ADVERTORIAL

HOLLARD

Fanie Brink

Kommentaar oor die ineenstorting van die staat se finansies- Fanie Brink

Die vernietiging van die ekonomie en die ineenstorting van die staat se finansies is die direkte gevolg van die feit dat die ANC-regering die leerstellinge van sosialisme en kommunisme na 1994 omhels het en kapitalisme totaal verwerp het wat groot tegnologiese en ekonomiese vooruitgang, net soos in die res van die wêreld, vir die land meegebring het. Korrupsie het egter in hierdie proses ‘n baie groot deurslaggewende en vernietigende rol gespeel. 

Daar bestaan geen kans dat president Cyril Ramaphosa die ekonomie kan omdraai met die ANC se beleid om al die bates en welvaart van die land onder almal te verdeel  wat net vermors en verteer sal word, en sy onkunde oor hoe ekonomiese groei in die wêreld geskep word nie.  

 Die regering sal binnekort die hulp van die Internasionale Monetêre Fonds moet inroep wat die skuldlas van die land net verder sal verhoog, wat nooit weer terugbetaal sal kan word nie. Die inkomste van die regering sal steeds onverpoos daal omdat beide die vraag- en aanbodkant van die ekonomie onherstelbaar vernietig word.

 Ekonomiese groei wat slegs deur die winsmotief orals in die wêreld gedryf en geskep word, is die enigste manier hoe die staat se inkomste verhoog,  buitelandse en plaaslike investering aangemoedig en groter welvaart geskep kan word om die probleme van armoede, werkloosheid en ongelykheid daadwerklik aan te spreek. Die wanbesteding en korrupsie kan duidelik nie uitgeroei word nie en is klaarblyklik op hierdie stadium geensins ‘n prioriteit vir die Ramaphosa-regering nie.

Geen politieke oplossings kan sonder die verwesentliking van ekonomiese doelwitte behaal word nie. Die volgende vyf jaar sal deurslaggewend wees en finaal die toekoms van Suid-Afrika bepaal wat op hierdie stadium baie vining in ‘n onderontwikkelde staat soos in die res van Afrika verval, wat uiteindelik deur ‘n diktator regeer sal word deur die massaslagtings van alle politieke teenstanders, onstuitbare korrupsie en selfverryking, baie groter armoede en ongekende hongersnood.

 Vriendelike groete

Fanie Brink

Onafhanklike Landbou-Ekonoom/Independent Agricultural Economist

Posbus/PO Box 366

Bothaville

9660

Suid-Afrika/South Africa

+27 82 573 5661

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


ADVERTORIAL

MONSANTO