ADVERTORIAL

HOLLARD

Suid Afrika se platteland.

Vir almal wat of in die platteland van Suid Afrika  woon, of as stedeling van tyd tot tyd soontoe kom, is dit duidelik hoe die platteland agteruitgaan.

Mense trek weg, winkels en besighede sluit (behalwe Sjinese “alles-en-nog-wat-winkels”), geboue verval, kerke loop leeg en al wat groei is onkruid, die werkloosheid en die plakkerskampe. Die stede gaan in sekere opsigte ook agteruit wat lewenskwaliteit betref, maar groei wat getalle en ontwikkeling betref.

Aan die anderkant -Oorvol stede, daaglikse verkeersknope, die gewoel van die stad en misdaad is van die redes waarom al hoe meer stedelinge deesdae na die berge wil vlug en oorweeg om op die platteland te gaan nesskop.

Ons AGRI NEWS NET span het byna 60,000 kilometer gereis deur Suid Afrika, Zambia, Botswana en ander lande in die afgelope 2 jaar. Suid Afrika is en bly 'n baie mooi land, maar waar die meeste mense woon en werk is nie mooi nie.

Die natuur is vernietig reg rondom elke dorp  in die  Platteland, en daar gaan vir jare baie min lewe in die grond wees- ten minste 2 kilometer reg rondom die gebiede waar duisende arm gemeenskappe bly. 

Die regering van die dag se beloftes wat na 20 jaar nog geen sukses opgelewer het nie. 

Suid-Afrika is met sy megatendense gewoonlik omtrent 10 jaar agter die Weste en omdat hier sowel eerste- as derdewêreld-leefpatrone bymekaar is, loop die tendense minder duidelik as in die VSA of Europa. Verstedeliking duur tans onverpoos voort, veral deur swart mense wat tradisioneel
plattelands was en vir wie die stad die belofte van werk, geleenthede en vermaak bied. 

Dit is interessant om na die golwe wat mense óf na die stede óf weer meer na die platteland dryf, te kyk en te ontleed.

Suid Afrika se president het gesê die program wil finansiering veral herlei na die platteland en townships waar hy meen die meeste werksgeleenthede geskep kan word. “Dis ons sentrale uitgangspunt omdat ons te min fiskale ruimte het en dus liewer ons besteding moet verander en ons bestaande bronne beter moet aanwend.

Hy voorsien die landbousektor kan teen 2030 tot 1 miljoen nuwe werkgeleenthede skep. Daarom wil die staat veel meer geldelike hulp deur
die Landbank en handelsbanke aan swart kommersiële boere bied. “Ons wil dié boere veral aanspoor om gewasse wat arbeidsintensief is vir
die uitvoermark te verbou,” het hy gesê. Wat groei in agtergeblewe gebiede betref, wil die regering drie streeks- en 26 township-nywerheidsparke wat lank ongebruik was, laat herleef. ʼn Fonds sal gestig word om projekte te finansier en werkskeppingsprojekte aan die gang te kry.

Hy meen infrastruktuurontwikkeling het die potensiaal om ʼn groot hoeveelheid werksgeleenthede te skep, maar sê tot dusver was dié
ontwikkeling te gefragmenteerd. Hy het ʼn megafonds aangekondig wat projekte landwyd sal uitvoer en wat die private sektor sal aanmoedig
om deel te neem aan “betekenisvolle” vennootskappe. Die president het gesê R400 miljard word beskikbaargestel deur bestaande staatsbesteding en lenings om infrastruktuur landwyd te verbeter. Dié fonds sal onder die toesig staan van “slim en uitstaande mense”, het hy gesê, om te verseker dat dit doeltreffend bestee word en projekte wat onder meer die bou van paaie en damme behels, suksesvol afgehandel word.

Elke dorpie het sy geskiedenis van sy eie  mense en geboue. Dit is opvallend dat daar baie min, meer gebou word in die dorpies, geboue word meestal verbeter en herbou. Jare se geskiedenis le opgeskryf in die dorpies wat vir jare bewaar gebly het todat alles in afgelope jare met geen instandhouding en respek verval het. 

Die derde wereld se onbekwame bestuurders en politiekeleiers is duidelik sigbaar in die verval van paaie, sypaadtjies, water aflydings sturkture, riool, vuil strate en  oop erwe en rommel wat oral le.

Die stadskantore is vervalle, padskrapers en vragmotors staan onder bome, stukkend en geen geld vir onderdele nie. Die eens pragtige tuine staan vol kakiebos en onder die paar bome wat nog staan le mense sonder werk. 

Getroue inwoners betaal elke maand al vir jare hulle dienste en sien hoe hulle dorp agteruitgaan. Onbekame onproduktiewe mense in diens van die dorp verdien enorme salarisse en teer soos bosluise op die inwoners van die dorpe. 

Armmoede en werkloosheid is aan die orde van die dag. Die plaaslike Spar kan vra wat hy wil vir sy kos en produkte, want daar is geen ander winkel in die omtrek nie.

Mense werk om te eet en te lewe- en staan maandeliks toue om hulle pensioengelde te kry van die staat wat gewoonlik 'n hele familie moet voed.

Oral in die strate hang mense rond opsoek na werk. Diefstal en drankmisbruik is elke dag sigbaar. By elke stopstraat staan iemand en bedel, net soos in die stede. Alles het soos 'n kanker stadig maar seker begin en alles is nou besmet.

Landbouers is nog steeds die ruggraat van al hierdie dorpies en die regering sien dit nog steeds nie raak nie. Landbouers gee werk aan van die inwoners van die plakkerskampe- mense wat nog wil werk en wat hulle lewenstandaard wil verhoog. 

Plattelandse mense is nog steeds die sout van die aarde. Sondag vir Sondag sien jy hoe hulle bymekaar kom by die kerk en daarna heerlike geselsies aanknoop oor die week se gebeure. Die plattelandse skole het nog steeds daardie innerlike bekoring van gemeenskaps waardes wat mense saamvoeg. Die plaaslike kerkbasaar en ander gebeure vereenig nog steeds hierdie gemeenskappe.

Die trots van elke inwoner is nog steeds daar, maar die toekoms van die dorpies le in die hande van net 'n paar mense wat baie hard werk om dit te laat herleef. Eenheid is wat alles saamvoeg. 

Dis hier waar politieke partye regs van die regering hulle mense opsweep met onwaarhede en hulle aanmoedig om alles te vernietig en daardeur verhoudings versuur in plaas daarvan om saam te werk. 

Niemand kon dink dat 'n regering 'n pragtige land soos Suid Afrika so mishandel het, dat byna alles van vooraf opgebou moet word met geleende geld- 

Ons AGRI NEWS NET span het baie data versamel deur die jare, baie mense besoek en is altyd vriendelik ontvang-

Ons span beweeg stil en is nie deel van die vermaaklikheids wereld nie- Ons "post" nie ons bewegings op sosiale media nie en ons ry in ons eie voertuie met ons eie fondse sonder enige borge. Doodgewone mense wat daagliks inligting inwin wat ons vorentoe self sal gebruik. 

As jy groot geword het in die platteland van Suid Afrika dan is jy maar net deel van 'n spesiale geslag wat net baie meer van die mens en die natuur waardeer.

Menslikheid en vriendelikheid is deel van die mense se daaglikse lewe.

Ons moet ons platteland beskerm vir 'n nageslag wat moet weet hoeveel sweet en onder andere pannekoek geld daarin gegaan het om hierdie dorpies te kon bou.

Johannel ANN.


ADVERTORIAL

SASOL FERTILIZER