ADVERTORIAL

VILLA CROP

  • Positiewe plaaslike verhandelings van mielies, sojaboon en koring het plaasgevind.

  • Die plaaslike ekonomie is steeds grootliks onder druk met die kleinhandel-, vervaardiging- en mynbousektore wat laer syfers gedurende die eerste kwartaal van 2019 getoon het.

  • Die meeste droëlandkoring in Suid-Afrika word in die Wes- en Suidkaap geplant met oppervlaktes wat in die laaste twee dekades baie skerp gedaal het in die Vrystaat.

    Koring onder besproeiing in die meeste groter waterskemas asook langs kleiner waterbronne dra verder by tot produksie in Suid-Afrika. Baie oningeligte mense kan nie verstaan hoekom daar in die meeste jare ‘n oorproduksie is van somergrane maar konstant byna die helfte van die koringverbruik in Suid-Afrika ingevoer moet word. Volgens SAGIS (Suid Afrikaanse Graan Inligtingsdiens) is slegs 48.2% van die verbruik in Suid-Afrika in die 2017/18-seisoen self geproduseer teenoor ongeveer 97% in die 2000/01-seisoen. Hoekom plant boere nie meer koring nie?
    Daar is verskeie faktore verantwoordelik waarom koringproduksie nie ‘n groter omvang in Suid-Afrika het nie waarvan ongunstige klimaatstoestande die belangrikste is.


    As die drie belangrikste komponente van koringproduksie in Suid Afrika afsonderlik ontleed word, lyk dit as volg:
    Wes- en Suidkaap: Hierdie gebied lewer hoofsaak droëlandproduksie. Droogte is hier die grootste risiko. Historiese reënvalontledings toon byvoorbeeld vir ‘n plek soos Moorreesburg dat agtereenvolgende jare met ondergemiddelde reënval deel is van die klimaat van die gebied en veral die winsgewendheid van produksie baie benadeel. Daar was sedert 1915 reeds ses droogteperiodes wat vyf jaar of langer aangehou het: 1927-1942 wat ‘n periode van 15 jaar was met ondergemiddelde reënval; 1946-1951 was ses jaar lank; 1965-1973 was nege jaar lank; 1979-1983 was vyf jaar lank; 1997-2006 was 10 jaar lank en dan ook vanaf 2014. Alhoewel daar ook groepe agtereenvolgende jare met bo-gemiddelde reënval was, is dit baie moeilik of selfs byna onmoontlik om volhoubaar te boer met lang periodes van ondergemiddelde reënval.
    Die hoeveelheid reën bepaal nie altyd die produksietoestande nie en is die verspreiding oor tyd ook baie belangrik. Meimaand is die maand waarin geplant moet word. Die langtermyntendens is dat vir ‘n plek soos Moorreesburg die reënval sedert 1915 besig is om af te neem. Hierdie is duidelik ervaar deur produsente wat gesukkel het of byna nie betyds kon plant in die afgelope paar seisoene nie. Daar was ook ‘n effense afname in reënval oor tyd vir September en Oktober wanneer die wintergrane baie sensitief is vir droogte maar ‘n toename in reënval in November wanneer grane gestroop moet word.

    Vrystaat: Die Vrystaat was ‘n paar dekades gelede ‘n baie groot droëland koringprodusent. Droogtes en gevolglike min ondergrondse water in veral die laaste twee dekades was hoofsaaklik verantwoordelik dat die Vrystaat se koringopvlaktes met byna 80% verminder het in die laaste 2 dekades. Verskeie risikofaktore was verantwoordelik maar veral ondergemiddelde reënval in die kritieke maande van September en Oktober in die laaste paar dekades het swak opbrengste tot gevolg gehad. So byvoorbeeld het Clocolan in die Oos-Vrystaat in net 11 uit die laaste 20 jaar meer as 30mm reën in Oktober gehad. Dit verteenwoordig 55% van die jare. Indien dit vergelyk word met die tydperk vanaf 1950 tot 1999 het 78% van die jare meer as 30mm in Oktober gehad. In die sentraal na westelike dele van die Vrystaat lyk die situasie nog swakker. Addisionele risikofaktore wat die laaste paar jaar ‘n groter effek begin uitoefen is laatryp, warmer winters (minder koue-eenhede) en hitte-golwe in veral November.

    Besproeiingsgebiede: Hier is die grootste risiko wat veral in die laaste paar seisoene prominent was die voorkoms van baie laat koue en ryp. Dit is veral waargeneem in die toename in rypskade-eise uitbetaal deur versekeraars. Haelskades bly ook een van die groot risiko’s vir koringproduksie in die Somerreënvalgebied.
    Opsommend:
    Alhoewel daar ‘n groot produksieruimte is vir koring in Suid-Afrika, bly die klimaatsrisiko die belangrikste beperkende faktor. Daar is ook aanduidings dat veranderde weerspatrone die produksie van wintergrane verder kan beïnvloed. Dus moet produsente en voornemende produsente hulle deeglik vergewis van die risiko’s en risikobestuursaksies neem waarvan versekering een kan wees.

ADVERTORIAL

SANTAM

AGRI

Farming Diary

Jun
24

4:00 pm 06.24.2019 - 5:00 pm 06.25.2019

Jun
27

1:00 pm 06.27.2019 - 2:00 pm 06.28.2019

Jul
3

07.03.2019 4:00 pm - 5:00 pm

ENCA - Latest

Feed not found.