ADVERTORIAL

HOLLARD

Water is lewe- Suid Afrika

Die blou kleur is inderwaarheid die hoeveelheid water wat op die oppervlak beskikbaar is. Ongeveer 70% van die aarde se oppervlak is met water bedek, maar hiervan is ongeveer 97% soutwater en die oorblewende 3% varswater. Van hierdie 3% is minder as 1% beskikbaar vir lewe op aarde, terwyl die res in die vorm van ys by die pole, is. Maar waar kom water vandaan?

Die water op aarde is baie oud. Dieselfde water wat ons vandag gebruik, is miljoene jare gelede deur die dinosaurusse, gebruik. Dis omdat die aarde sy water herwin, met ander woorde, sy water hergebruik. Hierdie herwinning van water word die watersiklus, genoem. Water op aarde bestaan uit waterdruppeltjies en kom voor in oseane, rivier, mere, damme, swempoele, die grond, ens. Die son se hitte veroorsaak dat sommige van hierdie druppels van ‘n vloeistof na ‘n gas verander, wat ons waterdamp noem. Hierdie waterdamp styg na die atmosfeer. Soos wat hierdie waterdamp styg, koel dit af en verander van ‘n gas na ‘n vloeistof, met ander woorde terug na waterdruppels. Dit word kondensasie genoem.

In die atmosfeer, bind hierdie waterdruppels saam en vorm wolke. Wanneer die waterdruppels te swaar raak om in die atmosfeer te bly, val hulle terug aarde toe in die vorm van reën, sneeu en hael. Ons noem dit neerslag. Sommige van hierdie druppels val in die see, sommige in strome en riviere, sommige in damme en mere. Ander val op die grond waar dit óf in die grond wegsypel, óf op die oppervlak wegvloei na riviere, mere, damme of oseane. Water ken geen grense nie en soos dit oor die aarde se oppervlak vloei, word dit deur plante-, diere- en mense-gemeenskappe gebruik om te oorleef. Hierdie waterdruppels word dan weer deur die son verhit en die hele siklus word herhaal.

Die hoeveelheid water op die aarde is konstant en kan nie verhoog of verminder word nie, maar word nie eweredig oor die aarde versprei nie. Suid-Afrika het ‘n gemiddelde jaarlikse reënval van 492 millimeter, terwyl die res van die aarde, 985 millimeter kry. Dis bykans die helfte van die aarde se gemiddeld. Suid-Afrika word derhalwe as ‘n waterskaars land geklassifiseer.

Daarbenewens is daar ook ‘n ongelyke verspreiding van reënval binne Suid-Afrika. As gevolg van die aard van die weerstoestande, is die oostelike gebiede van die land baie natter as die westelike dele. Verder ondervind Suid-Afrika alternatiewe periodes van droogtes en vloede, wat die hoeveelheid water oor die land, beïnvloed. Daarbenewens lei warm, droë toestande tot hoë verdamping. Wetenskaplikes voorspel dat Suid-Afrika met aardsverwarming baie natter reënseisoene en baie droër droogtes, gaan beleef. Dit sal op sy beurt lei tot meer vloede en droogtes.

Daar is tans baie damme regoor Suid-Afrika wat hierdie kosbare water opgaar. Daar is ook talle waterstelsels wat water deur middel van pompe, pypleidings en kanale van een opvanggebied na ‘n ander vervoer. Gauteng se water word uit die Vaaldam-opvanggebied voorsien, wat die Vaal- en Wilgeriviere en hul takriviere, insluit. Daar is twee waterstelsels wat in die Vaaldam-opvanggebied invloei, naamlik die Lesotho-Hooglandprojek (wat water uit die Lesotho-gebergtes verkry) en die Thukela-Vaalprojek, wat water uit KwaZulu-Natal verkry en soos nodig, in die Vaaldam-opvanggebied, stort. Volgens die Departement van Water- en Omgewingsake, sal die vraag na water die aanbod daarvan in Gauteng teen 2013 – en die res van die land teen 2025 - oorskry.

42% van die land se 14 000 rioolaanlegte ook nog in ʼn krisis, wat beteken water word nie deeglik gesuiwer vir hergebruik nie, of nog erger waterbronne word besoedel.  35% van die land se water iewers in die stelsels, terwyl party munisipaliteite die helfte van hulle gesuiwerde water verloor voordat dit by krane uitkom.“Die nuwe regering in 1994 se dryfveer was om almal van water te voorsien. Dit het daartoe gelei dat daar vergeet is van onderhoud omdat daar so groot fokus was om water na informele nedersettings te neem. Dit is veral die ouer dorpe wat nou hieronder ly, sommige van die waterpype is ʼn 100 jaar oud en daardie pype is nog nooit vervang nie. Dit word net gelas en omdat die pype al so oud is, is daar ook nie meer onderdele vir hierdie pype nie.

Die land beskik oor onder meer 35 000 km se markropype en ʼn 11 000 km lange pypstelsel wat daagliks onderhou en bestuur moet word. In die 1960’s het Suid-Afrikaanse ingenieurs waterprojekte aangepak wat vandag nog as visionêr beskou word om water vanuit Lesotho oor etlike kilometer na Suid-Afrika se ekonomiese hartland, Gauteng, se sowat 14 miljoen inwoners, te pomp.

Suid-Afrika kan nie meer damme en waterstelsels bekostig nie, omdat hulle te veel kos. Water is dus in groot aanvraag in Suid-Afrika en namate die menslike bevolking vergroot, tesame met die meegaande behoeftes van oorlewing, hoe groter raak die vraag na water.

Watergebruik in Suid-Afrika

Landbougebruik (insluitend besproeiing) 60%
Omgewingsgebruik 18%
Stedelike en Huishoudelike gebruik 11.5%
Mynbou en Nywerheidsgebruik 10.5%

‘n Bykomende probleem tot hierdie aanvraag, is watergehalte. Watergehalte word beskryf as water wat veilig, drinkbaar en aanvaarbaar is vir alle lewe op aarde. In Suid-Afrika word die skaars bron van vars water verder deur besoedeling en die vernietiging van die natuurlike opvanggebiede as gevolg van verstedeliking, ontbossing, opdamming, vernietiging van vleilande, nywerheid, mynbou, lanbou, energieverbruik en toevallige waterbesoedeling, verminder. Soos die bevolking vermeerder, so verhoog besoedeling en die vernietiging van die opvanggebied.

Die Vaalrivier is een van die riviere wat totaal en al op sekere plekke baie sleg besoedel is. Die onvermoee van die huidige regering om ons water te beskerm kos ons land baie... menslike lewe hang daarvan af en die mense verstaan dit nie. 

Water sirkuleer deur die land net soos deur die menslike liggaam.

Dit vervoer, ontbind en vul voedingstowwe en organiese materiaal aan, terwyl dit afvalmateriaal wegvoer.

Verder reguleer dit die aktiwiteite van vloeistowwe, weefsel, selle, limf, bloed en klierafskeiding in die liggaam.

Die gemiddelde volwasse liggaam bevat sowat 42 liter water en, met ‘n verlies van slegs 2.7 liter, kan ons liggame dehidreer en simptome van geïrriteerdheid, moegheid, senuagtigheid, duiseligheid, swakheid en hoofpyn tot gevolg hê.

Die water wat ons drink maak voorsiening vir selfunksie, daarom beinvloed die afname in ons daaglikse waterinname die doeltreffendheid van sel-aktiwiteit en die skoonmaak van die liggaam.

Chroniese dehidrasie kán dus ernstige nagevolge vir die menslike liggaam inhou.

Water word sedert die antieke tyd gebruik as simbool van reinheid en genesing.

Ons almal weet van die eenvoudige, maar doeltreffende, kalmerende eienskappe van ‘n warm bad of die verfrissende gevolge van ‘n koue stort.

Daar is historiese rekords van koue fonteine se genesende doel sedert die 14de eeu en verskeie plekke in die wêreld is nogsteeds bekend vir hul genesende plekke.

In teenstelling met die verlede, het die ontwikkelde tegnologiese samelewing afsydig gestaan teenoor hierdie teken van lewe.

Ons natuurerfenis, soos riviere, seë en oseane is uitgebuit, mishandel en besmet.

Die agteruitgang van mariene en rivieroewers lewe, die voorkoms van groen alge in die riviere en die stank en slyk wat kom as gevolg van verrotting in die water, is duidelike tekens van die diepte en omvang van ontwrigting wat die oorsaak is van hierdie ingewikkelde ekosisteem.

Suid Afrika se regering staan oral bakhand om geld te kry vir investering, wat byna niks te doen het om die watergehalte in Suid Afrika te vebeter nie. Die regering se gulsigheid en politike mag dryf hulle na meer kapitaal en maniere om geld te kry.

Die President se prioriteite is verkeerd. Hy wil werk skep terwyl mense se voortbestaan gekoppel is aan skoon water. 

Alles gaan oor "show"- die grondberaad, die beleggings beraad en nog ander. Almal in die kring is net daar vir hulleself.

Water is die voortbestaan van alle lewende wesens, diere en plante- maar Suid Afrika se regering vee dit onder die tafel in.

Johann ANN


ADVERTORIAL

SASOL FERTILIZER

Farming Diary

Mar
11

8:00 am 03.11.2019 - 9:00 am 03.13.2019

Mar
12

8:00 am 03.12.2019 - 9:00 am 03.13.2019

Mar
12

8:00 am 03.12.2019 - 9:00 am 03.14.2019

All Africa News: Latest

Feed not found.