ADVERTORIAL

HOLLARD

Suid Afrika se Landbouers en hulle gesondheid-

Daar is baie dinge wat in die wereld verander het oor die jare en mense het daarby aangepas en verandering vind nog daagliks plaas. Maar as dit kom by gesondheid, dan kyk baie min mense na hulle gesondheid en glo nog steeds dat 'n dokter hulle gesond sal maak as hulle 'n mediese fonds het. 

Jou liggaam is die enigste vervoermiddel wat jy het- sonder die volle werking van jou liggaam gaan dit nie maklik nie. 

Van die dag wat jy jou verstand het, is dit jou verantwoordelikheid om na jou liggaam  om te sien en nie 'n Dokter nie. En as jy jou liggaam in die hande van die mediese sorg  laat, gaan jy baie gou 'n arm man wees want dit is baie duur.

Jou liggaam moet instand gehou word en jy moet daarna omsien. Dit wat jy eet,drink,dink en doen sal die gesondheid van jou liggaam bepaal. 

Jou liggaam is eintlik soos 'n motor en dit het van tyd tot tyd 'n diens nodig en jy moet jou eie diensplan he daarvoor- ( 'n diensplan is nie bloedtoetse nie)

Elke dag sien ek hoe ongesond mense lyk, eet en leef- sien ek hoe mense dood spreek en nie lewe nie. Sien ek hoe jaag mense rond om te werk en geld in te kry. Ongeskik en vol van selfwaan en arrogansie, spook hulle elke dag deur. 

En wanneer jy in hospitale , klinieke, en doktors spreekkamers kom dan sien jy hoe sit siek mense en wag om deur Dokters gehelp te word teen onbekostigbare pryse. Mense wat hulle siek liggame in die hande van die mediese sorg plaas omdat hulle nooit daarna omgesien het nie. 

Waar ek gaan is mense oorgewig- ten minste 8 uit 10- jy sien die ongelukkigheid ,"stress" en siekte in hulle oe, hulle velle, hulle hande en voete- net hulle kleredrag alleen vertel jou dat daar geen trots meer is op hulle eie liggame nie. 

Mans en vrouens -jonk en oud loop met boeppense rond- alles te doen met "stress" en organe wat nie in belaans is nie en sekere organe wat oortyd werk.Verkeerde lewensuitkyk en gewoontes. Mense wil nog steeds ver bo hulle Inkomste lewe omdat die "sociaty" dit vereis. Mense is bereid om skuld te maak op goed wat hulle nie nodig het en wat hulle nie kan beskostig nie- net om "in" te wees en goed te lyk.

Die aanhoudende negatiewe denke en bekommernis oor hoe en waar gaan daar geld vandaan kom, veroorsaak inflammasie en daarby saam kom verkeerde kosse, suiker, drank en dit veroorsaak dat jou liggaam toksies kan raak.

Daar is nog baie ander dinge wat verkeerd loop, maar dit kan ongelukkig nie reggemaak word deur 'n ligte kalmeerpil( Drug) wat so vrylik deur die mediese beroep voorgeskryf word nie- en om dan op 'n duur gewigsverlies program te gaan met baie beloftes gaan jou nog meer armer maak.

Daar is baie maniere om van "stress" ontslae te raak maar dit werk nie vir almal dieselde nie- nie eens jou duur Gym kontrak of Vitality gaan jou dalk regkry nie. 

Aanhoudende negatiewe denke om oplossings te soek vir finansieele probleme gaan een of ander tyd een van jou organe se werking kos- wat slegte nuus is vir jou- maar baie goeie nuus is die mediese beroep- want as jy 'n mediese skema het, is dit 'n lekker oop rekening om te gebruik. 

Die onstabiele regering van Suid Afrika, en sekere ombekwame leiers met hulle gulsigheid na geld en mag, hulle onproduktiwiteit en leierloosheid asook hulle toksiese gees van vernietiging en lee beloftes, plaas onsettende druk op inwoners van Suid Afrika, wat elke dag werk om geld te verdien, waarvan die regering 40% plus wil he. Dis asof almal net wil gryp wat voorkom en hulle self verryk. 

Die gulsigheid na mag en geld in privaat  maatskappye, eienaars van geboue en aandeelhouers soos banke en ander finansieele instellings dra alles by tot die ongesondheid van onder andere ons Landbouers, wat al die pad moet presteer, om elke jaar die aanhoudende eise wat aan hulle gestel word, te absorbeer en daarby nog te oorleef. Alles is 'n keuse. 

Ons landbouers gaan 'n nuwe seisoen in met onsettende onsekerheid wat baie druk plaas op hulle gesondheid, wat veroorsaak dat baie van hulle op kroniese medisyne is en daarby 'n ongesonde gejaagde lewe lei.

Afgesien van die grondkwessie is daar die druk van banke en hulle amptenare op ons landbouers oor skuld, plaasaanvalle, arbeidsonrus, politieke optokery, duur insetkoste, die weer en die prys van hulle produkte. So kan ek aangaan. Die probleem is dat ons Landbouers baie min beheer het oor al hierdie faktore en daarby saam is daar ook nie eenheid in ons land nie.  

Saam met dit, het elke landbouer 'n huisgesin wat hy moet onderhou en versorg , sy eie mense - en hulle hoor en sien elke dag hierdie aanhoudende druk en daarmee saam begin hulle ook bekommerd raak. Verhoudings tussen getroudes lei daaronder. Dis hier waar soveel vrouens hulle mans in die Landbou emosioneel moet ondersteun en nie wegloop as die omstandighede moeilik raak nie. 

Die negatiewe media van Suid Afrika wat elke dag 'n donker prentjie gee van die mooi land en alles wat hier gebeur.

Gemeenskappe en organisasies is onder finansieele druk. 

Saam met dit, lees jy elke dag die enorme hoeveelheid geld wat verdien word deur direkteure van maatskappye en banke met wie jy besigheid doen. En dan wonder jy waarom jy so gejaag word. 

Biljoene rande wat  verlore is met staatskaping en alles wat daarmee saamloop.

Jy sien hoeveel verdien sportmanne en rugbyspelers en  dan sien hoe mense krippeer van elende sonder die nodige fondse om hulle te help.

Oor die naweek is nog 'n jong landbouer dood  41 jaar oud - hartversaking - 'n pa van 3 pragtige seuns- 'n duidelike bewys van wat landbou tans deurgaan en hoe "stress" die lewe van die jong man vernietig het. Jare se aanhoudende bekommeris het sy lewe geeis. 

Nie almal is sterk genoeg om die aanslae van die lewe te hanteer nie. 

Aanhoudende druk deur amptenare, skuldinvorderaars, prokureers en aangejaag deur gulsige topbestuur vanuit hulle kantore, vernietig baie keer die lewe van 'n huisgesin en die broodwinner wat kos produseer  en bereid is om alles op die spel te plaas. 

Daar is baie vriendelike amptenare ook op grondvlak ook wat empatie het met Landbouers en hulle situasie, maar hulle werk vir 'n maatskappye wat net geld jaag en baie keer ongevoelig staan teenoor die situasie. Moenie dat skuldeisers jou intimideer,dreig en jou onstel nie. Dis alles taktiek om geld uit jou te kry. Daar is baie maniere om op ordentlike wyse jou finansieele probleme uittesorteer.

Maak nie saak wat jy is, wat jy doen, hoeveel geld jy het - maar jy gaan net oes wat jy plant. Arrogansie en selfwaan is die begin van jou eiende. 

Ons landbouers plaas kos op jou tafel elke dag- inteendeel daar is duisende mense wat uit ons landbouers se produk geld verdien- geld wat baie keer nie eers voor gewerk is nie- en net deur kommissie verdien is.

Ons landbouers moet sterk staan in hulleself -jy is vir geen mens versigtig of bang nie- vergeet van jou trots en baklei vir solank jy in die hoek is- jy sal oorleef. Jy kan dit alleenlik doen as jy fisies, geestelik en liggaamlik sterk is. 

Daar is net een manier om na jou liggaan om te sien- en dis die regte manier. 'n Klomp vitamine pille in jou hand elke oggend help nie- nog minder al die pille wat jy in gesondheidswinkels aankoop. Daar is net een van jou soort- daarom moet jy eers uitvind presies wat jy nodig het.

Kry jou gedagtes reg- luister hoe jy praat, wat jy dink en wat jy spreek.  Alles gaan oor lewe - hoop en vertroue.

Ons landbouers moet dringend na hulle gesondheid omsien deur mense wat weet hoe om dit te doen. Kry jou liggaam sterk, jou organe -eet reg, en pas jou liggaam op. Suid Afrika het jou nodig- en staan vas- alles sal weer regkom. 

Johanel ANN 


ADVERTORIAL

SASOL FERTILIZER