Impak van Covid-19 op die Suid-Afrikaanse katoenbedryf

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Hoewel wêreldwye finansiële markte herstel het van die afverkoop weens vrese rondom die Wuhan Coronavirus, is die negatiewe impak op Suid-Afrika se ekonomie nog nie werklik gevoel nie.

Die siening van ekonome in Suid-Afrika is dat die werklike impak van die virus nie onmiddellik plaaslik gevoel sal word nie, maar as China se ekonomiese groei as gevolg van die impak daarvan vertraag word sal die vraag na uitvoere van Suid-Afrika ook waarskynlik afneem.

Die binnelandse katoenpryse het gedaal met 1,9% hierdie week maar pryse is nog steeds 1,8% hoër in vergelyking met pryse 'n jaar gelede. Die onsekerheid oor die vraageffekte van die Coronavirus het 'n invloed op internasionale katoenpryse gehad. Suid-Afrika voer die meeste van sy gewasse uit terwyl plaaslike katoenpryse die beweging in internasionale katoenpryse volg.

Die wêreldproduksie vir katoen is grootliks onveranderd met verbruik wat verwag word om te daal in China te danke aan die Corona uitbreek. Ten slotte, is dit onwaarskynlik dat die Suid-Afrikaanse uitvoere na die Verre Ooste negatief geraak sal word, veral teen die agtergrond van die feit dat plaaslike uitvoere slegs 0,2% van die totale uitvoere na China verteenwoordig.

RSA katoenproduksie

Die tweede amptelike katoenskatting dui op 'n oes van 146743 bale vesel wat 'n 30% daling teenoor die vorige seisoen verteenwoordig. Dit sal die eerste daling sedert die 2014/15-seisoen wees terwyl die vernaamste redes vir die daling toegeskryf kan word aanongunstige weerstoestande wat voor en na planttyd geheers het asook onvoldoende saadbeskikbaarheid met planttyd. 'n Bykomende faktor was die relatiewe gunstiger mielieprys ein die begin van die seisoen.

Wêreldeindvoorrade verwag om te verlaag in 2019/20

Wêreldeindvoorrade word geprojekteer om met 1% tot 18 miljoen ton te verminder teen die einde van die 2019/20 seisoen, wat ongeveer 2/3's van wêreldverbruik hierdie seisoen sal verteenwoordig. 'n Vyfde agtereenvolgende afname in die wêreldeindvoorrade word voorspel, dit verteenwoordig 'n vyfde agtereenvolgende seisoensafname sedert die uitermatige hoë voorrade van die 2014/15 seisoen.

Die balans van voorraad gehou deur China en buite China word verwag om voort te gaan met 'n 5,5% vermindering van Chinese eindvoorrade tot 8,4 miljoen ton en 'n 3% toename in eindvoorrade gehou deur alle ander lande tesame op 9,6 miljoen ton. Die daling in eindvoorrade sal na verwagting gedryf word deur die huidige skatting vir bestendige wêreldverbruik te midde van 'n effense 1% toename in wêreldproduksie.

Deurlopende handelsonsekerhede en bekommernisse vir ekonomiese groei sal voortgaan om die globale katoenhandel en tekstielvraag te beïnvloed. Die Covid-19 uitbreek in China het bykomende onsekerheid verskaf aan die vervaardiging-en voorsieningskettings in Asië wat groei sal vertraag. Hoewel die verdere impak van die Corona steeds onbekend is, het die potensiaal vir 'n wêreldwye ekonomiese verlangsaming addisionele stremming op die sektor geplaas. Katoenpryse het onder druk gekom, maar huidige projeksies vir wêreldverbruik in 2019/20 bly by 26,2 miljoen ton, terwyl produksie tans op 26 miljoen ton geprojekteer word.