ADVERTORIAL

HOLLARD

VERSEKERING

RENTEKOERSVERHOGING IS ‘N DWALING- Suid Afrika

“Die rentekoersbeleid van die Reserwebank en al die ander sentrale banke in die wêreld is die grootse enkele dwaling in die totale ekonomiese wetenskap omdat daar niks verder van die waarheid verwyder kan wees as die aansprake dat monetêre beleid die inflasiekoers kan beheer, die wisselkoers kan beskerm en ekonomiese groei kan bevorder nie,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.

Hy het reageer op die aankondiging van die Reserwebank vandag dat hy sy terugkoopkoers met 25 basispunte verhoog wat beteken dat die prima rentekoers van handelsbanke van 10% tot 10,25% sal styg.

Brink sê daar bestaan absoluut geen bewyse vir hierdie aansprake nie, trouens, eenvoudige statistiese ontledings toon duidelik aan dat rentekoersveranderings geensins die veranderings in die inflasie- en die wisselkoers of ekonomiese groei kan verduidelik of verklaar nie.

Die Reserwebank se mandaat vir die uitvoering van sy premêre funksie soos wat dit voorgeskryf word deur die Reserwebankwet om pryse in die ekonomie te stabiliseer “in belang van gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei,” is nie alleen onmoontlik nie omdat pryse deur vraag en aanbod bepaal word, maar het ook baie nadelige gevolge vir die ekonomie omdat dit, net soos die regering se inmenging, die werking van hierdie markkragte kan verwring.

Prysvlakke in die ekonomie word deur al die faktore wat ‘n invloed op die plaaslike en internasionale vraag en aanbod van goedere en dienste het bepaal en nie deur rentekoersveranderings nie. Dit is ‘n absolute mite dat verbruikers hulle besteding verlaag wanneer koerse verhoog word omdat ‘n gemiddelde grootte huishouding se totale rentekoste niks meer as 3% van sy totale besteding beloop nie en daarom is die inlvoed van rentekoerse in werklikheid weglaatbaar klein.

Verbruikers beperk hulle spandering baie eerder weens skerp stygings in die pryse van byvoorbeeld voedsel, brandstof of die verhogings in elektrisiteitstariewe. ‘n Verhoging van R168 per maand op ‘n huisverband van R1 miljoen as die rentekoers met 25 basispunte of ‘n kwart persentasiepunt styg, maak geen indruk op ‘n persoon wat R3 miljoen per maand verdien om vir so ‘n groot verband volgens die handelsbanke se vereistes daarvoor te kwalifiseer nie.

Een van die grootste probleme wat met monetêre beleid ondervind word is die feit dat dit geensins die aanbod in die ekonomie in ag neem nie wat ook ‘n baie groot invloed op die inflasiekoers kan veroorsaak veral vanwee byvoorbeeld ‘n ernstige droogte soos die land in 2016 beleef het en wat veroorsaak het die die mielieprys van onder R2000 tot R5000 per ton verhoog het. Of wanneer die Organisasie van Petroleum Uitvoerlande (OPUL) besluit om die produksie van ru-olie te verminder. Al die sentrale banke in die wêreld verbeel hulle dat OPUL hulle produksie sal verhoog as rentekoerse styg, maar intussen is die banke bereid om die verbruikers te straf vir prysstygings waarvoor hulle nie verantwoordelik is nie. Die meeste ekonome stem altyd hiermee staam omdat hulle vas glo aan hierdie dwaling van die sentrale banke. Die ironie is dat rentekoersverhogings geen invloed op byvoorbeeld die stygings in brandstofpryse en elektrisiteitstariewe het omdat dit deur wetgewing beheer word, maar nogtans word die verbruikers daarvoor gestraf.

“Rentekoerse speel eenvoudig nie so ‘n belangrike rol in die ekonomie soos wat die sentrale banke en die meeste ekonome die wil hê nie omdat kapitaal as ‘n basiese produksiefaktor nie so ‘n groot invloed op ‘n besigheidsonderneming en die ekonomie kan hê nie as die ander basiese produksiefaktore soos grond en grondstowwe, arbeid en bestuur wat minstens net so belangrik is of selfs ‘n groter invloed daarop kan uitoefen. Die rentekoste van die meeste besighede, volgens SA Statistiek, beloop niks meer as 3% van hulle totale bedryfskoste nie en daarom kan dit feitlik geen invloed op hulle winsgewendheid hê nie.

Die primêre funksie van die Reserwebank volgens sy bogenoemde mandaat verskil ook wesentlik van die voorskrifte wat deur Artikel 224(a) van die Grondwet voorgeskryf word naamlik dat die Reserwebank “die wisselkoers moet beskerm in belang gebalanseerde en volhoubare groei.”

Die sentrale banke se aansprake dat hulle hierdie funksies kan verrig is nie waar of korrek nie omdat die veranderings in die wisselkoerse ook deur al die plaaslike en internasionale faktore wat ‘n invloed op die vraag en aanbod van die Rand teenoor die ander lande se geldeenhede het, bepaal word. Die invloed van rentekoersveranderings op die wisselkoers is daarom weglaatbaar klein. Die Reserwebank en die meeste ekonome glo ook vas aan hierdie dwaling tenspyte daarvan dat hulle maandeliks selfs 10 of meer verskillende redes in die media aanvoor vir die veranderings in die wisselkoers.

Ekonomiese groei word in feitlik al die lande in die wêreld deur die winsmotief binne ‘n kapitalistiese ekonomie gedryf en geskep en ook feitlik niks deur rentekoersveranderings nie. Wins word, eerstens, deur die veranderings in die pryse van al die insette wat in die ekonomie gebruik word teenoor die veranderings in die pryse van al die uitsette wat geproduseer, vervaardig en as dienste soos byvoorbeeld finansierings-, regs- en mediese dienste deur al die verskillende bedrywe in die primêre, sekondêre en tersiêre sektore in die ekonomie gelewer word. Tweedens deur die doeltreffendheid waarmee hierdie insette in uitsette omgeskakel kan word en wat deur die toepassing van die jongste tegnologiese ontwikkelings verbeter moet word.

Brink sê monetêre beleid is daarom in werklikheid ‘n irrelevante en onbeduidende beleid waarvan die invloed op die ekonomie weglaatbaar klein is en waarom sommige van die beste sentrale bankiers van die Groep 7 lande reeds in Mei 2008 die volgende gevolgtrekking gemaak, naamlik dat "Food price inflation may be one of the most serious problems facing the world, but it is one that monetary policy had little power to tackle,” en "Food price pressure is a global problem, we have to observe and monitor it, but we cannot use monetary policy tools to manage this problem. Other policymakers speaking on the sidelines of the meetings said traditional monetary policy tools — such as interest rates — were not suitable to tackle price inflation.”

ooooooOoooooo
Bothaville
22 November 2018
Navrae: 082 573 5661


ADVERTORIAL

SASOL

FERTILIZER 

Farming Diary

Mar
3

03.03.2020 - 03.05.2020

Jun
17

06.17.2020 - 06.19.2020

ENCA - Latest

Feed not found.