ADVERTORIAL

HOLLARD

Die ACCO trekker van die Vrystaatse Vlaktes- Suid Afrika

So rukkie terug het ons 'n artikel geplaas oor waar sekere implimente hulle name gekry het in laat sewentig/tagtiger jare- Name soos - Deklaagbewerking-Spoorverkeer-Ploegblad, Verdigting, Moffieripper, Rolmoer, Varkoor en nog meer en vandag is dit Bewaringslandbou en voedselwaardeketting. 

In die laat sewentigerjare het 'n paar Landbouers in die Wes-Vrystaat begin met deklaagbewerking nadat hulle uitgevind het hoe die sandgrond gekompakteer het met die ploegaksie. Die ploegblad soos dit bekend gestaan het was op ongeveer 12 duim en dit was ongeveer tussen 3 en 6 duim dik. ( Duime was die maatstaf tot hier in die tagtigerjare)  Die blad het verhinder dat die mielies se wortelstelsels die vog en vry water kon gebruik wat onder die ploegblad vrylik beskikbaar was.

Die blad moes gebreek word, en daar was op daardie stadium nie enige implemente beskikbaar om die aksie uit te voer nie. Viertrek of 4x4 trekkers was ook nog nie beskikbaar nie, die eerste 4x4 trekkers het eers in 1979 die lig gesien. John Deere ,Ford en Fiat was van die eerstes. 

Vandag is dit geen probleem om groot trekkers aan te koop nie, maar dat die groot trekkers aangepas moes word om te kan inpas by  Spoorverkeer asook deklaagbewerkings was nogal 'n kopskuif In die laat sewentigjare het John Deere sy eerste groot trekker met 8 wielie bekendgestel- die 8330 - die trekker het reg van in die middel gestuur soos baie groot trekkers vandag nog stuur. Daar was baie min van hulle en implemente moes vir die trekkers vervaardig word. Die trekker kon 'n 12 skaar x 8 duim ploeg met gemak trek. Maar die trekker was nie spoorverkeer vriendelik nie.  

Die trekkers is meestal gebruik om algeheel te rip en later is die trekkers toegerus met 3 tand "moffierippers" op spoorverkeer lande en die trekker se eie spore is agterna weer opgebreek om verdigting te voorkom. Later het John Deere die 8440 die lig  laat sien maar nog steeds was die trekkers nie geskik vir spoorverkeer nie. Dit was 'n algemene gesig in die Vrystaatse platteland en mieliewereld van Wesselsbron, Hoopstad en Bothaville om 10 plus trekkers elk met 'n "moffieripper" te sien werk in lande waar spoorverkeer toegepas was. Vandag is dit 'n heel ander storie met trekkers wat se wiel spasieering veranderbaar is en presies aangewend kan word vir die bewerkingswydte .

Intussen het 'n boer van Hoopstad Koos Coetzer en sy Pa Alf Coetzer in die negentiger jare op hulle plaas begin met die bou van 'n enorme trekker genaamd die ACCO - 'n naam wat vir baie jare in die landbou bekend was. Die trekker was soliede staal, toegerus met 'n vol driepunt, ZF aste, ZF ratkas volledig ingevoer en toegerus met  6 of 8 silinder perkins diesel engin. Die trekker het ook van die middel af gestuur met 8 of 12 groot swaardiens wiele.

Die trekker het alle bestaande trekkers in sy klas op daardie stadium uitgestof- en het gou gewild geraak en die waglys al hoe langer. Koos en sy Pa was oral teenwoordig en met trots hulle trekker bemark. Tevrede eienaars van oor die hele land het die trekkers aangekoop. Van die trekkers is ook uitgevoer na Australia. Die trekkers het die krag gehad om 5 "moffie" rippers te trek op 5 x 1.5 meter rye, en die wielie is maklik daaroor aangepas. Die implemente is self vervaardig deur Koos se onderneming.

Koos het later ook begin om Industrieele trekkers te vervaardig wat gebruik was om grond te skuif en Raubex Kontruksie was een van die eerste maatskappye wat dit aangekoop het. Later is kleiner weergawe tekker ook gebou.

Koos se diens was uitstekend en met sy eie ligte vliegtuig kon hy gou by trekkers kom wat oral oor die land gewerk het. Ongelukkig het finansiering op die einde sy tol geeis. Een van Suid Afrika se groot banke wou nie meer hierdie onderneming befonds nie en dit was die einde van ACCO in die laat negentigjare- Dit was vir Koos wat hart en siel hier in was 'n groot slag.

Koos Coetzer moes die Vrystaat verlaat en het permanent as vlieenier begin werk vanuit Johannesburg. Later het sy seuns ook by hom aangesluit het as vlieeners en naweke was hy in Bloemfontein waar sy vrou gewoon het. In 2010 is Koos Coetzer in 'n vliegtuigongeluk dood pas nadat hy opgestyg het van die aanloopbaan by sy geboortedorp Hoopstad.

Koos was een van die land se beste vlieeners, maar op jong ouderdom van 55 was dit sy einde. So was daar nog baie ander boere wat enorme bydraes gelewer het tot landbou in Suid Afrika, wat onvoorwaardelik alles gegee het vir hulle medemens en wat hulle voor lief is.  ANN

( Indien jy iets hier wil byvoeg stuur aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


ADVERTORIAL

MONSANTO