ADVERTORIAL

HOLLARD

Spoorverkeer en die sogenaamde "Moffieripper"

Suid Afrika- Bewaringslandbou is deesdae die top besprekingspunt op al wat boeredag of seminaar. Die voedselwaardeketting is die ander woord wat op elke Landbou Televisie program of besprekingsprogram aangespreek  en bespreek word. 

In die laat sewentigerjare het 'n paar Landbouers in die Wes- Vrystaat begin met deklaagbewerking nadat hulle uitgevind het hoe die sandgrond gekompakteer het met die ploegaksie. Die ploegblad soos dit bekend gestaan het was op ongeveer 12 duim en dit was ongeveer tussen 3 en 6 duim dik. ( Duime was die maatstaf tot hier in die tagtigerjare)  Die blad het verhinder dat die mielies se wortelstelsels die vog en vry water kon gebruik wat onder die ploegblad vrylik beskikbaar was.

Die blad moes gebreek word, en daar was op daardie stadium nie enige implemente beskikbaar om die aksie uit te voer nie. Viertrek of 4x4 trekkers was ook nog nie beskikbaar nie, die eerste 4x4 trekkers het eers in 1979 die lig gesien. John Deere ,Ford en Fiat was van die eerstes. Landboukundiges het oral gate gegrou en met yster hammers die grond begin bestudeer.  Die platteland soos Wesselsbron, Hoopstand en omliggende gebiede het almal 'n plaaslike sweiswerke gehad en dis eintlik hier wat die spesiale implemente hulle onstaan gehad het.

Met baie min Kilowatt tot hulle besikking het 'n paar Landbouers die sogenaamde " Moffie-ripper" laat  ontstaan met twee tande wat amper 1 meter diep onder die ploegblad kon inkom en met baie swaarkry getrek was deur 'n tweewiel trekker van 45 Kw plus. Dit was ook die onstaan van "spoorverkeer" waar 'n land vooraf uitgemeet is volgends rywydte en plantwydte om alle werk wat gedoen word op een spoor te laat plaasvind. Dit was groot uitmeet en beplanning. Twee diep spore is agter die trekker se eie spore gemaak met 'n skaar wat 'n "varkoor" genoem is en merkers is aan beide kante gebruik om 'n merkspoor te laat.

Landhouers is aangeraai deur landboukundiges om die stoppel van die vorige oes op die land te los en nie in te werk nie. Dit het bekend geword as Deklaagbewerking. Om die stoppel stukkind te kry na 'n Stroper met 'n plukkerkop daaroor is,was 'n ander implement ontwerp, naamlik die "rolmoer" .. dit was basies 3 dik pype op aste en rolaars in 'n raam, met halfmaan skottelskare wat plat op die grond geloop het en met 'n baie hoe spoed getrek is. Dit het die stoppel stukken geslaan.

Dit was 'n groot ontwentelling in Saaiboerdery en nie almal wou daaraan byt nie. Die eerste resultate van die geen bewerking en "rip op die Ry" het in 1981 soveel mielies opgelewer dat al die graansilos vol was en daar geen Sleepwa of vragmotor te koop was nie. "Moffierippers" is in massas vervaardig en oral ingespan. ( Sy naam kom van die feit dat daar twee tande agtermekaar gewerk het) 

Met 'n opbrengs van 2 ton plus het landbouers met die bewerking dit verdubbel na 4 ton plus- en teen 'n mielieprys van R400 plus was dit baie geld.  Claas stropers wat deur Vetsak bemark was het soveel stropers verkoop dat Landbouers 'n oorsese vakansie saam met die stroper gekry het. Oral is gate gegrou tydens groei en landbouers het met groot verwagting gesien hoe hierdie wortelstelsel deur die bladopening beweeg en 'n enorme wortelstelsel in die natgrond ontwikkel wat mielies deur die sogenaamde droe tydperk van Januarie gedrae het.

Met die bewerking is landbouers aangeraai om geen vee op hulle lande meer te laat wei nie, want dit veroorsaak verdigting. Presies 36 later- is dit nou 'n moet om jou lande te bewei- Nuwe name soos -  Deklaagbewerking-Spoorverkeer- Ploegblad, Verdigting, Moffieripper, Rolmoer, Varkoor en nog meer was op almal se lippe- vandag is dit Bewaringslandbou en voedselwaardeketting.  Kyk gerus hoe staan die implemente nog rond op plase en ander plekke. Dit was die ontwikkeling van baie implemente wat vandag baie waarder toevoeg tot Saaiboerdery. <br /> Ons deel eersdaags die tweede gedeelte met julle. ANN   ( As jy enigsins iets wil byvoeg stuur dit aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


ADVERTORIAL

MONSANTO