ADVERTORIAL

HOLLARD

VERSEKERING

  • Namate ek ouer word, raak Kersfees vir  my al hoe dieper. Miskien is dit nostalgie … so ’n mengsel van dankbaarheid en hartseer oor die herinneringe uit die verlede.

  • Die Suider-Afrika Agri Inisiatief Saai is teleurgesteld met die verslag wat die sogenaamde adviespaneel van kundiges oor grondhervorming aan die kabinet voorgehou het, en wil op hierdie stadium op kernaspekte van die verslag ’n teenoorgestelde standpunt stel.

  • Mag en gulsigheid het sogenaamde groot sakemanne en politieke leiers met al hulle grootman praatjies al baie gekos. Suid Afrika se politieke leiers is bekend daarvoor dat hulle net kan praat en delegeer en baie min van hulle se grootman praatjies het al sukses opgelewer. Suid Afrika se rand is 'n duidelike bewys van hoe swak Suid Afrika bestuur word. In 1999 was die prys skaars R1.00 per liter en die Rand/ Dollar R4.80. 

  • Agri SA is bekommerd oor die hoeveelheid plaasmoorde soos vandag deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bekendgemaak.

    Hoewel hierdie syfer 'n daling is van die 62 plaasmoorde in die vorige boekjaar, bly dit enorm en kom dit neer op byna vier moorde per maand. Die oorledenes was deel van noue gemeenskappe en hul moorde laat 'n bittere leemte.

    'Aanvalle op die landbougemeenskap en die brutaliteit daarvan, is onaanvaarbaar en neem kommerwekkende afmetings aan,' sê Tommie Esterhuyse, Agri SA Voorsitter van die Sentrum van Uitnemendheid: Landelike Veiligheid. 'Alles moet in die stryd gewerp word om dié gemeenskappe, wat verantwoordelik is vir voedselsekerheid in Suid-Afrika, te beskerm.'

    Hoewel die plaasmoordsyfer van die laagste is wat in die afgelope paar jaar aangeteken is, beteken dit nie dat die landbousektor minder paraat kan wees nie. Die tendens lyk belowend, maar die realiteit bly dat 47 moorde steeds 47 te veel is.

    'Plaasaanvalle en -moorde kom al dekades voor en drastiese optrede, ondersteun met die nodige politieke wil, is nodig om dit te voorkom.'

    Agri SA gee erkenning aan die boerderygemeenskap wat hul veiligheidstrukture en plaaslike inisiatiewe opgeskerp het, ten spyte van die hoë koste verbonde hieraan.

    'Landbouers maak noodgedwonge staat op privaat sekuriteitsmaatskappye, omdat die ondersteuning van plaaslike polisiestasies nie voldoende is nie. Die vennootskappe met die privaatsektor werp vrugte af en dra by tot die sukses van misdaadbekamping.'

    Volgens die SAPD se statistieke het veediefstal toegeneem. 'n Agri SA opname het gewys dat eiendomsverwante misdade - veediefstal, die diefstal van plaasinfrastruktuur en implemente - die grootste impak op die landbou het met skade wat miljarde Rande beloop. Veediefstal is al meer die teiken van georganiseerde misdaad en die polisie moet dit as sodanig ondersoek.

    'Die boerderygemeenskap meld al minder eiendomsverwante misdade aan, omdat daar nie meer vertroue in die strafregstelsel is om 'n suksesvolle vervolging van misdadigers te verseker nie. Net in Harrismith en Bethlehem is daar in die afgelope 15 maande meer as 2700 stuksvee gesteel en meer as 300 sake is aangemeld. Maar slegs een arrestasie is in die sake gemaak.'

    Agri SA moet egter erkenning aan die SAPD gee dat plaasaanval-statistiek by misdaad statistieke ingesluit word. Dit dui op 'n gesindheidsverandering by die polisie dat hulle die erns van die saak erken. In die verband verwelkom Agri SA ook die nuwe hersiene landelike beveiligingstrategie wat binnekort vrygestel sal word.

    'Agri SA was aktief betrokke by die opstel van dié hersiene strategie en hoop dit sal verder momentum aan plaasbeveiliging verleen en die landbousektor beskerm.'

    Die Agri Securitas Trustfonds het sedert sy bestaan in 1999, duisende boere en plaaswerkers gehelp beveilig. Agri SA én die Trustfonds sal voortgaan om hulself vir die veiligheid van elke landbouer, plaaswerker en landbougemeenskap te beywer.

  • Baie vrae word steeds deur produsente gevra oor die implikasies van die wet vir hulle en wat hulle te doen staan. Dit is kommerwekkend dat so ‘n mate van onkunde bestaan oor wetgewing waaraan grondeienaars reeds twee dekades lank behoort te voldoen. Deur miskien die wet en sy implikasies so bietjie uit te pluis kan ons sin maak daarvan en sien dat hierdie stuk wetgewing eintlik ‘n baie handige stuk gereedskap is in die produsent se deurlopende risikobestuursplan en die aksies wat hy moet uitvoer om sy eiendom te beskerm. Dis amper soos ‘n handleiding vir brandbestuur op die plaas, nie volledig nie, maar definitief ‘n duidelike maatstaf vir die minimum wat gedoen moet word.
    Die logiese beginpunt sou wees om te verstaan wat die wetgewer se doel met die wet was en steeds is. Die doel van hierdie wet is baie duidelik om veldbrande, bosbrande en bergbrande te voorkom en te bestry. Die wet maak voorsiening vir ‘n hele handvol maniere, mense en metodes om dit reg te kry. Natuurlik is daar ook ‘n stok bygesit en kan nie-voldoening jou ‘n swaar boete of selfs tronkstraf op die hals haal.

    So, wat sê die wet dan nou eintlik? Indien ‘n brand op jou eiendom kan begin of daaroor versprei het jy ‘n plig om te voldoen aan die wet. Dit beteken jy moet darem voldoen aan die volgende basiese vereistes:
    ‘n Brandbaan op die grens van jou eiendom wat “lank genoeg en breed genoeg moet wees om redelikerwys die verspreiding van ‘n brand te kan voorkom” is die deel wat ons almal altyd aan dink. Jou buurman het dieselfde plig wat dan beteken dat daar as’t ware ‘n dubbele baan op die grens sal wees (weerskante van die draad). Dit is belangrik om te weet dat “eienaar” hier ook huurder beteken.
    Die brandbaan hoef nie gebrand te word nie maar kan ook skoongeskoffel of chemies behandel word om dit skoon en vry van brandbare material te maak. Die wet gee egter vir jou die ruimte om dit alles te doen met inagname van die plaaslike klimaat, weerpatrone, terrein en plantegroei. Onthou jy mag nie gronderosie veroorsaak nie!
    Jy moet werkers hê met beskermende klere en die nodige toerusting beskikbaar om brande te bestry,
    In die geval van ‘n brand moet jy jou bure en ander belanghebbendes onmiddelik laat weet,
    Jy moet alles in jou vermoë doen om die brand te bestry en te verhoed dat dit versprei.
    Ek dink nogal hierdie lysie is, alhoewel voorgeskryf deur die wet, eintlik ‘n logiese lys van goed wat in plek moet wees alvorens die gevaartyd begin.

    Daar is natuurlik dan die vraag wat almal vra en dit is of dit dan enige sin maak om aan ‘n Brandbestrydingsvereniging te behoort. As ek al die bogenoemde doen dan is ek mos reg? Die wet is nie voorskriftelik daaroor dat jy aan ‘n BBV moet behoort nie, maar daar is duidelik twee of drie groot voordele daaraan verbonde om wel aan te sluit:
    Omgekeerde Aanspreeklikheid – As grondeienaar geld daar outomaties ‘n vermoede van nalatigheid teen my indien ek nie lid is van die BBV in my omgewing nie. Indien ek wel ‘n lid is dan rus die onus op die eiser om my nalatigheid te bewys.
    Indien ek deel is van ‘n BBV dan het ons mos ‘n gesamentlike plan en hulpmiddels wat ons kan gebruik om brande te bestry. Ons sou selfs as BBV kon aansoek doen by die minister om kwytskelding van brandbane maak in sekere omstandighede soos per ons brandplan.
    In alle waarskynlikheid sal jou versekeraar jou tegemoetkom indien jy wel ‘n lid is van jou plaaslike BBV en so kan jy dalk geld spaar.
    Die onderwerp is heelwat meer kompleks as wat in die bestek van ‘n paar honderd woorde bespreek kan word maar die inligting hierbo gee ‘n goeie aanduiding van die basiese waarna gekyk moet word. Vir my eie doeleindes het ek so ‘n “checklist” bymekaargesit van wat elke grondeienaar of huurder himself behoort af te vra rondom sy voorbereiding vir die brandseisoen:
    Is ek in beheer van die grond(huurder of eienaar) – dan is ek verantwoordelik volgens die wet.

    Vul JA of Nee in na die vraag, 


    Brandbane op Grens of soos per GOEDGEKEURDE plan?


    Buurman ingelig/betrokke/ooreengekom?


    Datum binne toegelate grense en brandpermit bekom?


    Toerusting in plek?


    Personeel opgelei/voldoende?


    Toesig?


    Reël hulp van BBV/WoF/Plaaslike Owerheid/ Rampbestuur


    Erosiebestuur?


    Beskerming van plantegroei bv groot bome op grens?


    Is my BBV lidmaatskap in plek?


    Is my versekeringsdekking behoorlik hersien?

    Daar sal mos nou altyd ‘n legio ander dinge wees waaraan die produsent behoort aandag te gee - die hele gesprek oor ‘n behoorlik hersiende versekeringspolis regverdig ‘n boek op sigself. Veral vir produsente wie se hele oes op land staan en blootgestel is wanneer die winde waai en vure versprei is daar allerlei maniere om ook met behulp van ‘n behoorlik opgeleide en geregistreerde makelaar verskansing te doen van die risiko. Die koste van vuur bestry is dikwels baie meer as net die oopdraai van ‘n kraan en die vashou van ‘n paar brandplakke. Is jy gereed daarvoor en toegerus om sinvol te help veg teen onwelkome vuur?

    Vir meer inligting, besoek www.hollard.co.za of kontak Andries Wiese by 011 351 5877 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it., of gesels met jou makelaar.

ADVERTORIAL

SASOL

FERTILIZER 

Farming Diary

Sep
17

2:00 pm 09.17.2019 - 3:00 pm 09.18.2019

Oct
3

10.03.2019 - 10.04.2019

Oct
29

10.29.2019

ENCA - Latest

Feed not found.