ADVERTORIAL

HOLLARD

Suid Afrika -Rooivleisheffings lyk só- 2018

Die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye het aangekondig dat die volgende heffings (BTW uitgesluit) van toepassing sal wees op bepaalde diere, rooivleis en rooivleisprodukte, huide, velle en verwerkte varkvleis:  

Beeste

  • R6,24 per kop sal afgetrek word by die verkoopprys van die betrokke diere en aan die heffingsadministrateur oorbetaal word.
  • R10,40 per kop is deur die eienaar van die dier betaalbaar aan die abattoir wanneer dit geslag word. Die eienaar van die abattoir moet dit aan die heffingsadministrateur oorbetaal.
  • Die vleishandelaar moet R659 per jaar aan die heffingsadministrateur oorbetaal vir die verkoop van rooivleis, rooivleisprodukte of verwerkte varkvleis.
  • R1 160 moet deur die invoerder aan die heffingsadministrateur betaal word per besending van rooivleis en rooivleisprodukte alvorens ’n invoerpermit toegeken word.
  • R10,40 per kop is aan die heffingsadministrateur betaalbaar op vee wat lewend uitgevoer word.
  • Lewendehawe-agente moet 0,102% van die kommissie wat verdien word op die verkope van die betrokke diere aan die heffingsadministrateur oorbetaal.
  • Die verwerker van huide wat plaaslik geproduseer is, moet 2,01c per kg aan die heffingsadministrateur oorbetaal.

Skape en bokke:

  • R1,34 per kop sal afgetrek word by die verkoopprys van die betrokke diere en aan die heffingsadministrateur oorbetaal word.
  • R2,02 per kop is deur die eienaar van die dier betaalbaar aan die abattoir wanneer dit geslag word. Die eienaar van die abattoir moet dit aan die heffingsadministrateur oorbetaal.
  • Die vleishandelaar moet R659 per jaar aan die heffingsadministrateur oorbetaal vir die verkoop van rooivleis, rooivleisprodukte of verwerkte varkvleis.
  • R1 160 moet deur die invoerder aan die heffingsadministrateur betaal word per besending van rooivleis en rooivleisprodukte alvorens ’n invoerpermit toegeken word.
  • Lewendehawe-agente moet 0,102% van die kommissie wat verdien word op die verkope van die betrokke diere aan die heffingsadministrateur oorbetaal.
  • Die verwerker van huide wat plaaslik geproduseer is moet 2,01c per kg aan die heffingsadministrateur oorbetaal. – RPO Nuusbrief

ADVERTORIAL

SASOL FERTILIZER

Farming Diary

Nov
27

8:00 am 11.27.2018 - 9:00 am 11.28.2018

Nov
28

10:00 am 11.28.2018 - 11:00 am 11.29.2018

All Africa News: Latest

Feed not found.