ADVERTORIAL

HOLLARD

Kommentaar oor die grondslag waarop grond onteien gaan word wat vanoggend bekend gemaak is:

“Die nuwe wetsontwerp oor onteiening wat oor die volgende twee maande in die parlement ter tafel gelê gaan word, mag dalk ’n duideliker prosedure vir grondonteiening sonder vergoeding daarstel, maar dit bly ‘n suiwer onaanvaarbare politieke doelwit wat steeds ‘n groot bedreiging vir voedselsekerheid en die landbou se bydrae tot ekonomiese groei inhou,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.

 

Hy sê die vestiging van klein bestaanboere op klein stukkies grond wat nie op ‘n kommersiele basis ontwikkel kan word nie, soos deur die Nasionale Ontwikkelingsplan voorgestel is, sal nie finansieel oorleef nie en in werklikheid in ‘n armoedelokval gedompel word.

 

Die kans dat die twee departmente van landbou ooit die vereiste kapasiteit sal hê om swart ontwikkelende boere te ondersteun en suksesvol te vestig is, soos in die verlede duidelik bewys is, uiters skraal.

 

“Voedselsekerheid kan slegs volhoubaar wees as die produksie van voedsel winsgewend is.”

 

Die insluiting van “grond waarop ‘arbeidhuurders’ boer terwyl die eienaar afwesig is” sal ‘n groot bedreiging vir kommersiële boere wat op meer as een plaas boer en wat volgens watter maatstaf ookal nie altyd op al sy grond teenwoordig kan wees nie, terwyl dit juis hierdie groter boere is wat to soveel as 80% van die land se voedsel produseer .

 

“Daar moet gevolglik geen twyfel bestaan nie dat hierdie grondslag waarvolgens grond sonder vergoeding onteien gaan word landbouproduksie dramaties sal verswak wat beteken dat groter armoede en ongekende hongersnood nie daarvan uitgesluit kan word nie,” sê Brink.

 

Vriendelike groete

 

Fanie Brink

Onafhanklike Landbou-Ekonoom/Independent Agricultural Economist

Posbus/PO Box 366

Bothaville

9660

Suid-Afrika/South Africa

+27 82 573 5661

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 


ADVERTORIAL

SASOL FERTILIZER