ADVERTORIAL

HOLLARD

Hoe kry ons weer 'n gees van eenheid in Suid Afrika

Daagliks lees ons in die nuus van al die geskille en ontevredenheid onder die inwoners van Suid Afrika- Rassisme was nog nooit so erg, soos nou nie. Jy lees die haat op meeste van die politieke leiers en hulle meelopers se gesigte en jy sien die kwaad en vernietigend in hulle hele houding.

Elkeen siek in sy eie liggaam. Jare se haat en verbittering wat net hulleself vernietig en niemand anders nie. Die gees van Gulsigheid en mag oorheers ons eie regering en daar is geen EENHEID onder al die inwoners van Suid Afrika nie.

Waar is die goeie mense- die mense met 'n skoon gees van vernuwing en samehorigheid. Die egte regte openhartige vriendelike mense van Suid Afrika. Die mense wat die son oor ander mense wil sien skyn, wat weet wat integriteit is en wat met trots besigheid doen met selfrespek en respek vir sy medemens. 

Die probleem is dat die vuil gees  reeds soveel miljoene Suid Afrikaners begin oorheers het, dat meeste van ons mense dood spreek en nie lewe nie. Blameringsmentaliteit is oral te sien. Niemand aanvaar verantwoordelikhied vir enige iets nie- dis altyd iemand anders se skuld. Nie eens in die korporatiewe wereld is daar iemand wat verantwoordelikheid vat vir besluite nie. 

Gulsigheid het reeds sy tol begin eis, in die regering waar miljarde rande gesteel is deur korrupsie en oneerlikheid.

Mense "demand" net meer en wil niks daarvoor doen nie. 

Die ANC se progresiewe besigheids forum is besig om 'n funksie te reel waar jy 1 miljoen rand moet betaal vir 2 om saam met die edelagbare President om die tafel te sit en as jy saam met 'n minister wil sit R500,000- absoluut belaglik . Hierdie is nie super wesens uit die ruimte nie - dis dood normale mense.  Daar sa lsekerlik 'n paar sogenaamde groot koppe die geld uithaal wat betaal word namens een of ander maatskappy. 

Alles is 'n "show". Hierdie is normale mense soos jy en ek wat deur een of ander sisteem gekom het waar hulle is- en wanneer jy groter word as die sisteem wat jy dien, dan het jy "arrived" en dan is jou pad net afdraende want dan het arrogansie en selfwaan jou lewe geneem.  

Ons hele land is uit verband geruk agv gulsigheid en mag. 

Enorme salarisse word betaal aan uitvoerende hoofde, Direkteure en bestuurders en ons lees dit daagliks in die pers. 

Regeringswerkers se produktiwiteit is 50% en minder van hulle salarisse, wat betaal word deur die belastingbetalers.

Maatskappye wil die maksimum wins maak - 'n gees van gryp en laat waai-

Eienaars van geboue vernietig hulle huurders met die hoe buitensporige huurkoste.

Banke verklaar jaarliks enorme winste met gelde wat gemaak is uit onder andere hulle klieente en sal die laaste geld in jou rekening elke maand neem vir diensgelde of jy nou 'n werk en Inkomste het of nie.

Nog steeds kyk banke heel eerste na sekeriteit voordat hulle na die persoon kyk en sy natuurlike gedrag, en nie net sy kwalifikasies nie.

In kort- die oorgrote meerderheid van Suid Afrikaners in die korporatiewe wereld word betaal volgens hulle lewenstyl en nie hulle produktiwiteit of kennis nie. Baie  maatskappye betaal hulle werkers te veel omdat hulle nie wil he dat werkers onder finansieele "stress" moet werk nie. 

Suid Afrika het net te duur geword vir die oorgrote meerderheid van sy bevolking. Niks is in belaans nie- daar is nie 'n sterk middelklas nie.

80% van Suid Afrika se mens ervaar erge "stress" elke dag - agv die land se gees van vernietiging en gulsigheid.

Suid Afrikaners is byna leeg gemelk deur die regering en die daaglikse duur koste om te lewe in Suid Afrika.

Die regering het net een gedagte en dis om die verkiesing in 2019 te wen- en hardloop links en regs om geld te kry en maak saam met dit weereens beloftes wat hulle nie gaan nakom nie. 

Die President staan oral bakhand en bedel vir beleggings en lenings. Hy moet nog heeltyd die ANC  bestuur ipv die land. Verder moet hy toesien dat staatsinstellings wat onder korrupsie deurgeloop het, toe hy Adjunk staatspresident uit die gemors kom

Die President moet op grondvlak teenwoordig wees tussen die mense van Suid Afrika. Solank as wat hy op podiums staan en in konvooie rondjaag en die weelde geniet waarvoor die belastingbetalers betaal gaan hy nie veel sukses he nie. 

Enorme staatsinstellings wat met trots opgebou is en geld gemaak het, is deur gulsige onbekwame mense tot in die afgrond bestuur. 

Die probleem is dat hierdie swak gees tot op grondvlak deurgewerk het. Alles is besmet en daar gaan baie water in die see moet loop om hierdie gees uit te roei.

Miljoene mense wat vir die regering gestem het leef in armoede, met 24 jaar se beloftes wat aan hulle gemaak is.

Hierdie mense het genoeg gehad van beloftes deur die regering van die dag. Hulle eie mense het hulle in die steek gelaat. En dit is tyd om op te staan en hierdie korrupsie en lee beloftes aan te spreek.  Maar dis nie nodig om jou eie samelewing te vernietig om jou standpunt te maak nie. 

Die regering en die besigheids sektor vat te maklik geld by inwoners van Suid Afrika, vir sogenaamde dienste wat of nooit of swak gelewer word.

Medies in Suid Afrika is onbekostigbaar omdat Dokters en almal in die bedryf so gulsig is.  

Opregte mense met 'n gees van lewe en laat lewe is min. Ons landbouers sorg dat daar elke jaar genoeg kos is vir elke inwoner van die land om te eet, terwyl die regering met sy swak bestuur byna elke waterbron vernietig het en nie baie goedgesind is teenoor ons landbouers nie. 

Hoe kan ons toelaat dat ons beheer word deur hierdie gees van gulsigheid en vernietigend en mag. Waarom het ons toegelaat dat die "goeie mense" soos ek dit noem deel geword het van hierdie gees.

Dade is wat spreek - nie woorde nie-  die tong slaan harder as enige fisiese aanranding, maar ons laat dit toe. 

Om hierdie gees van eenheid en liefde te herstel moet ons begin by onsself. Ons moet die verlede begrawe en ons kinders en jongmense aanmoedig om nie te luister na die negatiewe uitsprake van die regering en sy politieke meelopers nie. Die media verkondig hierdie negatiewe nuus. 

Daar is 'n toekoms in Suid Afrika- en die oorgrote meerderheid van die bevolking wil in liefde en vrede saamleef. Dis 'n klein groepie mense wat haat en verwoesting saai- en wat hulle saai gaan hulle oes. 

Die media moet ophou om soveel media dekking te gee aan hierdie negatiewe elemente en die mense- dis sensasie en dit bring onverdeeldheid en angs by mense. Dis tyd dat ons al die mooi dinge in Suid Afrika eerste stel.  

Wat bemoedigend is, is die feit dat soveel Suid Afrikaners van alle rasse daagliks saam werk, gesels en kuier en saam 'n beter toekoms wil he vir almal. 

Jy moet jouself so een trappie bo hierdie mense wat dood spreek sien en ophou om te luister na hulle uitsprake. Kry hierdie mense uit jou lewe.

Jy moet vandag weet met wie jy meng en met wie jy besigheid doen.

Moenie betrokke raak by mense met 'n vuil gees van vernietiging en gulsigheid nie. Want dis al wat hulle eintlik kan doen. 

Ons jong landbouers se ambisie moet nie verbreek word deur die negatiewe elemente van die samelewing nie. Daar is 'n groot toekoms vir almal in Suid Afrika en veral in Landbou. 

Ons het sterk landbouers en  landbou leiers wat net meer hulle stemme moet laat hoor en sterk standpunt inneem teen onregverdigheid, integriteit, gulsugheid en korrupsie.

Ons het leiers in Suid Afrika nodig met visie en 'n skoon rekord. Leiers wat EENHEID kan bewerkstellig en wat se woord eerbaar en opreg is.

Landbou en sy mense het nog altyd oorleef . Landbou is kroon wild wat jaar na jaar oorleef.

Moenie dat daar aan julle voorgeskryf word wat om te doen, deur mense wat nie praktiese kennis het van boerdery nie- neem kennis en leer  en pas dit met wysheid toe in jou boerdery.

Ons het uitstekende Landbou organisasies en koperasies met landbou ekonome wat baie moeite doen.

Dis tyd om kop op te lig, hard te werk en vas te staan as 'n eenheid en met 'n nuwe gees van ambisie die toekoms van Suid Afrika aan te vat.

Ons moet hierdie vuil gees vervang met 'n gees van herlewing en opbou en samehoringheid en eenheid. 

Kom ons soek die goeie mense op, lag weer, en geniet en lewe elke dag voluit-  en bring 'n gees van vernuwing oor almal. 

Johanel ANN 


ADVERTORIAL

SASOL FERTILIZER