ADVERTORIAL

HOLLARD

VERSEKERING

Rooivleis produksie word bedreig.

Rooivleis is een van die gesondste voedsel vir die oorgrote meerderheid van die wereld bevolking. 

Die afgelope paar maande het ek baie artikels gelees en programme gekyk wat daarop gemik is om veeproduksie dwarsoor die wereld drasties in te kort. Logika het nog altyd vir my sin gemaak en daarmee saam probeer ek soveel inligting bymekaar maak, sodat alles vir my sin kan maak.  Ek het verskillende artikels gelees en ook met verskeie mense gesels en ook met Landbouers wat elke dag in die natuur werksaam is en sekerlik eerste handse kennis het.

Daar word al selfs in die buiteland gepraat van sogenaamde "sondebelasting" op rooivleis -  Dit uiters noodsaaklik dat Vee produsente dwarsoor die wereld begin saamstaan teen hierdie tipe van opmerkings en voorstelle.  Dis duidelik dat baie onkunde bestaan by 'n groot deel van wereldbevolking en mense word verkeerd ingelig deur mense wat self nie 'n gesonde verbruiker is, van rooivleis nie. 

Teen 2050 gaan die wêreldbevolking waarskynlik die 10 miljard-kerf bereik en al die mense moet gevoed word en Landbou dwarsoor die wereld moet die mense voed.  In Suid Afrika was daar nog altyd oorgenoeg kos beskikbaar agv ons land se uitsekende gesonde landbou en sy mense.

'n Invloedryke mediese vaktydskrif "The Lancetgepubliseer" het 'n verslag gepubliseer en hulle reken ’n omwenteling in die mensdom se eetgewoontes is nodig om ons en die aarde teen daardie tyd van katastrofiese klimaatsverandering en ’n epidemie van chroniese leefstylsiektes te red.  Dit kan sekerlik waar wees, maar rooivleis is nie alleen die oorsaak van die sogenaamde siektes nie.   

Hierdie kenners meen die inname van veral rooivleis moet drasties verminder word, en vervang word met heelwat groter hoeveelhede groente, volgraan, neute en peulplante as wat tans die norm in veral Westerse lande is. Ek sien daagliks mense wat net op 'n groente dieet is en nog steeds sukkel met hulle gesondheid, omdat daar sekere tipe mense is wat rooivleis moet eet om gesond te wees en die nodige werklike voedingswaarde inkry. 

Die mensdom het die laaste jare net groen op hulle brein  en sogenaamde slim dokters en dieetkundiges beklemtoon groente, vrugte, neute, peulplante , plantvet en volgraan is die hoof dis.  Net klein hoeveelhede diereproteïen maer vleis, pluimvee, vis, eiers en suiwel en min tot geen verwerkte vleis en kos met baie verwerkte graangewasse, bygevoegde suiker en transvette moet geeet word. .

Omdat hierdie slim mense alle mense op aarde onder dieselfde kamp skeer- is dit duidelik dat hulle nog nie genoeg navorsing gedoen het nie. Daar is 'n sekere tipe mense soos reeds gese wat ongelukig nie gesond kan lewe op net plant proteien nie- 

Dit slim navorsers meen die planeetdieet sal nie net sowat 11 miljoen sterftes jaarliks voorkom nie,maar ook die vrystelling van kweekhuisgasse drasties verminder, want hulle voer aan huidige eetgewoontes maak nie net mense siek nie – dit plaas ook uitermatige druk op die aarde.

Ongelukkig het die slim mense vergeet van al die ander gasse wat ons sommer duidelik met die oog kan sien wat meer skade aanrig as sogenaamde diereproduksie en hiermee saam is die hele Afrika se wild wat planteters is ook deel hiervan.  

In lande wat baie vleis eet, behoort mense hul rooivleis-inname te beperk tot 1,5 hamburgers per week. Hamburgers is in elk geval nie gesond vir enige  mens ni,e omdat jy nie vleis en koolhidrate/Stysel  soos brood saam eet nie.  En daarmee saam kan jy seker wees dat skyfies en 'n Coke ook deel van die maaltyd sal uitmaak en dit is die oorsaak waaroor mense ongesond is en nie agv die gesonde "patty" in die middel nie. Weereens hang dit ook af wat die kwaliteit van die vleis is wat binne in die Hamburger is. 

Die vraag na kos sal na raming met meer as 55% toeneem, en die vraag na dierekossoorte met byna 78% en vir herkouers soos beeste en skape tot 88% en rooivleis is ’n groot rolspeler.

Die uiters gesogde planeetdieet laat net sowat 100 g rooivleis per week toe, verder afgewissel met vis, hoender en ander proteïenbronne van plante. 100 gram Rooivleis is baie vir planteters en mense met 'n sekere bloedgroep, maar vir sekere mense wat rooivleis moet eet omdat hulle hele sisteeem so aanmekaar gesit is en uitsteken is vir hulle gesondheid, is 300g tot 500g per week die norm.  Weereens moet seker maak wat saam met die gesonde vleis geeet word. 

Vleis is ’n belangrike bron van meer as tien noodsaaklike voedingstowwe wat nodig is vir groei, ontwikkeling en algemene welstand, insluitend proteïen, yster, sink en B-vitamiene. Die proteïen in diereprodukte is van ’n beter gehalte as dié in plantprodukte – die samestelling daarvan is ideaal om deur die liggaam geabsorbeer te word. Hoewel yster en sink dus ook in plantkos soos spinasie voorkom, word minder daarvan in die liggaam opgeneem. Daar is 'n sekere ensiem in rooivleis wat noodsaaklik is vir jou hart maar ook vir sekere bloedgroepe.

Suid-Afrikaanse beeste wat met gras gevoer word, lewer vleis wat ’n goeie bron van onder meer omega 3- vetsure is – beter as beeste wat met graan gevoer word, maar dit is ook debatteerbaar. Maar hierdie voedingstowwe en B-vitamiene kom nie net in rooivleis voor nie, maar kom ook voor in hoender, vis, eiers en suiwel. 

Navorsers reken die planeetdieet sal juis tot groter inname van voedingstowwe soos yster, sink, folaat, vitamien A en kalsium lei, met een uitsondering: vitamien B12, waarvan rooivleis ’n goeie bron is.

Vegetarieers kan sukkel om vitamien B12 en yster elders te kry. Vitamien B12 is noodsaaklik vir normale brein- en senuweestelselfunksie, en in sommige van die planeetdieet-scenario’s kan aanvullings nodig wees. Die beste vorm van VtB 12 is in rooivleis. 

 Die Wêreldgesondheidsorganisasie klassifiseer verwerkte vleis as ’n kankerverwekkende stof karsinogeen, met ander woorde daar is bewyse dat dit kanker kan veroorsaak en rooivleis as ’n waarskynlike karsinogeen. Dit is nie in alle gevalle waar nie-  Die mediese beroep is nog altyd geneig om enige siekte se simptome te behandel maar nie die werklike  oorsaak nie. 

Navorsers het bevind dat mense wat rooivleis en verwerkte vleis binne die aanbevole dieetriglyne eet (sowat 76 g per dag), se risiko van kolorektale kanker is steeds 20% hoër as dié wat net sowat 21 g per dag eet.  Weereens kan jy dit nie veralgemeen nie, want dit weerens af van die tipe mense, sy bloedgroep en die kwaliteit van sy gesondheid. Rooivleis kan nie kanker veroorsaak nie- daar is 'n ander rede en verskil van mens tot mens. Die mediese beroep diagnoseer die siekte met 'n naam en dan word die simptome behandel en nie die oorsaak nie. 

Daar is nog nie genoegsame bewys dat een kossoort in ’n gebalanseerde, gemengde dieet tot kanker kan lei nie. Diereprodukte kan nie verantwoordelik gehou word vir sekere kankers nie. 

Die nuwe kweek van (nagemaakte) vleis wat oral in die wereld pos gevat het, gaan meer kankerverwante siektes veroorsaak as regte rooivleis. Die nagemaakte vleis moet met preserveermiddels aanmekaar en vars gehou word.  Een van die nuut gestigde maarskappye in Amerika wat die vleis vervaardig en op die aandele beurs gelys is, se aandele prys het van $30 USD per aandeel gestyg tot meer as $200 USD per aandeel.

Sekere van die jong millennials het 'n afsku in die doodmaak van diere en hulle bloed en wil daarom nie meer vleis eet nie. Dit kom veral voor onder stedelinge en mense wat nie van vleis as kos hou nie. Slagspreuke soos " Daar is 'n dier doodgemaak om die vleis te eet" kom partymaal voor in die promosie van die nuut gekweekte vleis wat mense nog sieker gaan maak as wat hulle is. 

Nog ’n rede wat deur hierdie slim mense aangevoer word  vir die beperking op rooivleis, is herkouers se impak op die omgewing. Navorsing wys vleis van vee soos beeste en skape het die grootste impak wat kossoorte betref, veral wat kweekhuisgasse en waterverbruik betref, terwyl graansoorte, vrugte en groente die kleinste impak het. Daar is baie ander bedrywe soos reeds gese wat baie meer kweekhuisgasse vrylaat as landbou en veeproduksie. 

Volgens die verslag word groot areas bewerkbare grond gebruik om voer aan te plant vir vee. As mense dus minder vleis en suiwel eet, sal hierdie landbougrond gebruik kan word om ’n verskeidenheid voedsame kossoorte vir mense te kweek. Maar beeste en skape voed veral in Suid-Afrika dikwels op grond wat nie andersins vir landbou gebruik kan word nie.

Lewende hawe is die grootste benutters van landbougrond. In Suid-Afrika is 84% van die opppervlakte van die land beskikbaar vir die landbou, maar net 13% daarvan is bewerkbaar. Die res is net geskik vir veeboerdery. Die ontbinding van beesmis by ekstensiewe boerdery aërobies is en dat koolstofdioksied en water vrygestel word. ’n Deel van die koolstof word deur omliggende plante opgeneem en net ’n deel word in die atmosfeer vrygestel. By intensiewe boerderye in Europa en Noord-Amerika word mis vir lang tye opgeberg en anaërobiese ontbinding vind plaas wat metaangas vrystel.  Die rol wat die vrystelling van metaangas deur lewende hawe speel, word in elk geval grootliks oordryf.

Die belangrikste kweekhuisgasse is koolstofdioksied (49%), metaangas (18%) en nitraatgas (6%). Herkouers dra 21% by tot metaangasproduksie. As mens dus na 21% van 18% kyk, is lewende hawe se bydrae tot kweekhuisgasse minder as 4%. Metaangas, hoewel dit skadeliker is, net 12 jaar in die atmosfeer bly teenoor koolstofdioksied se 100-200 jaar, word geïgnoreer.  Daar word aangeneem dat dit drie jaar duur om 200 kg ontbeende vleis te produseer. Die waterverbruik word bereken op grond van die besproeiing van aangeplante weiding en reën wat op die plaas val. In realistieser berekeninge sonder ’n verskuilde agenda word die waterverbruik vir rooivleisproduksie geraam op van 18 liter/kg tot 540 liter/kg na gelang van die produksiestelsel en bestuur

Sowat 70% van ons landbougrond kan net vir veeproduksie gebruik word, nie om ander gewasse te kweek nie. Die metodes waarvolgens die koolstof- en waterspoor vir rooivleisprodukte bereken word, word grootliks gegrond op generiese waardes van lande in die Noordelike Halfrond. Dit maak nie voorsiening vir verskillende produksiestelsels nie.

Só omskep vee  hierdie nuttelose graslande in ’n goeie voedingsbron vir mense – proteïen van hoë gehalte in die vorm van melk en vleis.
Daar is ’n teorie dat vee se koolstofvoetspoor selfs neutraal kan wees, aangesien die gewasse wat as hul voer gekweek word, koolstofdioksied absorbeer en terug in die grond plaas. Bewaringslandbou is reeds ted doel om vee en gewasaanplantings in harmonie met mekaar te laat saamwerk.  

Veeboerdery dra by tot die instandhouding van ekologiese stelsels en grondvrugbaarheid. Vir klein- en arm boere verskaf vee natuurlike bemesting (bemes 40% van verboubare grond wêreldwyd, FAO), want hulle kan nie kunsmis bekostig nie. Vir hierdie boere is mis en urine as ’n bron van N en P in volume omtrent net so belangrik as kunsmis.

Beeste word ook vir ploeg gebruik in Afrika en ander Asiatiese lande, want hulle kan nie trekkers bekostig nie. Met die opbou van organiese materiaal deur mis en grasreste, dra veeboerdery by tot die berging van koolstof in grond en daardeur tot KHG-vermindering. Die verplasing van diereprodukte deur plantprodukte in die dieet het nie altyd ’n positiewe invloed op die omgewing nie. As veeboerdery beeïndig moet word, sal dit onvermydelik lei tot die verdwyning van alle weivelde, want weivelde sal dan geen doel dien nie.

Verder, deur veld om te ploeg om jaarliks oesgewasse te kweek sal onvermydelik tot KHG lei. In berggebiede sal lande wat natuurlike veld verplaas tot ’n groot verlies aan biodiversiteit lei. Gronderosie en woestynvorming is ’n groot bedreiging vir die produktiewe kapasiteit van landbou. Die beeïndiging van veeboerdery sal ook tot erosie en woestynvorming lei, veral in droë gebiede. Deur hul tekstuur en plantbedekking, dra gronde van weivelde by om erosie, waterfiltrering en waterafvloei te beperk, terwyl dit wateraanvulling bevorder.

Vee soos beeste en skape dra egter ook by tot klimaatsverandering deur hul spysvertering: Metaan, ’n kweekhuisgas wat 56 keer die aardverwarmingspotensiaal van koolstofdioksied het, word in dié diere se ingewande gevorm namate die kos gis, en dan vrygestel. 

Daarom dalk juis die huidige dringendheid om metaangasvrystellings te verminder. Enige verandering in metaangasvlakke sal dus vinniger gesien word as koolstofdioksied.

En vinnige verandering is nodig om klimaatsverandering teen 2050 te stuit. Die druk moet egter nie van die werklike kweekhuisgas-reuse afgehaal word nie. Landbou is  naas die vervoer- en energiesektor Suid-Afrika se derde grootste kweekhuisgas-produsent, maar dit is verantwoordelik vir net 4,7% totale vrystellings. 

Ons neem kennis van hierdie omvattende verslae, maar daar sal eers op 'n ander plek gesoek moet word na die ware probleem. Suid Afrika se vleisprodusente teel al vir jare net die beste vleis en is al vir jare ingestel op nuwe metodes om beter en meer suksesvol te boer. Daar word reeds gewerk aan 'n alternatiewe bymiddel/voer om hierdie sogenaamde kweekhuis gasse te verminder. 

Suid Afrika se vee produksie is verantwoordelik vir ’n baie klein persentasie kweekhuisgasse wat in Suid-Afrika vrygestel word.

Dit is duidelik dat Rooivleis produsente dwarsoor die wereld moet begin saamstaan, ook om alternatiewe metodes te ontwikkel om hierdie agrumente aan te spreek wat deur hierdie massas groen vriende uitgewys word.  Suid Afrika se rooivleis produsente moet 'n eenvoudige enorme bemarking van stapel stuur. Maar saam met alles gaan dit 'n baie enorme poging kos  en baie geld om mense dwarsoor die wereld te laat ophou rooivleis eet, want die mensdom eet al vir jare Rooivleis. Suid Afrika se Rooivleis produsente produseer van die beste rooivleis in die wereld. 

Dat ons aandag moet gee aan dit wat ons aarde vernietig is waar- maar daar sal bietjie meer navorsing gedoen moet word oor Veeproduksie se aandeel.  

Saamgestel  uit verskeie artikels wat reeds geskryf was - met opsommings deur  Johann Pretorius CRA Media 

(Netwerk24 en "the new meat of the future" )


ADVERTORIAL

SASOL

FERTILIZER 

Farming Diary

Mar
3

03.03.2020 - 03.05.2020

Jun
17

06.17.2020 - 06.19.2020

ENCA - Latest

Feed not found.