Hitach Middle Banner

ADVERTORIAL

VILLA CROP

Die verleidelike Vy van Suid Afrika

'n Vyeboom op die erf is sinoniem met die Suid-Afrikaanse lewenswyse. Tog besef min mense dat daar 'n snelgroeiende mark vir vye bestaan. As kind kan ek onthou hoe ons nie kon wag dat die vye ryp word nie. Maar vandag is daar niks so lekker soos 'n ingelegde Vy nie.

Vyeproduksie leen hom tot twee opsies, naamlik om ryp vye te produseer wat gedroog kan word, en om groen vye te produseer wat vir inmaak en konfyt gebruik word en baie gewild is. 

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die aanvraag na gedroogde vye omrede die ryk voedingswaarde geweldig gestyg. Na afloop van die oorlog het die inmaakbedryf gesorg vir die lekker groenvye-konfyt wat daagliks op etenstafels voorgesit is.

Produksievolumes van vye in Suid Afria is besig om te styg, maar die pryse sal dalk nie altyd so goed wees nie. Vye word die afgelope 12 jaar kommersieel in Suid-Afrika verbou.  Tans herleef die vyebedryf in Suid-Afrika in die vorm van smaakvolle en smullekker vars vye.

Daar tans ongeveer 300 ha onder verbouing en is die produksievolumes besig om jaarliks te styg. In Suid-Afrika is daar tans 30 plus kommersiële boere met produksie-eenhede wat tussen 4 ha tot 8 ha wissel.

Die meeste van Suid-Afrika se vye word na Brittanje uitgevoer. Die bedryf se grootste probleem is hoë arbeidskoste, aangesien produksie baie arbeidsintensief is. Dit kan  tien tot selfs twaalf weke kan duur om vye te oes. Die hoë bederfbaarheid van die produk vereis ook dat verspreiding baie vinnig moet plaasvind. Dit plaas geweldige druk op die logistieke verskaffingsketting. “Die spesialishantering van vye speel 'n deurslaggewende rol om vye suksesvol te verkoop en 'n inkomste te verdien.

Vyebome lewer al van hul eerste jaar af klein oeste, maar dit word bloot verwyder om nie die groei van die boom te strem nie. 'n Vyeboom is ná ses jaar in volle produksie. Vye behoort tot dieselfde familie as die moerbei en die rubberboom. 

Vye verkies goed gedreineerde grond, en omdat die wortels nie diep ingaan nie, hoef die grond nie dieper as 600 mm omgedolwe te word om die fosfaat- en spoorelementstatus reg te kry nie. Vye het selfs in brak grond goed vaar, hoewel kleierige grond meer ideaal is. Vye is gevoelig vir hoë boor- en natriumvlakke, en die ideale grond-pH vir vyebome is 6 tot 7,5.

Dit is belangrik dat die regte vyekultivars geplant word, veral ten opsigte van houvermoë en vervoerbaarheid. Behalwe die binnelandse mark, moet die uitvoermarkte ook dopgehou word, want uitstekende pryse word vir vye van goeie gehalte behaal. 

As jy daaraan dink om 'n boerdery te begin, is dit dalk 'n goeie idee om vye te begin aanplant- dit gaan lank neem, maar jy gaan die vrugte pluk as jy dit suksesvol aanpak. 

En as jy lus het om sommer nou vir jou 'n lekker konfyt te kook of te laat kook hier is 'n lekker resep van Maureen Pretorius- 

Goeie kwaliteit vye is altyd 'n wenner.

500 g ryp vye
30 ml suurlemoensap
625 ml wit suiker
Skil die vye en sny dit middeldeur.

Plaas dit in groot glasbak, besprinkel met suurlemoensap en mikrogolf 8 (11) minute by volle krag.

Voeg suiker by en roer tot opgelos. Mikrogolf dan 20 (27) minute by volle krag tot stolpunt bereik word – roer dit dikwels tussendeur.

Laat effens afkoel, skep in gesteriliseerde flesse en verseel soos beskryf.

Sterilisering van flesse:
Vul die flesse sowat driekwart met water en mikrogolf 3 – 4 (4 – 5,5) min by volle krag tot kookpunt bereik word. Gooi water uit, keer flesse onderstebo, bedek met absorberende kombuispapier en laat afvloei..

Vul van flesse:

Laat konfyt effens afkoel, want die vrugte sal na bo kom as dit te warm gebottel word. Vul flesse tot net onder die rand en bedek met kerwasskyfies terwyl die konfyt nog effens warm is.

Skroef die deksels op.
LW: Onthou om flesse te gebruik wat geen metaal bevat nie.

Moenie gesmelte kerswas bo-op die konfyt skep nie – bedek dit met gestolde skyfies. Wanneer die skyfies gemaak word, moenie die kerse in die mikrogolfoond smelt nie.


ADVERTORIAL

OPEN

 

Farming Diary

Jul
30

1:00 pm 07.30.2019 - 2:00 pm 07.31.2019

Jul
30

4:00 pm 07.30.2019 - 5:00 pm 07.31.2019

Aug
14

08.14.2019 1:00 pm - 2:00 pm

ENCA - Latest

Feed not found.