ADVERTORIAL

HOLLARD

VERSEKERING

Die rol van vroue in familieboerdery- Suid Afrika

’n Vrou het beslis ’n rol in ’n moderne boerdery, veral omdat ’n boerdery ’n leefwyse is. Dis nie ’n beroep met vaste werksure nie, maar is sewe dae per week deel van ons lewe. 

Vroue is deesdae meer sakegeoriënteerd en kan só ook waardevolle bydraes tot die boerderybesigheid lewer. Dis veral baie belangrik om my man te ondersteun. Die man hoef nie alleen die laste en bekommernisse te dra en probleme op te los nie.

Familieboerderye speel ’n baie belangrike rol in die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar daar word nog min erkenning aan die rol en belangrikheid van eggenotes in familieboerderye gegee en nog minder aan hulle reg tot eienaarskap en bestuur. 

Die ondersteunende vrou wat die boeke doen, die agter-die-skerms  of die hoof emosionele beampte is voorbeelde van die stereotipe rolle wat aan eggenotes van boere in familieboerderye toegeken word. Maar dit is belangrik dat 'n vrou haar vroulikheid behou en nog steeds haar man emosioneel kan ondersteun. 

Baie vroue is onsigbaar binne en buite die familieboerdery en word nie in dieselfde lig as hulle manlike eweknie beskou nie, veral nie waar beide die man en vrou saam op die plaas boer en mede-eienaars is nie.

Dogters is tradisioneel net as suksesvol beskou as hulle goed getrou het en hulle word dikwels as bloot ’n verlenging van haar man se eiendom gesien.

In die VSA bestuur vrouens deesdae die stropers en die trekkers wat nie vreemd is nie. Meeste van hulle het ook Landbou bestudeer net soos in Suid Afrika. 

Daar word nog steeds onder baie boere as vanselfsprekend aanvaar dat die primêre rol van die vrou is om na haar kinders en ander huishoudelike pligte om te sien.

Hulle is oënskynlik ook van mening dat daar nie tyd is vir die vrou om mede-eienaar van die boerdery te wees nie, laat staan nog haar eie besigheid op die plaas te bedryf of om ’n besigheid elders, weg van die plaas af te begin.

Wanneer dit kom by sogenaamde kleinboere is dit eintlik vrouens wat in beheer van hulle boerderye is. Hulle maan gewoonlik gebruik van hande arbeid en ander lede van die familie wat werksaam is op die plaas. 

Grondregte word glo tradisioneel in die naam van die “hoof van die huishouding” – gewoonlik ’n man – geregistreer. Vroue kry meestal net toegang tot grond deur ’n verskeidenheid “afhanklike verhoudings” met hul mans, seuns of pa’s. Dit is glo amper onmoontlik vir ’n ongetroude vrou om grondregte te bekom.

Hoewel kommunale gebiede danksy grondhervorming sedert 1994 uitgebrei het en beloftes gemaak is om bestaande regte van grondbesitters te erken, vind bestaande manlike boere steeds die meeste baat daarby en bied die stelsel min vir vroue. Vroue se houding teenoor die bestaande patriargale stelsel van grondbesit blyk erg konserwatief te wees. Min vroue is bereid om die huidige gender-aard van grondregte binne families te betwis. 

Ons sien egter meer en meer dat sosiale, ekonomiese en anderomstandighede vroue dwing om weg te beweeg van hierdie beperkende rolle en om beheer te neem oor hulle eie lewens. Vandag beklee vroue verskeie posisies wat tradisioneel, en byna by uitstek, die man s’n was, soos byvoorbeeld om ’n boerdery te bestuur en ook te besit.


Die vrou se rol in familieboerderye raak toenemend belangrik en krities tot die voortbestaan van die familie in die geheel. Vroue wat in die familieonderneming werksaam is, is in alle waarskynlikheid ewe kundige, doelgerigte mede-eienaars, wie se insette en betrokkenheid eerder aangemoedig moet word. 


Nuwer insigte staan insluiting eerder as uitsluiting van vroulike eggenotes in familie-eienaarskapooreenkomste voor. Geslag  moet al minder ’n vraagstuk wees wanneer dit by leierskap, eienaarskap en deelname kom.

 Sy kan ’n belangrike rol speel in suksesvolle opvolgings deur verskeie konflikte en dilemmas te help oplos. Ma’s en vrouens kan hulleself baie bekommer oor die emosionele en finansiële toekoms van die familie en werk voortdurend hard om as tussengangers op te tree om konflik te ontlont wat tussen die eienaarbestuurder en die kinders of tussen broers en susters self kan ontstaan.

Maar die vrou word ook gekonfronteer met die opgee van baie belangrike rolle wat sy binne en buite die familie boerdery gespeel het. Sommige vrouekan selfs opvolgbeplanning afraai, in die vrees dat hierdie proses die familieharmonie sal versteur.

Dit is ook vir ’n ma baie moeilik as daar ’n keuse tussen haar kinders vir opvolging gemaak moet word, selfs al wys die bestuursvaardighede en ervaring op ’n duidelike keuse tussen die kinders.


Dogters het weer ander vraagstukke om te hanteer tydens die opvolgingsproses. Vir hulle is opvolging ’n tyd van spanning en konflik tussen die begeerte om outonoom te raak en ’n skuldgevoel teenoor hulle ouers.

Konflik tussen kinders kan ook tydens hierdie fase breekpunt bereik. ’n Dogter kry dikwels ook nie dieselfde ondersteuning, geleenthede en opleiding as seuns wanneer dit by opvolging in familieboerderye kom nie.

Dit is nog tradisioneel so dat die pa wil hê sy seun of seuns moet die familieboerdery oorneem. Die dogter is gewoonlik net ’n keuse by opvolging as daar geen seuns beskikbaar is nie. 

Dit is al herhaaldelik bewys dat die oudste seun nie noodwendig die beste opvolger is nie en dat seuns nie noodwendig beter bestuurders as dogters is nie. Daar is heelwat voorbeelde van vroue wat die leisels by hul mans moes oorneem  en ’n reuse-sukses daarvan gemaak het.

Dieselfde geld vir dogters. Die opvolgingsproses moet deeglik en betyds beplan word, wie ook al gaan oorneem. By opvolging behoort geslag nie die deurslaggewende rol in die keuse van ’n opvolger te wees nie, maar die bevoegdhede, opleiding en ervaring van die potensiële opvolger(s).


Dit gebeur ook dat dogters en vroue verkies om nie formeel in die familieboerdery werksaam te wees nie en dikwels trou dogters en woon elders. Maar hulle moet ook deel wees van die familieboerdery as dit kom by uitbetalings.

Voedselveiligheid in Suid-Afrika word blykbaar deur eiesoortige kwessies gekenmerk in vergelyking met ander Afrika-lande. Suid-Afrika het genoegsame en party jare selfs ’n oorskot voedsel om die bevolking te voed, maar ten minste 43% van die mense in die land ervaar voedsel-onsekerheid. Wanvoeding seëvier – veral in die platteland.Toegang tot geld is belangrik in alle sektore in die land om vir dienste, soos dieët-en voedingkunde, te kan betaal.


Die vrou het ’n unieke en toenemende belangrike rol om te speel in familieboerderye. Dit is krities dat hulle manlike eweknieë en ander familielede hiervan sal kennis neem en hulle die geleenthede tot opleiding en ervaring sal gee wat hulle toekom.

Soos in ons vorige artikel gemeld moet families mekaar verstaan en weet hoe elkeen se natuurlike gedrag is. Sielkundiges gaan nie die famile se probleme oplos nie, maar kan die familie baie geld kos aan ewigdurende konsultaties wat niks oplewer nie. 

Families moet deurentyd na hulle gesondheid omsien en sorg dat hulle selfrespek behou en ook ander lede van die familie se wense respekteer.

Vrouens is lankal welkom in die Landbousektor en het hulle merk al op vele terreine van Boerdery gemaak. 

Johanel- Quanlim Life 


ADVERTORIAL

SASOL

FERTILIZER 

Farming Diary

Oct
3

10.03.2019 - 10.04.2019

Oct
29

10.29.2019

Mar
3

03.03.2020 - 03.05.2020

ENCA - Latest

Feed not found.