berekenings, voed Suid Afrika tans ʼn totale bevolking van nagenoeg 53,109,107 mense.

In 2025 sal Suid Afrika ʼn totale bevolking van 83,410,418 moet voed.

As die landboukundige volhoubaarheid van die Regering se grondhervormings plan oor die laaste 17 jaar, enigsins ʼn aanduiding is van die produksie vermoё van sulke grond oordragte, dan moet ons aanvaar dat die huidige kommersiёle landbou grotendeels vir die verhoogde produksie, om ʼn bevolking van 83.4 milj. mense te voed, verantwoordelik sal wees.

Indien Suid Afrika nie totaal van die buiteland vir sy voedsel voorsiening afhanklik wil wees nie, beteken dit dat die kommersiёle landbou oor die volgende 14 jaar, 57 .05% meer voedsel sal moet produseer as wat tans die geval is.

As gevolg van die Regering se landbou en grondhervormings beleid, lyk dit onwaarskynlik of die kommersiёle landbou dit gaan regkry aangesien daar, volgens statistieke wat in Februarie 2009 gepubliseer is, reeds ʼn afname van 17,998 boerdery eenhede in Suid Afrika was gedurende die tydperk 1993 tot 2007.

Indien die addisionele 2,837,218 ha. nie-residensiёle grond, wat vir residensiёle ontwikkeling benodig sal word, van bestaande landbougrond verkry moet word, gaan dit die kommersiёle landbou se taak om aan die verhoogde vraag te voorsien, nog verder bemoeilik. Tel daarby ʼn verdere 22,975,952 ha. landbougrond wat vir oordrag aan swart boere benodig word vir die Regering se landbougrond oordrag program, beteken dit dat die kommersiёle landbou 57.05% meer primêre voedselprodukte op 25,813,170 (30%) minder grond sal moet produseer.

Volgens die Instituut vir Rasse Verhoudinge is daar van die oorspronklike 86,186,026 ha. landbougrond, waarvan 30% vir grond herverdeling ge-oormerk was, tot dusvêr nog net 2,879,856 ha. oorgedra. (2,879,856 ha. van ge-oormerkte 25,855,807 ha.)

In 2005 reeds het ek gewaarsku dat landbou se proporsionele bydrae tot Suid Afrika se Bruto Binnelandse Produk (BBP), ʼn konstante afname getoon het sedert die jaar 2000, en dat indien hierdie tendens sou voortduur, hierdie bydrae teen 2015 minder as 1% sou wees.
Wikipedia, die internasionale elektroniese ensiklopedie, verwys tans na Landbou se bydrae tot die BBP soos volg:

“As mining and manufacturing industries expanded at a faster rate, agriculture's share of GDP declined from about 20 percent in the 1930s to about 12 percent in the 1960s and to less than 7 percent in the 1990s.”

Volgens Mnr. Bertie Smith, direkteur van Standard Bank Landboubesigheid, het landbou se proporsionele bydrae tot Suid Afrika se BBP, afgeneem van nagenoeg 10% in 1965, tot 4.2% in 1995, tot 3% in 2006.

Alhoewel die afname koerse in die bogenoemde twee menings nie presies met mekaar ooreenstem nie, wys dit nog altyd op ʼn konstante afname sedert die dertiger jare van die vorige eeu.

Die belangrikheid van hierdie ekonomiese aanwyser lê in die feit dat voornemende buitelandse beleggers beswaarlik in ʼn proporsioneel kwynende sektor van die ekonomie sal belê terwyl daar baie groter groeipotensiaal in die ander sektore van die ekonomie bestaan.

Landbou in Suid Afrika is verseker nie meer die spreekwoordelike gans wat die goue eiers lê nie.

Suid Afrika staar hongersnood in die gesig en daar bestaan net twee moontlikhede om die toekomstige voedseltekort bedreiging so laag moontlik te hou, naamlik:
A. Om so vinnig as moontlik Suid Afrika se opkomende- en kleinboere te help om selfstandig en ekonomies volhoubaar, te boer, en
B. Om ons kommersiёle boere die nodige finansiёle bystand te gee om so spoedig moontlik na moderne verbouings- en presisieboerdery praktyke om te skakel, om sodoende produksie kostes effektief te verlaag en opbrengste optimaal te verhoog.

Met die nodige kennis en vaardigheid kon boere in lande soos Brasiliё, Argentiniё, Australiё en New Zealand, besparings van tot 48% in insetkostes behaal deur om te skakel na bewaringsbewerking (No Till), terwyl boere in die V.S.A. besparings van tot 35% op hulle insetkostes kon behaal deur die toepassing van effektiewe presisie boerdery stelsels en praktyke.

99% van alle graanproduksie in Brasiliё word deur middel van bewaringsbewerking, verbou!
Verhoogde produksie opbrengs, wat as gevolg van hierdie praktyke behaal is, was in sekere gevalle so hoog as 18%.

In groot dele van Kwa Zulu Natal, word bewarings bewerking al geruime tyd, suksesvol toegepas.

Om meer inligting oor hierdie onderwerp te bekom, kontak gerus Stes de Necker by: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

NS- Ons het die artikel ontvang per E-pos van Gordon Richards- ons het net die kontak besonderhede hierbo van die skrywer-  Ons plaas die artikel en glo daar is dalk baie te leer uit hierdie artikel. 


ADVERTORIAL

OPEN

 

Farming Diary

Jul
30

1:00 pm 07.30.2019 - 2:00 pm 07.31.2019

Jul
30

4:00 pm 07.30.2019 - 5:00 pm 07.31.2019

Aug
14

08.14.2019 1:00 pm - 2:00 pm

ENCA - Latest

Feed not found.