ADVERTORIAL

HOLLARD

VERSEKERING

Agri SA vra daadwerklike optrede

Agri SA is optimisties oor die Staatsrede, maar dit is nou die laaste geleentheid vir die regering om op die oorblywende openbare vertroue te kapitaliseer en om hul beloftes te eer.

Die staatsrede, wat Donderdagaand deur President Cyril Ramaphosa gelewer is, het Suid-Afrika se ekonomiese uitdagings eerlik erken. Die stappe wat aangekondig is om verdere erodering hok te slaan, vereis daadwerklike optrede. Die regering moet verseker dat hy die voorgestelde ekonomiese-ingrypings kan uitvoer deur samewerking met die privaatsektor.

Landelike- en plaasveiligheid bly steeds 'n kommer en polisiëringsoplossing is nodig om hierdie nasionale krisis aan te spreek.

'Die Staatsrede bevat 'n paar blink planne, maar die daadwerklike implementering daarvan is nodig om die ekonomie om te draai,' sê Omri van Zyl, Agri SA Uitvoerende Direkteur. 'Soms is dit meer oor wat nie gesê is nie; dit is opmerklik dat onteiening sonder vergoeding (OSV) nie genoem is nie. Ons kan nie gerus wees oor die risiko van OSV nie, maar die bewusmaking van die burgerlike samelewing en Agri SA het tot beter begrip gelei. Agri SA sal voortgaan om landbouers se belang by internasionale handelsvennote en beleggers voor te staan.'

Die privaatsektor is gereed om President Ramaphosa by te staan om die ontwikkelingsdoelwitte van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) te realiseer. Dit is krities dat die NOP met die uitdagings en geleenthede van die Vierde Industriële Revolusie belyn word en Agri SA kan help om hierdie doelwitte te verwesenlik.

Agri SA het drie areas geïdentifiseer waar landbou grootskaalse waardetoevoeging binne die ekonomie kan ontsluit:

1. Energie: Boere kan groen-energie opwek deur son- en windkrag wat druk op die nasionale kragnetwerk kan verlig. 
2. Voedselsekerheid: Agri SA ontsluit landelike ontwikkelingsoplossings om Suid-Afrika se posisie as die broodmandjie van Suider-Afrika te verstewig.
3. Mark-uitbreiding: Internasionale-handel skep ekonomiese groei en werksgeleenthede. Daar is al meer internasionale markte wat vir Suid-Afrikaanse produkte ontsluit kan word. Die volgehoue strategiese ondersteuning vanaf die regering sal hierdie handelsgeleenthede vermenigvuldig.

'Agri SA sal voortgaan om praktiese oplossings tot die dringende kwessie van grondhervorming voor te stel,' sê Christo van der Rheede, Agri SA Adjunk-uitvoerende Direkter. 'Dit behels onder andere die vestiging van nuwe kommersiële boere en die ontwikkeling van kommersiële landbou binne kommunale gebied.'

Agri SA sal voortgaan om met President Ramaphosa en sy kabinetslede oor die belangrike kwessies te skakel. Ons bevorder die ontwikkeling, winsgewendheid, stabiliteit en volhoubaarheid van landbou in die belang van boere, plaaswerkers, plaasgemeenskappe en Suid-Afrikaners.


ADVERTORIAL

SASOL

FERTILIZER 

Farming Diary

Oct
29

10.29.2019

Mar
3

03.03.2020 - 03.05.2020

Jun
17

06.17.2020 - 06.19.2020

ENCA - Latest

Feed not found.