ADVERTORIAL

HOLLARD

VERSEKERING

Mout-Gars en Bier in Suid Afrika.

Die saamgesmelte entiteit, Anheuser-Busch InBev en SABMiller, gaan steeds voort om plaaslike bier en sider te maksimaliseer én plaaslike insette in die produksie van dié drank te gebruik en bele tans groot hoeveelhede geld in die ontwikkeling van beginnerboere.

Die mededingingstribunaal het ’n transaksie in die jaar van die SAB met Diageo Suid-Afrika voorwaardelik goedgekeur. Ingevolge die transaksie kry SAB die eksklusiewe lisensie vir die vervaardiging, bemarking en verkoop van Guinness-bier en Smirnoff-drankies in Suid-Afrika. SAB sal tantieme aan Diageo betaal. SAB word sedert 2016 deur die internasionale bierreus Anheuser-Busch InBev besit. Diageo SA is ’n filiaal van die internasionale drankreus Diageo.

Die plaaslike moutgarsbedryf het verlede jaar meer as 300 000 ton gars opgelewer. Daar staan tans 'n baie groot Gars oes in dele van die Wes Kaap asook ander dele van Suid Afrika se landbougebiede. Gars word hoofsaaklik aan die begin van die wintermaande in Suid Afrika aangeplant.

Suid-Afrika se garsbedryf is klein in wêreldterme - die 300,000 plus ton gars wat jaarliks hier verbou word, is skaars 0,2 % van die wêreldproduksie - en het min of geen invloed op die wêreldmark, dog dis sensitief vir internasionale veranderinge soos ru-liepryse, wisselkoerse, die ekonomiese groei van groot lande en wêreldgraanpryse.
'n Vergelykende ontleding van die winsgewendheid van moutgarsproduksie in Suid-Afrika en ander garsproduserende lande, soos Amerika, Frankryk, Kanada, Argentinië en Australië, toon dat gars plaaslik winsgewend verbou kan word, terwyl dit in Kanada, Amerika en Frankryk net winsgewend is danksy regeringshulp.
Die plaaslike winssyfers te danke is aan produsentepryse wat hoër is as dievan hul oorsese eweknieë, nie aan die produktiwiteit van garsboerdery hier nie. Produsentepryse in Suid-Afrika is min of meer dubbel soveel as diein ander lande omdat Suid-Afrika 'n netto invoerder van gars is en gars derhalwe rondom invoerpariteit verhandel.
Soos in die ander lande is kunsmis en landbouchemikalieë, gevolg deur saad, brandstof en meganisasiekoste, die grootste uitgawes met garsverbouing. Aangesien 'n groot deel van die produksiemiddele ''ingevoer'' word, is die impak van veranderinge in ru-oliepryse en die wisselkoers beduidend. 
In die verslag word gesê aandag moet gegee word aan die ontwikkeling van moutgarskultivars wat groter opbrengste van beter gehalte lewer, 'n waterbeleid wat die behoeftes van mense en die landbou bestuur, ander prysvasstellingsmeganismes en, op boerderyvlak, in die verlaging van insetkoste en die bestuur van skuld.
Die verslagskrywers merk op dat ''voorkomende betrokkenheid by die formulering en bestuur van waterbeleid noodsaaklik is vir die oorlewing en groei'' van besproeiingsplase waar gars verbou word.
Veranderinge in wêreldkommoditeitsmarkte spoel oor in die plaaslike mark vanweë die integrasie van Suid-Afrika in wêreldmarkte. 'n Model is ontwikkel om die verband tussen gebeure op die globale, bedryfs- en plaasvlak na te boots om die uitwerking van verskillende wêreldmarkscenario's op die Suid-Afrikaanse kommoditeitsmarkte en boerderye te bepaal.
Besteebare inkomste en bierverbruik in China daal. Garsuitvoer na China neem af en garspryse daal. Politieke onrus en lae ekonomiese groei laat oliepryse wissel. Insetkoste, wisselkoerse en graanpryse is wisselvallig en veroorsaak onsekerheid by boere. Onstabiele garspryse en  vervoerkoste bemoeilik biermakers se langtermyn-beplanning. 
Verbruikers slaan oor na bier wat meer bekostigbaar is, soos Castle en Black Label, en die vraag na tipe B-gars verhoog. Plaaslike ekonomiese groei neem af en armoede neem toe.
Die Regering word gedwing om beleid aan te pas om die openbare mening te dien. Besproeiingswater word skaars en duur. Plaaslike garspryse is wisselvallig en plaaslike verbruik van gars daal weens dalings in besteebare inkomste.
Die bierbroukuns het oor die eeue heen baie verander en verskil selfs vandag van brouery tot brouery. Maar oor die algemeen bevat amper alle soorte bier vier hoofbestanddele: gars, hop, water en gis. Die hele brouproses kan in vier stappe verdeel word: die moutproses, voorbereiding van die wort, gisting en veroudering.

Suid-Afrikaners is mal oor hulle bier, 34% van die vasteland se biermark is in Suid-Afrika en daar word geskat dit kan in die volgende vyf jaar met tussen agt en 10 persent groei. In 2012 het die gemiddelde Suid-Afrikaner tot 60 liter bier ’n jaar gedrink. In vergelyking met die Afrika-gemiddeld van 14,6 liter en internasionale gemiddeld van 22 liter, is dit redelik maklik om die afleiding te maak dat Suid-Afrikaners van hulle bier hou.

Die moutproses. Gedurende hierdie stap word gars gesorteer, geweeg en van vreemde stowwe gesuiwer. Daarna word dit in water geweek, wat noodsaaklik is vir die gars om te ontkiem. Ontkieming neem tussen vyf en sewe dae teen ’n temperatuur van ongeveer 14 grade Celsius. Die eindproduk van hierdie proses is groenmout, wat na spesiale oonde geneem word om gedroog te word. Die vog in die groenmout word tot tussen 2 en 5 persent verminder om die ontkieming te beëindig. Nadat dit gedroog is, word die uitloopsels uit die mout verwyder en word die mout gemaal. Dan is dit gereed vir die volgende stap.

Voorbereiding van die wort. Die gemaalde mout word met water gemeng sodat dit ’n beslag vorm, wat dan geleidelik verhit word. Teen sekere temperature begin die ensieme setmeel in eenvoudige suikers omsit. Deur middel van hierdie stap, wat meer as vier uur duur, word die wort verkry, wat dan gefiltreer word om onsuiwerhede te verwyder. Dan volg die kookproses, wat die werking van die ensieme laat ophou. Gedurende hierdie proses word hop, wat die bier sy kenmerkende bitter smaak gee, by die wort gevoeg. Nadat dit omtrent twee uur lank gekook het, word die wort tot die vereiste temperatuur verkoel.

Gisting. Dit is waarskynlik die belangrikste stap van die brouproses. Eenvoudige suikers in die wort word deur middel van die gis in alkohol en koolsuurgas omgesit. Die soort bier wat gemaak word—aal of lager—bepaal die lengte van die proses, hoogstens een week, en die temperatuur waarteen dit plaasvind. Die sogenaamde groenbier word dan na tenks in ’n verouderingskelder oorgeplaas.

Veroudering. Gedurende hierdie stap kry bier sy kenmerkende smaak en geur; koolsuurgas wat vrygestel word, laat die bier ook vonkel. Die veroudering van bier kan van drie weke tot ’n paar maande duur, na gelang van die soort bier. Dit word uiteindelik in vate of bottels getap, en dan is die bier reg om na sy eindbestemming gestuur te word—dit bereik dalk selfs jou tafel! Maar watter soort bier wil jy graag proe?

Dit is 'n kort oorsig. 

Johanel Saamgestel uit verskillende bronne. 

, ,

ADVERTORIAL

SASOL

FERTILIZER 

Farming Diary

Mar
3

03.03.2020 - 03.05.2020

Jun
17

06.17.2020 - 06.19.2020

ENCA - Latest

Feed not found.