Wat is die verband tussen Jan en die huidige regering se ellende? -Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Dit is belangrik om die verband tussen Jan se aankoms en die huidige politieke- en ekonomiese ellendes te verstaan ten einde emosionele, irrasionele en self rassistiese beskuldigings in perspektief te sien.

Statistiek in die hande van meeste politici is gevaarlik, soos kinders wat met elektrisiteit of kerse speel.

Mens kan byvoorbeeld statistiek inspan om kinders te oortuig om minder roomys te eet, want roomys eet hou statisties direk verband met verdrinkings. Wanneer roomys verkope styg, styg verdrinkings ook vir een of ander rede.

Maar mens weet uit ondervinding as jy ‘n Lollipop geniet verdrink jy nie dadelik nie. Statisties weet jy dus daar is ‘n verband, maar oor die oorsaak en gevolg kan jy nie ‘n mening vorm nie.

Jou uitdaging of probleem is dus om te bepaal of daar buiten die statistiese ooreenkoms, ‘n oorsaak en gevolg geïdentifiseer kan word. As jy kan bepaal onder watter omstandighede watter roomyse tot moeilikheid lei, of nie, kan jy dalk kans sien vir ‘n King Size Cone of ‘n hele Tub.

Een metode om dit te bepaal is om die buitefaktore (“outliers”) te identifiseer wat teenwoordig is tydens beide roomys eet en verdrinkings.

Deur ‘n proses van beide wiskundige berekeninge (korrelasies) en eliminasie is die hoof faktor wat by roomys eet en verdrinking teenwoordig is, somer. In die somer swem mense meer (en verdrink dus meer), en eet ook meer roomys.

Die verband tussen roomys eet en vedrinking is dus ‘n valse korrelasie (“spurious correlation”).  Die werklike korrelasie(s) is tussen somer en verdrinkings, en tussen somer en roomys eet, maar wat sonder ontleding dui op ‘n (valse) korrelasie tussen verdrinking en roomys eet. .

Statisties kan jy dus in ‘n oppervlakkige argument redeneer dat daar ‘n verband kan wees tussen Jan se aankoms en die huiige situasie. Om te bepaal of dit ‘n valse of werklike korrelasie is, moet jy egter steeds die buitefaktore (“outliers”) bepaal as jy die redenasie  aan iemand wil afsmeer. 

Die ooglopende buitefaktor in hierdie geval is ekonomie. Toe Jan hier aangekom het was hier geen geldeenheid, geldvoorraad of ontwikkelingsprojekte nie. Net soos vandag. Die rand is so goed soos nutteloos, die geldvoorraad is uitgeput en hier is geen ontwikkelingsprojekte aan die gang nie.

Die werklike korrelasies is dus enersyds die afwesigheid van ekonomie en Jan, en andersyds die afwesigheid van die ekonomie en die huidige regering. As jy ‘n verband sien tussen Jan en die huidige regering, is dit ‘n valse korrelasie (“spurious”), want die oorsaak en gevolg is elders, in buitefaktore.

Die huidige regering se ekonomiese onvermoë is enkel en alleen die rede vir sy ellende.

 Johan de Klerk, Pretoria.


Newsletter Subscribe