Lintrac
DODGE RAM

ADVERTORIAL

OLD MUTUAL

FAMILY BUSINESS

FINALE AFTELLING HET LANKAL BEGIN- Suid Afrika

“Daar is 'n paar ernstige realiteite en bedreigings wat die ekonomie en die land in die gesig staar en wat nou as die finale vooruitsigte aanvaar moet word,” sê Fanie Brink, ’n onafhanklike landbou-ekonoom.

Brink het gereageer op die aankondiging dat die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) ook so pas sy ekonomiese groeivooruitsigte vir 2019 van 1,2% in April vanjaar tot 0,7% verlaag het. Die afskaling was te wagte en volg op swakker groeivooruitsigte van minder as 1% wat reeds deur verskeie ander instansies soos die Nasionale Tesourie en die Reserwebank bekendgemaak is. Die konsensus vooruitsigte van Sake24 se 38 ekonome is ook hierdie maand na 0,6% verminder nadat dit aan die begin van die jaar 1,3% was.

Die belangrikste bedreigings wat nou baie vinnig realiseer is die feit dat:
1). Die ekonomie nie weer sal groei solank as wat die ANC aan bewind is nie. 2). 'n Finale afgradering na rommelstatus onvermydelik is. 3). 'n Lening van die IMF nou 'n gegewe is. 4). Die ANC-regering geen idee hoe ekonomiese groei herstel kan word nie. 5). Die ANC op die meeste nog net 5 jaar nodig het om die ekonomie en die land totaal te vernietig. 6). Die aftelling na die finale verwoesting reeds 25 jaar gelede begin het toe die ANC die kapitalistiese ekonomiese stelsel wat groot ekonomiese ontwikkeling en welvaart vir die land teweegebring het, totaal verwerp het en sosialisme en kommunisme omhels het.

“Die tyd is nou finaal verby om nog langer kop in die sand te steek om sodoende die ernstige realiteite en die bedreigings te probeer ontken en ontwyk,” sê Brink.

Bothaville
Navrae: 082 573 5661


ADVERTORIAL

OLD MUTUAL

CORONA VIRUS

Farming Diary

Jul
15

07.15.2020 - 07.17.2020

Aug
11

08.11.2020 - 08.14.2020

Sep
9

10:00 am 09.09.2020 - 11:00 am 09.11.2020

Travel Brand Africa

Don't cancel your African Safari! Postpone & Travel later.

www.travelbrand.co.za