ADVERTORIAL

HOLLARD

Tafeldruiwe en rosyntjies- Suid Afrika

Rosyne en tafeldruiwe word wêreldwyd uitgevoer al is die Kakamasbedryf relatief jonk – hulle het in 1960 begin om druiwe vir rosyne te kweek, en eers in 1980 met tafeldruiwe begin.

Hierdie klein dorpie en sy omliggende plase verskaf 23,7% van die totale jaarlikse tafeldruif-oes van die Oranjerivier-distrik – en ʼn enorme 7,3% van die totale Suid-Afrikaanse tafeldruif-oes! 

Australië, Chili, Griekeland, Iran, Mexiko, Suid-Afrika, Turkye en die Verenigde State van Amerika oorheers die wêreldrosyntjie-uitvoermark. Suid-Afrika is die sesde grootste produsent van gehalterosyne vir die uitvoermark, waarvan die meerderheid (70%) in die Oranjerivier-vallei gekweek word. Die Verenigde State van Amerika en Turkye is die grootste rosyntjieprodusente in die wêreld – hulle gesamentlike produksie is omtrent  verantwoordelik vir  80 persent van die globale totaal.

Die VSA produseer na raming ongeveer 300 duisend ton, wat gelykstaande is aan 26% van die globale rosyntjieproduksie. Daar is 'n verhoogde globale vraag na rosyne wat gekoppel kan word aan verhoogde verbruik van rosyne in die wêreld, veral aangevuur deur die beweging na gesonder voedselkeuses. 


Groen druiwe bestaan uit ongeveer 22 tot 26 persent suiker, en die droog daarvan verminder die hoeveelheid water, en verhoog suiker tot 60 persent. Dit vat vier tot vyf pond groen druiwe om een pond rosyntjies te produseer.   Thompson-saadloos maak die grootste deel van globale rosyntjieproduksie uit – ongeveer 90 persent van alle rosyntjies bestaan uit Thompson-saadloos. Thompson-saadloos is 'n wit, dunvel-druif wat die beste rosyne wat vandag beskikbaar is, produseer. Die klein bessies is ovaal en verleng, bevat nie sade nie, en het 'n hoë suikerinhoud.

Bemarkingsketting begin vanaf die boer na die sekondêre verwerkers en daarna na die kleinhandelbedryf en uiteindelik na die verbruiker. Die prys van die rosyne word bepaal deur die gehalte en grootte van die oes – byvoorbeeld, as die oes klein was, sal die prys hoër wees as gevolg van die lae aanbod. Rosyne word gegradeer as óf industriële graad wat plaaslik verkoop word aan die sekondêre verwerker (of direk aan die kleinhandelaars), en rosyne van ʼn beter gehalte word uitgevoer.


Suid-Afrika is 'n netto-uitvoerder (meer uitvoer as invoer) van rosyne, omdat ons meer produseer as wat ons plaaslike mark kan gebruik. Suid-Afrika word beskou as die wêreld se sesde grootste produsent van hoëgehalterosyne vir die uitvoermark. Sowat 70% van die druiwe vir droogmaak, word  gekweek word in die Noord-Kaap langs die Oranjerivier.

Rosyntjieproduksie vind ook plaas in Namakwaland, en sommige dele van die Wes-Kaap.  Suid-Afrika voer meer as 50% van sy rosyntjieproduksie uit na internasionale markte, met die Verenigde Koninkryk en die Europese lande ons belangrikste uitvoermark. Hierdie twee markte was verantwoordelik vir meer as 63% van ons totale rosyntjieuitvoer in 2012. Ander uitvoermarkte is Noord-Amerika en Kanada ( 20%), die Verre Ooste en die Midde-Ooste.

Tafeldruiwe
 Volgens die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf Industrie (SATGI), is  Suid-Afrika die Noordelike Halfrond se oudste en mees betroubare verskaffer van tafeldruiwe. Tafeldruiwe is druiwe wat bedoel is vir verbruik terwyl hulle vars is, in teenstelling met druiwe wat gekweek word vir die produksie van wyn, sap of om te droog vir rosyntjies. Tafelgewasse het gewoonlik ʼn laer suikerinhoud as wyndruiwe. Suid-Afrika produseer 'n wye verskeidenheid tafeldruiwe wat oor 'n tydperk van sewe maande geoes word – die oestydperk begin in Oktober en eindig in Mei. Die hoofdruiwekultivars is Thompson Seedless, Crimson Seedless, Red Globe, Prime Seedless en Sugraone. 

China is die grootste produsent van tafeldruiwe in die wêreld. Turkye, die EU -27 en Brasilië is van die ander topprodusente van tafeldruiwe.

Noord-Europa en die Verenigde Koninkryk is die belangrikste bestemming vir Suid-Afrikaanse tafeldruifuitvoere, met 56% wat uitgevoer word na noordelike Europa, en 23% na die Verenigde Koninkryk. Kleiner Suid-Afrikaanse uitvoermarkte  is Suid-Oos Asië en die Midde-Ooste. 
Die aanvraag na pitlose tafeldruifkultivars het stedelik toegeneem in die afgelope ses seisoene, en die produksie van swart pitlose variëteite het die meeste gestyg.  

Aanvraag na pitdruifgewasse het steeds gedaal, en hierdie tendens kan toegeskryf word aan die verbruikersmaak in Noord-Europa en die Verenigde Koninkryk wat leun in die rigting van gerief.

In Suid-Afrika het ons vyf belangrike tafeldruifproduksiestreke, naamlik die Noordelike Provinsie, die Oranjerivier-streek, die Olifantsrivier-streek, die Bergriviervallei-streek en die Hexriviervallei-streek. 

Noordelike Provinsie: Hierdie streek se subtropiese klimaat kombineer ʼn vroeë somer en warm klimaat en is dus die ideale klimaat vir druifvariëteite wat vroeg ryp word (November tot middel Desember). Alhoewel hierdie streek die meeste produsente het (116), en die grootse area wat verbou word (5254 ha), produseer dit net 7,8% van die Suid-Afrikaanse totaal.

Olifantsrivier-streek:  Die warm klimaat van die Clanwilliam- en Vredendal-omgewing beteken ook druiwe wat vroeg ryp word.

Bergriviervallei-streek: Die Mediterreense klimaat help om mid-seisoen druiwe van hoogstaande gehalte te produseer -- Red Globe, La Rochelle,

Bonheur, Thompson Seedless en Alphonse Lavellee. Hierdie streek is verantwoordelik vir 23,6% van Suid-Afrikaanse tafeldruiwe.

Hexriviervallei-streek: Die Hexriviervallei het 74 produsente, wat altesaam verantwoordelik is vir 33,7% van Suid-Afrika se tafeldruifproduksie.

Hierdie streek het ʼn unieke klimaat wat aanleiding gee tot middel-van-die-seisoen tot laat-seisoen-druiwe – La Rochelle, Crimson Seedless, Bonheur, Dauphine en Barlinka.

Oranjerivier-streek: Hierdie streek is verantwoordelik vir die soetste druiwe as gevolg van die warm winters en warm, droë somers. Die grootse gewas wat hier aangeplant word, is die Thompson-saadloos. Meer as 30,8% van totale Suid-Afrikaanse produksie word deur 52 boere op net 998ha gekweek, met ʼn totaal van 1 823 797 wingerde.

Die verbouing van rosyntjies en druiwe is dieselfde, maar deesdae plant hulle die druiwe aan op ʼn gewelkap (in die ou dae het hulle op ʼn teëkap gegroei) want dit maak die pluk van die druiwe makliker.


 Rosyntjiekultivars doen baie goed in Kakamas, en sultanas word spesifiek vir rosyntjiedoeleindes geplant want hulle is baie meer bestand teen die reën. Die sultana het ʼn klein korreltjie van so 6 tot 7 mm en vir uitvoer word dit met natuurlike stowwe (Jip gebreloniensuur) gespuit -- dan vergroot die sultana tot 18 mm.  Dit is baie arbeidsintensief want die sultana moet elke tweede dag gespuit word vir drie weke. 

Met die Meirbein-siklus kan ʼn mens ʼn konstante goeieproduksie handhaaf – ongeveer 40 ton per hektaar. Produksie van sultanas is bietjie meer wisselvallig – dit wissel tussen 8 tot 28 ton per hektaar.

Rosyne word op matte en sementbane onder sinkdakke teen ʼn temperatuur van 38 tot 42 grade vir sewe tot nege dae gedroog. 
Daar is verskillende druifvariëteite wat as rosyne gedroog word: Prime, Flame, die pitlose Festival, die Thompson Pitloos, die Red Globe, en die Midnight Beauty.

Die rosyntjiebedryf is op die oomblik die gesondste wat dit nog ooit was en pryse het na deregulering drasties gestyg.  Goue Jumbo word geproduseer uit die oorskot uitvoerdruiwe wat dan geswael word.
Die druiwe word verskaf aan aankopers wat dit onder hulle eie handelsname bemark. Ek kies aan wie ek wil lewer, pak dit in ʼn stoor, hulle gradeer dit en gee vir ʼn skaalprys.

Daar kan groot verliese met tafeldruiwe saamgaan: met die vroeë kultivars kan die voëls tot 40% skade in sewe dae veroorsaak. Die druiwe is ook baie sensitief vir ryp, en hael beteken ook groot verliese. Hulle verminder hul verliese deur die druiwe toe te maak. 

Die weer speel ʼn baie belangrike rol in rosyntjieproduksie, en die weerpatrone het baie verander in die laaste jare en die verpakkingstyd word stelselmatig later en later.

Reën het ook ʼn groot impak – net een reënbui sit rosyntjieverpakking nege dae terug. Die Midnight Beauty-druif is maar moeilik want hy hou nie van ʼn druppel reën nie.  

Ons het geen produksie syfers beskikbaar vir die huidige seisoen nie, aangesien hierdie meer indeels 'n inligtings artikel is.  

Lees die volle artikel op die adres soos hierbo aangedui. 


ADVERTORIAL

SASOL FERTILIZER

Farming Diary

Mar
11

8:00 am 03.11.2019 - 9:00 am 03.13.2019

Mar
12

8:00 am 03.12.2019 - 9:00 am 03.13.2019

Mar
12

8:00 am 03.12.2019 - 9:00 am 03.14.2019

All Africa News: Latest

Feed not found.