ADVERTORIAL

HOLLARD

VERSEKERING

Bly kalm na vals vuurwapen-wetsontwerp- Suid Afrika

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het ’n beroep op vuurwapeneienaars gedoen om kalm te bly en op feite te fokus te midde van gerugte oor wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens, 2000 (Wet 60 van 2000), wat drakoniese beperkings op vuurwapeneienaarskap voorstel.

’n Twyfelagtige dokument is vroeër vandeesweek versprei. Die dokument lyk baie soos ’n wysigingswetsontwerp op vuurwapenbeheer en is bes moontlik in 2017 deur die regsafdeling van die Suid-Afrikaans Polisiediens opgestel om aan die minister van polisie voor te lê vir oorweging. Van die voorstelle wat in die dokument gemaak word, kan as drakonies beskryf word.

Die vereniging glo die dokument is met opset deur iemand in die polisie versprei om paniek onder vuurwapeneienaars te saai en die aandag weg te lei van ander belangrike sake wat die polisie tans moet hanteer.

Francois Beukman, voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, het ’n amptelike verklaring vrygestel wat bevestig dat die dokument gee wettige status het nie en lankal nie meer op die agenda is vir bespreking nie.

Die wysiging van ’n wetsontwerp moet deur vaste kanale gedoen word en deur verskeie rolspelers bespreek word voor dit aan die President voorgelê kan word om geteken en afgekondig te word.

Vuurwapeneienaars word gevra om nie aandag te gee aan publieke paniek nie, kalm te bly en op die feite te fokus. Die vereniging beklemtoon dat niks oornag sal gebeur nie. Alle vuurwapeneienaars word ook aangeraai om by ’n geakkrediteerde organisasie aan te sluit wat hulle regte sal beskerm. – Persverklaring


ADVERTORIAL

SASOL

FERTILIZER 

Farming Diary

Oct
29

10.29.2019

Mar
3

03.03.2020 - 03.05.2020

Jun
17

06.17.2020 - 06.19.2020

ENCA - Latest

Feed not found.