ADVERTORIAL

HOLLARD

VERDERE EKONOMIESE VERVAL ONS VOORLAND Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom- Suid Afrika

“Die Mediumtermyn Begrotingsraamwerk (MTBR) van die minister van Finansies, Tito Mboweni, wat hy vandag aan die Parlement voorgelê het is ‘n baie duidelike bewys dat die ANC se beleid van die sosialistiese en kommunistiese herverdeling van die bates, ekonomiese groei potensiaal en welvaart die ekonomie en land steeds verder sal vernietig,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.

Hy sê die reeds verlaagde ekonomiese verwagtings ten tyde van die begroting in Februarie vanjaar het weereens nie gerealiseer nie. Die ekonomiese groeikoers sal steeds verder verlaag moet word tot by die punt waar die ekonomie nie langer meer sal groei nie omdat die ANC-regering baie duidelik nooit sal verstaan dat ekonomiese groei in feitlik al die lande in die wêreld deur die winsmotief in ‘n kapitalistiese ekonomiese stelsel gedryf en geskep word nie. Die begrotingstekort en die staatskuld as ‘n persentasie van die Bruto Binnelandse Produk (BBP) sal elke jaar verder toeneem en die land uiteindelik oor die fiskale afgrond dryf.

“Die totaal oordrewe verwagtings wat die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP), as ‘n langtermyn visie, in die vooruitsig gestel het en die herhaalde verbindtenis van die ANC tot die plan, berus geheel en al op geen ekonomiese fondasie nie en het die beginsels hoe ekonomiese groei en welvaart geskep word totaal misken. Die ekonomiese groeiteikens van tot 4,5% waarop al die bevindings en aanbevelings van die NOP baseer is, is suiwer deur die komissarisse wat die plan opgestel is uit hulle duime gesuig en het reeds totaal platgeval omdat die ekonomie feitlik niks groei nie en die land ook geen ekonomiese groeivooruitsigte meer het nie.”

Die volgehoue uitsprake en aanvaarding oor die vermoë van die landboubedryf om miljoene werksgeleenthede en ekonomiese groei te skep, volg presies dieselfde pad wat in die ander Afrikalande plaasgevind het om die grootste gedeelte van die bevolking van die landboubedryf afhanklik te maak. Die “werksgeleenthede” wat volgens die NOP geskep kan word is in werklikheid die hoofdoelwit van die regering, selfs al sal dit beteken dat ‘n miljoen klein swart bestaanboere in skuld- en armoede gedompel word.

Brink sê die herverdeling van landbougrond sonder vergoeding sal die finale nekslag wees wat die land in baie groter werkloosheid, armoede en hongersnood sal laat verval, soos wat dit ook die ander lande in Afrika op hulle knieë gedwing het en ‘n einde aan hulle verdere ekonomiese en tegnologiese ontwikkeling en vooruitgang gebring het.

Die ANC-regering het nie meer ‘n ander keuse gehad as om ook finaal teruggeval op die onteiening van kommersiële landbougrond as die enigste oorblywende alternatief om hom nog na die volgende verkiesing aan bewind te probeer hou, ten spyte daarvan dat dit die ekonomiese groei van die land verder sal vernietig.

“Die enigste oplossing wat kan verhoed dat Suid-Afrika in ‘n onderontwikkelde land verval met baie groter armoede, ongekende hongersnood en menselyding is die totale verwerping van die ANC se politieke en ekonomiese beleid wat jare gelede al wêreldwyd doodgeloop het en ‘n totale terugkeer na ‘n kapitalistiese ekonomiese stelsel soos voor 1994,” volgens Brink.
ooooooOoooooo

Bothaville
24 Oktober 2018
Navrae: 082 573 5661


ADVERTORIAL

SASOL FERTILIZER