OVK –vennoot vir die moderne boer

OVK –vennoot vir die moderne boer

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Oos Vrystaat Kaap Bedryf Beperk (OVK) is nie net ’n suksesvolle en een van die mees stabiele landboumaatskappye in Suid-Afrika nie, maar ook ’n spilpunt van groei en ondersteuning in die landbousektor en platteland.

Met sy hoofkantoor in Ladybrand, aan die voet van die Malutiberge, bedien OVK vir meer as ‘n 100 jaar produsente met ’n wye reeks dienste wat oor provinsiale grense strek.

 

Die OVK-Groep het oor die jare heen gegroei tot ’n sterk, gediversifiseerde maatskappy met uiteenlopende bedrywighede. Deur strategiese uitbreiding en kliëntgedrewe dienslewering het OVK homself gevestig as ’n ware vennoot vir die moderne boer. Die groep se besigheidsbedrywighede sluit handel, graan, vesel, finansiering, lewendehawe, meganisasie, motors, versekering, hernubare energie en meer in.

 

Handel

OVK Handel is een van die maatskappy se grootste kernaktiwiteite. Die afdeling bestaan uit 59 handelstakke wat strek vanaf Hoopstad, Wesselsbron en Steynsrus in die noorde tot Willowmore en Humansdorp in die suide en ook van Prieska in die weste tot Elliot in die ooste. Na gelang van die streek waarin daar besigheid gedoen word, is alle insetmiddele wat ’n boerdery benodig by die takke verkrygbaar. Brandstof word ook by die meeste handelstakke verskaf. In sommige gevalle bedryf OVK die enigste vulstasie in die dorp.

 

OVK beskik oor vyf streekskantore, gesetel in Bloemfontein, Burgersdorp, Cradock, Ficksburg en Hopetown. Die suksesvolle funksionering van elkeen van die handelstakke is die kerntaak van hierdie streekskantore. OVK se handelstakke is dikwels die spil waarom die plaaslike ekonomie van sommige dorpe draai. Enige persoon kan aankope by OVK se handelstakke doen en staatmaak op diens uit die boonste rakke, gekomplimenteer deur ‘n wye reeks produkte en waardetoegevoegde dienste teen kompeterende pryse. Dit is belangrik vir OVK om die platteland te diens om volhoubaarheid daar te verseker.

 

Bandesentrums

OVK bedryf ses bandesentrums in Burgersdorp, Dewetsdorp, Ficksburg, Hopetown, Ladybrand en Zastron. Hierdie bandesentrums spog met opgeleide en gemotiveerde personeel wat ons kliënte se behoeftes vooropstel. Sommige van OVK se handelstakke beskik ook oor die basiese gereedskap vir die herstel van bande, wat selfs na-ure beskikbaar is in noodgevalle.

 

Brandstofverspreidingspunte

OVK het ses brandstofverspreidingspunte, wat in strategiese vennootskappe met Total, Quest en Engen bedryf word. Hierdie punte is strategies oor die OVK bedieningsgebied versprei. Brandstof word met goed toegeruste vragmotors afgelewer aan OVK kliënte in die Vrystaat, Noord- en Oos-Kaap.

 

OV Kunsmis

Die noodsaaklikheid om toegang te verkry tot unieke kunsmismengsels, wat in spesifieke behoeftes kan voorsien, is geïdentifiseer as deel van OVK se uitbreidingstrategie. OV Kunsmis, ‘n kunsmisaanleg in Bethlehem, is in samewerking met produsente geloods. Dit is OV Kunsmis se eerste prioriteit om volgens individuele behoeftes, kwaliteit kunsmis en uitstekende diens in ’n volledige pakket aan die produsent te voorsien. Verhoogde opbergs is nou ’n realiteit!

 

Loopbaangeleenthede

OVK bied diverse loopbaanrigtings en skep vir feitlik almal geleenthede. OVK bied ‘n tuiste vir onder andere toegelate prokureurs, geoktrooieerde rekenmeesters, gekwalifiseerde bemarkingspesialiste, versekeringsmakelaars, IT-programmeerders en stelselspesialiste, motor- en trekkerwerktuigkundiges, asook verskeie spesialisposte in Finansies, Kliëntefinansiering, Graan, Handel, Lewendehawe en Vesel.

 

Streekkantore

Bloemfontein: 051 011 1592

Burgersdorp: 051 653 1855

Cradock: 048 881 3484

Ficksburg: 051 933 7662

Hopetown: 053 203 9201

Port Elizabeth: 041 406 7500

 

Bande & Brandstof

Ladybrand 051 923 4737

Ficksburg 051 933 7631

 

Loopbaangeleenthede

Ladybrand 051 923 4511

 

URL: https://www.ovk.co.za/Products/Page/3/Trade-Tyres--Fuel