Ons land se boere en hulle huisgesinne ervaar Trauma, Angs en Depressie

Ons land se boere en hulle huisgesinne ervaar Trauma, Angs en Depressie

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

As jy nog nie in die spore van 'n ware landbouer gestap het nie, weet jy nie wat dit is om 'n ware landbouer te wees nie. 

Dis net 'n ware landbouer wat sy geld in die grond of in 'n ander boerdery eenheid bele het- wat weet hoe dit is om dit  te verloor- ten spyte van die feit dat hy dit met geloof en oorgawe aangepak het.  Om geld te verloor in die natuur is anders as om geld te verloor agv van mense en sogenaamde leiers wat onbevoeg is om te regeer. Die is 'n vernedering,frustrasie en daarby 'n absolute skande. 

Die natuur gee dit wat jy verloor het weer terug- 7 voudig.

Die onstabiele regering van Suid Afrika, en sekere ombekwame leiers met hulle gulsigheid na geld en mag, hulle onproduktiwiteit en leierloosheid asook hulle toksiese gees van vernietiging en lee beloftes, plaas ontsettende druk op inwoners van Suid Afrika, wat elke dag werk om geld te verdien, waarvan die regering 40% plus wil he. Dis asof almal net wil gryp wat voorkom en hulle self verryk. Die regering is direk verantwoordelik vir ESKOM se probleme. 

Damme en riviere is vol en oeste staan en verdroog op die lande.  Dit noem mens  'n "Groen of waterdroogte"

Talle boere staan elke dag voor sy boorde  en sien hoe die plante smag na water- maar daar is geen krag nie.

Weens beurtkrag kan die waterpompe nie loop nie. Spilpunte staan droog tussen die bome.

Hoe moet jy jou vrugte in die koelkamers hou? Jy kan nie . . .

Daar is boere wat dit oorweeg om hul grond te verkoop, want die finansieele verliese is net te groot. Wie gaan die grond koop sonder krag?

Hoe hou jy hoender hokke op dieselfde temperatuur,-  ? hoe slag jy hoenders en bewerk dit reg ?? -  en daar is nog baie om op te noem.

HOE BOER JY EN HOE BESTUUR JY ENIGE BESIGHEID SUKSESVOL in 2023 SONDER ELEKTISITEIT.

Boere gaan deur trauma. As jou hele lewensbestaan afhang van iets waaroor jy geen beheer het nie, al doen jy wat, verval jy in ’n traumabinding wat jou geheel en al affekteer, - die dokters of sielkundiges kan mooi praat en pilletjies gee... hulle weet niks van jou boerdery af nie.

Die gevolge van permanente bekommernis is baie verder is as wat Pharma kan kyk.

Die aanhoudende negatiewe denke en bekommernis oor hoe en waar gaan daar geld vandaan kom, veroorsaak inflammasie en daarby saam kom verkeerde kosse, suiker, drank en dit veroorsaak dat jou liggaam toksies kan raak.

Dit is ’n bose kringloop: Hoe meer jy wil doen om jouself te help, hoe minder kan jy doen.

Boere wat steier onder beurtkrag ervaar angs wanneer hulle nie weet of hulle hul vrugte of melk sal kan koud hou, hul boorde kan water gee en hul gesinne veilig kan hou wanneer die krag snags afgaan en die alarm nie geaktiveer kan word nie. 

As jy angs het, voel dit vir jou asof alles buite beheer is. Dit beïnvloed jou senuweestelstel en jy kan in ’n veg-of-vlugposisie wees.

Een van die eienskappe wat 'n ware Landbouer moet he, is om besluite te neem. Dit is baie belangrik om dit te kan doen. Mense redeneer soms weke lank, maar kan nie besluit nie.

Hoe neem jy besluite as jou boerdery in die hande is van 'n onproduktiewe en onbevoegde regering wat in 28 jaar ons land tot in die grond bestuur het.

Simptome van depressie toon, slaaploosheid, te veel eet, te min eet, te veel drink, kom voor wanneer dinge verkeerd loop. Ons mense verloor belangstelling in dinge en kan irrasionele gedagtes kry.

 Die gesondheid van jou liggaam is jou verantwoordelikheid.- Suid Afrika

Ons boere staan elke dag met nuwe uitdagings.

Die vrees dat hy finansiele skade gaan ly – of reeds het – en of hy na sy gesin sal kan omsien, sy werkers kan betaal en kan verseker dat almal veilig is, skep gevoelens van magteloosheid, hopeloosheid, onwerklikheid en skok.

Ons landbouers plaas kos op jou tafel elke dag- inteendeel daar is duisende mense wat uit ons landbouers se produk geld verdien- geld wat baie keer nie eers voor gewerk is nie- en net deur kommissie verdien is.

Ons landbouers moet sterk staan in hulleself -jy is vir geen mens versigtig of bang nie- vergeet van jou trots en baklei vir solank jy in die hoek is- jy sal oorleef. Jy kan dit alleenlik doen as jy fisies, geestelik en liggaamlik sterk is. 

Daar is net een manier om na jou liggaan om te sien- en dis die regte manier. 'n Klomp " duur voorgestrewe lekker voel  pilletjies of vitamine pille in jou hand elke oggend -help nie- nog minder al die pille en wonderwerke wat jy op sosiale media of die media gesien het. 

Jy moet jou ligaaam volledig instand hou met die regte eet, drink en gesondheidsprodukte. 

Mens rou wanneer jy iets verloor in jou lewe wat vir jou op hierdie stadium lyk of jy dit nie sal kan terugkry nie. In hierdie geval kan ’n boer rou oor sy hele oes wat hy weens beurtkrag verloor het. Angs rondom finansies- en banke en skuldeisers wat geen genade vir jou het nie. 

Negatiewe nuus in die media oor droogtes, plaasaanvalle, diefstal en prysverhogings en die Reserwebank en sy ekonome wat so graag rentekoerse verhoog is deel van elke boer se daaglikse gedagtes. 

Aanhoudende druk deur amptenare, skuldinvorderaars, prokureers en aangejaag deur gulsige topbestuur vanuit hulle kantore, vernietig baie keer die lewe van 'n huisgesin en die broodwinner wat kos produseer  en bereid is om alles op die spel te plaas. 

Daar is baie vriendelike amptenare ook op grondvlak ook wat empatie het met Landbouers en hulle situasie, maar hulle werk vir 'n maatskappye wat net geld jaag en baie keer ongevoelig staan teenoor die situasie. Moenie dat skuldeisers jou intimideer,dreig en jou onstel nie.

Ons staan vir die eerste keer voor die VOEDSELSEKERHEID. - dit is dalk ons voorland.

Ons boere ding mee met die kragvoorsiener wat op die stadium onstabiel is en natuurlik affekteer dit die boerdergemeenskap ook. 

Algemene angsversteuring, ’n ernstiger vorm van angs as wat die gewone persoon in klein dosisse op ’n dag kan ervaar.

Dis belangrik dat ons landbouers en hulle gesinne as 'n eenheid saamstaan, saam gesond en sterk wees. Ons landbouers se vrouens is net so onder druk en is meestal die stille waarnemer wat alles bymekaar hou.

Van ons boere is gedurig rusteloos en gespanne. Raak gou moeg en geïrriteerd en sukkel om te konsentreer. Maagsere, spierspasmas of hartprobleme kan die voorland wees- maar die probleem is dat PHARMA dan allerhande lekkervoel voel" pilletjies" voorskryf  wat net die simptoom beheer- wat vir 'n kort tydperk dalk goed kan wees, maa rop die lange duur vernietigend al se hulle dit is nie.

Kry jou gedagtes reg- luister hoe jy praat, wat jy dink en wat jy spreek.  Alles gaan oor lewe - hoop en vertroue.

Ons landbouers moet dringend na hulle gesondheid omsien deur mense wat weet hoe om dit te doen. Kry jou liggaam sterk, jou organe -eet reg, en pas jou liggaam op. Suid Afrika het jou nodig- en staan vas- alles sal weer regkom. 

 Die belangrikste is om vir mekaar en ander mense om te gee en optimisties te bly en te Glo- geregtigheid het nog altyd oorwin. 

Eers was dit die pandemie en nou die kragprobleme. Jy kan niks daaraan doen nie en ongelukkig laat die diep, geestelike letsels wat jou hele menswees affekteer.

Dis baie belangrik om jou liggaam sterk te hou met die regte eet en drinkgewoontes asook die regte gesondheids produkte wat aan jou gegee is deur 'n professionele gesondheids praktisyn wat 'n volledige skandering op jou gedoen is-  Moenie net die simptome beheer nie- die oorsaak is belangrik,

Moenie alles glo wat jy op Mr google en in sosiale media lees oor allerhande produkte wat te goed is om waar te wees. 

Jou liggaam is die enigste voertuig wat jy op aarde het-  hou dit gesond met die regte behandeling- jy moet sterk en gesond wees om die aanvalle teen jou te kan weerstaan. 

Jy is al deur baie - jy sal ook hierdeur kom- hou jou ligaam gesond. Hou jou familie bymekaar en staan sterk.

 Ons behandel elke dag van ons land se mees suksesvolle landbouers om sterk en gesond te wees. Ons weet wie landbou en sy mense is- ons het self ons eie voetspore gestap- daarom weet ons. 

Johann Pretorius - Professionele Gesondheids en gedragsspesialis.  Pretoria Suid Afrika -  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.