Hoe maak jy 'n keuse met stemdag- as daar nie veel van 'n keuse is nie- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Suid Afrika staan voor die deur van nog 'n baie belangrike verkiesing- 25 jaar na Demokrasie is Suid Afrika nie waar al ons mense dit wou gehad het nie. Dis asof jy weer van voor af moet dink en besluit oor mense en partye wat eintlik nog net in die verlede suksesvol was op beloftes. 

48 partye om van te kies- eintlik is dit 'n grap-  en die werklikheid van alles, is dat ons Suid Afrikaners na 25 jaar, weereens wakker skrik en besef dat nie een van die partye eintlik instaat is om enigsins waarde toe te voeg tot Suid Afrika en sy mense nie- Suid Afrika het nog in 25 jaar nie werklik 'n leier opgelewer wat al die bevolkingsgroepe van Suid Afrika kon verenig nie. Daar was hier en daar een wat so gepraat het. 

In die afgelope 36 maande het ons Nuusspan dwarsoor Suid Afrika gereis en op grondvlak met die inwoners van die land gepraat. Die laaste paar maande het ons menigmaal in gesprekke getree oor politiek. Die oorgroot meerderheid van die land se inwoners wil in vrede en liefde lewe-  en wil sien dat die son oor almal skyn. Hulle wil 'n huis, water, krag en 'n werk- saam met dit toegang tot skole en klinieke en saam wil elkeen bou aan Suid Afrika vir al ons mense.

Maar die regering van die dag het sy mense wat vir hom gestem het in 1994 in steek gelaat. Baie min van al die beloftes het ooit waar geword. Inteendeel as jy deur die plattelandse dorpies ry dan sien jy wat die kwaliteit van mense wat deur die regering aangestel is, verrig het- 

NIKS- behalwe om die dorpies te laat agteruitgang. Hierdie amptenare en hulle meelopers ,dien nie die mense waarvoor hulle aangestel is nie. Was dit nie vir Landbou wat suksesvol bedryf word nie, was meeste van die dorpies nie meer daar nie.

Met al hierdie inligting saam met die negatiewe nuus op radio, Televisie en sosiale media dan kan jy anders as om baie diep te worstel oor vir wie jy gaan stem nie. " The Proof is in the pudding" --- ons het te veel praters in die politiek en te min doeners.

En-- hoeveel van die mense is betroubaar. Werkloosheid is een van die grootste oorsake waarom daar soveel diefstal roof en moord is. Dit word nie aangespreek deur politieke leiers nie.  Daar word werk belowe- duisende werksgeleenthede hoor ons elke dag. 

Daar is te veel mense in die land wat absoluut die minste wil werk en die meeste wil verdien.  Ons moet werk om 'n groot groot middelklas in Suid Afrika te vestig- Wat ookal gese is deur al die leiers en belowe is, moet een of ander tyd realiseer. 

Daar is eintlik nie een party wat sonder meer op steun kan staatmaak nie. Lojaliteit aan ʼn party is nie meer ʼn opsie nie, want nie een van die partye vergoed lojaliteit met diens en voordele nie. Om ʼn bedorwe stem uit te bring werk dalk in ʼn volwasse demokrasie. Nie in hierdie een nie. As jy die moeite doen om in daai lyn te gaan staan, maak seker jou kruisie beteken iets. Dis normaal om so te dink- maar weereens is daar net dalk beloftes.

Tensy dit nou liegnuus, fopnuus of wat ook al is, is dit moeilik om te glo dat jy vandag met nie minder nie as 48 sogenaamde politieke partye se name op jou stembrief gekonfronteer gaan word. Die toekoms is te kosbaar om dit aan regering oor te laat. Laat jou stem tel!- n Verkiesing kan hoop gee, of dit kan hoop steel. Gemeenskapskrag gee altyd hoop. Moenie net laat jou stem tel nie; laat dit binne jou gesin en gemeenskap weeg. 

Die groot vraag in baie mense se gedagtes is wáár om daai kruisie te trek vandag. Die onderwerp was baie gewild, veral in gesprekke by braaivleisvure (vir die ouens wat nog vleis kan bekostig) en by watergate waar die dop nog mildelik vloei. 

Met die breë buitelyne het ons al ʼn ent gevorder – ons moet deelneem sodat die orde en goeie dinge kan seëvier in die omstandighede waarin ons leef. Dit beteken dat ons moet stem, want dit is ons klein manier waarop ons aan die totstandkoming van die regering kan deelneem.

Interresant is dat byna elke sogenaamde groot politieke party 'n eier te le het en baie kritiek het oor ander partye se doen en late en daarmee mekaar slegse- in plaas daarvan om mense in te lig oor wat hulle gaan doen en daarop te fokus. Nie een van die partye se leiers verdien werklik 'n kruisie nie- want nie een is werklik 'n leier nie. Ware leiers fokus op waarheen hulle oppad is, en gee leiding en rigting aan en vereenig 'n land.

Dat daar 'n skeuring gaan plaasvind in die tans regerende politieke party is net 'n kwessie van tyd en dit lyk of daar tog iewers mense in die party is wat die land wil regruk. Maar daar is nog te veel onsekerhede. 

Ongelukkig is die politieke partye se name nou op die stembrief en moet ons 'n keuse maak. 

Ons sit met radikale politeke partye wat die land kan verwoes omdat hulle niks het nie- en omdat hulle niks het nie- het hulle niks om te verloor nie. Dis is waarom hierdie partye aandring op grond- waarop baie min van hulle kan boer en allerhande ander voordele.

Dis bokant my vuurmaakplek dat mense in hulle duisende soos skape agter hierdie diktators aanloop en nie kan sien dat hulle na die slagpale gelei word nie- of na 'n tweede Zimbabwe wat almal in die land in armoede en hongersnood  kan beland nie . Hierdie diktators wil hulle eie mag he en soek net stemme om daar te kom met baie lee beloftes. Geen mens op aarde is so verhewe dat hy/sy aanbid moet word nie. 

Ons landbouers in Suid Afrika het nog altyd gesorg dat daar elke dag genoeg kos op die tafel is vir elke Suid Afrikaner om te eet. Daar is altyd 'n oorskot en dit is omdat Suid Afrika se landbou gesond is en gesond bedryf word. 

Dis een van die min bedrywe waar die regering nog nie hand ten volle ingehad het nie, maar ook 'n bedryf wat die meeste nog gedoen het om Landbou in Suid Afrika toeganglik te maak vir die sogenaamde agtergeblewendes  en opkomende boere en hulle elke dag bystaan om suksesvol te boer. Landorganisasies en maatskappye het reeds miljoene spandeer uit hulle eie sak. 

Deur die verkiesingsveldtog was grond en die onteiening van grond ter sprake- Landbouers in Suid Afrika gaan nie hulle toekoms en toekoms van voedselsekerheid in Suid Afrika weg stem nie. Daar is vir elkeen in die land 'n plek onder die son. Aan die anderkant kan ons dalk gelukkig wees dat die President redelik besig is om skoon te maak in die regering en dat die mense wat hulle hande in staatskas gehad het, dalk binnekort vervolg word. Saam met dit kan daar dalk 'n gees van vernuwing kom- 

Dis baie belangrik om vir 'n party te stem wat nog altyd daar by die woord gevoeg het, wat doen wat hulle se, wat bou en nie afbreek nie, wat nie jou swaar verdiende belasting geld wil he nie en wat jou in veiligheid in Suid Afrika laat woon. Saam met dit is jou eiendom joune- tot jy daarvoor vergoed word, want geen grond is ooit in die land gesteel nie. 

Daar is baie gesprekke en debatte gevoer- ure sy tyd is om gesels en beloftes is wyd en suid uitgedeel- en mense is links en regs sleg gese- 

Al wat ek weet- is dat Suid Afrika kort 'n nuwe leier- met 'n skoon geskiedenis, wat ons land en sy mense saam kan verenig en die land kan opbou en wet en orde en sekeriteit kan herstel-  Maar tot dan- moet ons eers 'n kruisie trek op wat ons vandag op die stembrief het. 

Vandag is die dag waarop jy moet besluit vir wie jy gaan stem- dis jou reg en dis baie noodsaaklik. Dis verkiesingsdag en 26,7 miljoen geregistreerde kiesers het die geleentheid om hul stem uit te bring om die land se sesde demokratiese parlement te verkies. Talle landbou-organisasies het die afgelope weke die hoop uitgespreek dat die verkiesing vry, regverdig en sonder voorvalle van geweld sal plaasvind.

Wat gaan ek stem----- Ek het nog nie 'n koekenkloe nie- maar ek het tyd tot vanaand toe. 

Johann Pretorius CRA Media. 


Newsletter Subscribe