ADVERTORIAL

HOLLARD

SAPD STATISTIEK - GEWELDSMISDADE OP PLASE Suid Afrika-

Volgens die SA Polisiediens was daar 62 moorde op landbou-eiendomme gedurende die afgelope finansiële jaar. Daarteenoor is 70 moorde op TLU SA se databasis geregistreer wat bykans 10% meer is as die amptelike statistiek. Hierdie verskil asook die noodsaaklikheid om uit een mond te praat oor ‘n onderwerp wat toenemende internasionale aandag trek, vereis konsolidasie. In hierdie verband het TLU SA etlike pogings aangewend om ‘n afspraak met die Minister van Polisie te maak ten einde hierdie verskil asook ander verbandhoudende kwessies met hom te bespreek, maar sonder enige konstruktiewe reaksie. 

“Dit is noodsaaklik dat hierdie kwessie (wat ook van internasionale belang is) gesamentlike en geïntegreerde optrede vereis. Met dit in gedagte is ‘n Nasionale Landbou Veiligheid Strategie ter ondersteuning van die SAPD se Landelike Veiligheid Strategie geformuleer, deur ASUF goedgekeur en gevolglik geïmplementeer,” aldus Mnr Louis Meintjes, President van TLU SA. “Ek vertrou dat beide die Minister van Polisie asook die Nasionale Kommissaris van Polisie sal besef dat die voortgesette en gewelddadige aanslag teen landbouers, hul families en plaasbewoners ‘n toegewyde en verenigde poging verg om sodoende ‘n veilige omgewing te skep vir geïsoleerde gemeenskappe wat vir voedselsekerheid in Suid-Afrika verantwoordelik is.” 

Mnr Louis Meintjes, President TLU SA, Sel.: 082 461 7262

                                    Mnr Henry Geldenhuys, Adjunk President TLU SA, Sel.: 083 560 1273


ADVERTORIAL

MONSANTO