ADVERTORIAL

HOLLARD

Jy is Landbouer in murg en been. Suid Afrika

Die gemoedere van die Landbouers en hulle gesinne  so voor die nuwe seisoen is dalk nie so lekker nie agv die politieke onrus en onsekerheid in ons land.

Maar as Oktober maand aanbreek dan kry elke landbouer daardie lus om saad in die grond te kry. Dis asof alles in jou begin lewe kry en jy die somer en sonskyn elke oggend dou voor dag ruik.  Dan weet jy, jy is 'n ware Boer.

Ons lees daagliks in die media wat se negatiewe uitsprake daar gemaak word ten opsigte van Landbou en grondhervorming. Daar was nog nooit soveel belangstelling in  Landbou en sy mense nie- dis asof elke inwoner nou iets in die grond wil kry en suksesvol kos produseer . 

Suid Afrika se Landbou leiers is gerat en reg om saam met die regering die grondhervorming suksesvol op te los. Alles is in plek en grond gaan nie sonder vergoeding geneem word deur die regering nie. Saam sal die probleme opgelos word. 

Wat is die plan vorentoe.

Elke boerdery het sy eie probleme en sy eie hindernisse wat oorkom moet word. Daarom is dit belangrik om vroegtydig planne in plek te kry vir die jaar en 'n nuwe seisoen.

Moenie vir ander mense kyk nie, dis jou keuse en jy moet self hieruit kom en jy sal hieruit kom want jy het die wysheid insig en geloof. Jy het gekies om te boer- en daarom maak jy 'n sukses daarvan. 

Moenie luister na bangmaak stories van mense wat hulle posisies gebruik om jou bang te maak of te manipuleer nie. Behou jou integriteit en jou selfrespek. Moenie jouself dieper in 'n probleem praat en dink nie. Die media in Suid Afrika is oor die algemeen baie negatief en soek sensasie. Neem kennis van wat gebeur en deel daarmee.  

Jy het nie nodig om met jou hoed in jou hande te staan nie.  Bly in beheer en moenie dat jy enigsins minderwaardig voel teenoor enige mens nie. Jy is nie deel van 'n trop skape nie- staan uit - want jy is landbouer. 

Ondersoek jou boerdery, verander sekere gewoontes wat nie suksesvol funksioneer, en net 'n las is.

Verander jou gewoontes. Raak ontslae van goed wat jou geld kos en nie geld inbring nie.

Jy is in oorlewing gewikkel en jy kan altyd weer die goed aankoop of hervat as jy weer finansieel sterk is. Dink met jou kop en moenie dat emosie jou denke oorheers nie.

Elke nuwe jaar is beter as die vorige jaar- Vat hierdie nuwe jaar met alle mag en krag- en glo in jouself. 

Leer om dankie te se- glo my jy, jy het meer om voor dankie te se,  as om oor te klae.

Om elke dag bekommerd te wees oor alles, maak jou siek, sorg dat jy gesond bly, kyk na jouself en jou gesin. Ondersteun jou werkers en hou hulle ook positief.

 Eet reg, doen oefening, slaap genoeg en moenie dat “stress” jou wakker hou nie.

 Die pilletjies van Dokters kan jou denkwyse benadeel, as jy sukkel om positief te wees soek die regte hulp by mense wat weet. Praat positief en dink positief. Weerhou jou van negatiewe mense wat aanmekaar klae oor alles. Glo in jouself en wees sterk in jou geloof.

Alles het 'n einde, die onsekerheid sal ook verbygaan- en onthou as jy glo dit gaan sleg gaan- dan gaan sit sleg gaan. Kry eenheid in jou huisgesin, jou werkers en jou boerdery gemeenskap. 

Jy is mos 'n boer, in murg en been.

Johanel- 


ADVERTORIAL

SASOL FERTILIZER