ADVERTORIAL

HOLLARD

Waatelemoene 'n lekker kontant gewas vir jou kontanvloei- Suid Afrika

Dis Oktober maand en dis net die regte tyd om Waaetlemoene aan te plant veral as jy in die Wes- Vrystaat bly en 'n bydra wil lewer tot jou kontantvloei in Januarie 2019- 1 hektaar en meer is 'n goeie begin. In die laat negentig jare het sekere somergraanprodusente begin om in die Sandgronde van die Wes Vrystaat in Wesselsbron tot soveel as 200 hektaar waatelemoene aan te plant.

Op droeland het hulle tot soveel as 3000 bemarkbare vrugte per hektaar afgehaal en doen dit nog steeds vandag. Waatelemoene verkoop vandag op markte vir nie minder as R30 nie en baie hoe pryse is al behaal.

Waatlemoene het direkte sonlig nodig en ook goeie lugsirkulasie om bestuiwing te vergemaklik. Planttyd is tussen Augustus en vroeg Februarie, afhangende van die area.

Minimum temperatuur vir saadontkieming is 18oC en maksimum is 30-35oC met optimum dagtemperature van 20-32oC en nagtemperature tussen 18-21oC.

Spasiëring is omtrent 500 mm by 2 meter en as jy saad gaan plant, is die optimale digtheid 3-4 kg saad per hektaar.

Die gewildste kultivars wat in Suid-Afrika aangeplant word, sluit in Charleston Grey, Sweet Princess, Crimson Sweet en Congo en nog vele ander nuwe cultivars.

Waatlemoene verkies ligte, lomerige, goed gedreineerde grond met ‘n pH van 5.5 – 7.5. Die ideaal sou wees om die grond te laat ontleed voor enige aanplantings om sodoende die geskikste bemestingsprogram te bepaal. Berei die grond goed voor deur genoeg humus, kompos of goed gedroogde kraalmis in te werk voordat jy plant. As hierdie vooraf grondbehandeling goed gedoen is, is die eerste bemesting eers nodig wanneer die lote 15-30mm lank is.

Bemesting vir waatlemoene is belangrik omdat vruggrootte en kwaliteit daardeur bepaal word. Stikstofbemesting behoort gestaak te word wanneer blomme vorm, maar kalium en fosfaatbehandelings moet voortgaan tot net voor oestyd. Genoegsame  besproeiing vanaf blomvorming is ook belangrik. Om ‘n diep wortelstelsel te stimuleer, moet die grond net na aanplanting tot ‘n diepte van omtrent 450mm besproei word.

Omdat waatlemoene redelik water nodig het, is drupbesproeiing verkieslik, veral waar  grootskaalse aanplantings gedoen word, maar oorhoofse besproeiing is ook geskik.

Onkruidbeheer is belangrik, maar a.g.v. die groeiwyse van die plante, is meganiese beheer nie juis geskik nie.

Die vrugte is gereed om gepluk te word wanneer die fyn lootjies aan die steelkant bruin word en uitdroog. Kyk ook na die onderkant, waar die vrug op die grond lê. As dit van groen na roomkleurig verander het, is die waatlemoen ryp.

Insekte wat probleme kan veroorsaak, is snywurms, plantluise, blaaspootjies, kewers en aalwurms (alhoewel  lg. nie ‘n insek is nie).

Swamsiektes wat kan lol, sluit donsige skimmel in en dan is daar ook ‘n virussiekte wat kan voorkom, nl. waatlemoen mosaïekvirus, terwyl stamvrot ‘n bakteriese infeksie is.

Jy moet elke week bereid wees om blaarvoeding toe te dien en seker te maak dat jou vrugte gesond is en gewig optel. 

Bemarking geskied gewoonlik deur die varsprodukte markte van Suid Afrika.  

Dalk is dit tyd vir 'n bietjie afleiding en dis dalk iets om te leer en later uit te brei.  Johanel ANN 


ADVERTORIAL

SASOL FERTILIZER