ADVERTORIAL

HOLLARD

VERSEKERING

EKONOMIESE INKRIMPING ‘N ERNSTIGE BEDREIGING- Suid Afrika

“Die skokkende inkrimping van die land se ekonomiese groei vir die eerste kwartaal vanjaar van -3,2% was heelwat swakker as die algemene verwagting en is die eerste duidelike aanwysing dat die ekonomie vanjaar in ‘n diep resessie sal verval waarvan dit nie weer maklik sal herstel nie,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.

Die aanduidings dat die meeste bedrywe in die drie sektore van die ekonomie aansienlik swakker gevaar het as die vorige kwartaal was reeds vroeër vanjaar duidelik sigbaar ten spyte van die misleidende uitsprake wat die ANC-regering oor sy vernietigende politieke en ekonomiese beleid gemaak het.

Die ekonomiese groeikoers was volgens Statistiek SA die swakte sedert die eerste kwartaal in 2009 toe die land se ekonomiese groei onder die groot druk van die wêreldwye finansiële krisis met 6,1% verswak het en hou ‘n baie ernstige bedreiging vir die welvaart en vooruitgang van die mense en die land in.

“Die kans dat die groei vir die eerste kwartaal vanjaar heelwaarskynlik die kleinste verswakking vir die volgende 5 jaar sal wees moet nie onderskat word nie omdat die ANC- regering steeds aan sy sosialistiese en kommunistiese beleid vasklou wat die ekonomie en die land binne die volgende 5 jaar finaal sal vernietig,” sê Brink.

Die grootste enkele probleem met die ekonomie in Suid-Afrika is die feit dat die ANC-regering ná 1994 'n gemengde sosialistiese en kommunistiese ideologie omhels het wat geen ekonomiese groei kan skep en kapitalisme verwerp het nie. Dit was die beginpunt van die vernietiging van ekonomiese groei soos wat duidelik bewys is. In teenstelling hiermee was 'n markgeoriënteerde kapitalistiese ekonomiese stelsel nog altyd die mees suksesvolle ekonomiese stelsel regoor die wêreld. Sosialisme en kommunisme kan slegs ekonomiese groei en voorspoed vernietig en dit is die hoofrede waarom die regering nie die verswakkende ekonomie sal kan omkeer nie.

Die herverdeling van die land se bates, potensiële ekonomiese groei en welvaart sal nie die probleme van ongelykheid, armoede en werkloosheid oplos nie, want dit is slegs 'n korttermyn oplossing totdat dit alles verdeel en verteer is, wat die probleme dan net verder sal vergroot.

“Die algemene beroep op die Reserwebank om sy uitleenkoers nou te verlaag sal geen verskil aan die ekonomie maak nie omdat dit, tesame met die aansprake dat sy monetêre beleid die inflasiekoers en bedwang kan hou en die wisselkoers kan beskerm, die enkele grootste dwaling in die totale ekonomiese wetenskap is.

Hopelik sal die president, Cyril Ramaphosa, ook nou begin verstaan dat die landboubedryf wat gedurende die eerste kwartaal die swakste presteer het van al die bedrywe met ‘n groeikoers van -13,2%, nie die bedryf is waaroor hy die grootste verwagtings koester om die ekonomiese groeikoers te verhoog en werkloosheid te verminder nie. Daar bestaan ook geen moontlikheid dat die landboubedryf hoegenaamd ‘n miljoen nuwe werksgeleenthede kan skep nie, soos totaal verkeerd deur die Nasionale Ontwikkelingsplan bevind is.

“Die moontlikheid dat die onteiening van grond sonder vergoeding die landboubedryf en die ekonomie totaal sal vernietig en baie groot werkloosheid sal veroorsaak, hou ‘n baie groot bedrieiging vir die welvaart en vooruitgang van die land en sy mense in waaroor die ANC-regering geen kundigheid of bevoegdheid het nie.

Die kans dat die ekonomie vanjaar dalk net een kwartaal van negatiewe groei gaan beleef, volgens sekere optimistiese ontleders wat daardeur bloot hulle onkunde oor die ekonomie openbaar, is weglaatbaar klein,” volgens Brink.

ooooooOoooooo
Bothaville
4 Mei 2019
Navrae: 082 573 5661


ADVERTORIAL

SASOL

FERTILIZER 

Farming Diary

Mar
3

03.03.2020 - 03.05.2020

Jun
17

06.17.2020 - 06.19.2020

ENCA - Latest

Feed not found.