Suikerbone - alternatiewe gewas vir hierdie seisoen- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Suikerbone of Spikkelbone kan dalk hierdie komende seisoen baie gewild raak in Suid Afrika onder produsente wat kyk na alternatiewe gewasse.

Met goeie produksiemiddele en bestuur kan dit boere geldelik loon om hierdie gewas te verbou. Droëboonproduksie het baie uitdagings en die boer durf dit nie afskeep nie. Maar met goeie produksiemiddele en bestuur kan dit produsente geldelik loon om hierdie gewas te verbou, veral noudat mielies nie goeie nuus is nie.

Droëbone as 'n gewas met baie uitdagings. Die plant het baie aandag nodig en jy kom dit aan die swak opbrengs agter. Jy kry terug wat jy insit 

Die bone moet net op die beste grond geplant word met meer as 18 % klei, verbou.  Die eerste stap wanneer jy 'n land vir droëbone kies, is om profielgate te maak sodat hy grondmonsters kan neem en 'n aalwurmtelling kan doen. Aalwurms is nog-al 'n groot probleem op die plaas en kan gesaaides erg skade aandoen.

As die aalwurmtelling te hoog is, plant hy eerder 'n ander gewas wat nie so vatbaar is nie. Andersins werk aan 'n bestrydingsprogram teen aalwurm.

Planttyd is van einde Oktober tot einde November. Die lang planttyd vergemaklik later die oestyd omdat hy nie die verskillende gewasse gelyk hoef te oes nie. Tekorte word sover moontlik tydens planttyd aangevul. Blaarvoeding werk goed. 

Die droëbone se oestyd is gewoonlik voor die van sojabone en mielies, naamlik Maart en April. Sonneblomme kom ook in Maart aan die beurt, maar hy gebruik ander werktuie daarvoor en vermy só 'n bottelnek.

Kry jou mark vooraf en maak seker dat jy betaling gaan ontvang. 

Die chemiese middels wat by droëbone gebruik word, soos vir die bestryding van onkruid, het gewoonlik ook 'n ander chemiese samestelling as die vir mielies.

Die normale wisselbou-effek wat droëbone op mielies het weens die stikstof wat droëbone in die grond agterlaat, moet ook in berekening gebring word. Die mielielande is verder ook baie meer onkruidvry as wanneer mielies op mielies geplant word.

Gemiddelde droëbone-opbrengs kan 1,7 ton per hekaar tot 2,3 ton per hektaar . Pryse van die bone wissel maar dis goed as jy die prys kan vasmaak vooraf.

           Dis mielie planttyd in Suid Afrika    

Droebone het nog altyd die reputasie om een van die mees arbeidintensiefste saaigewasse te wees. Nietimin behaal droebone pryse wat heelwat hoer is as die van sojabone. Droeboon produksie kan dus 'n aantreklike opsie wees as deel van 'n gediversiseerde boerdery.

Met die huidige hoe koste van arbeid, word meganiese oes ernstig oorweeg deur produsente. Droebone is oor die algemeen moeilik om te oes met 'n stroper as gevolg van die eienskap van die plant wat geneig is om te le en die peule dan te naby aan die grond is. Maar as jy sojabone kan stroop , sal jy die bone met 'n bietjie verstellings ook kan stroop. 

Die varieteit het 'n bosagtige groeiwyse wat dit geskik maak vir Hoeveld droeboon produksie. Die plant het 'n sterk, regop stam wat verhoed dat
die plante le. Die laagste peule is ongeveer 5 cm bo die grondoppervlakte. Selfs in die nat seisoen is die kwaliteit van die bone goed, omdat daar geen kontak tussen die peule en die nat grondoppervlak is nie.

Volgens produsente is die meganiese oes van droebone die pad vorentoe vir volhoubare droeboon produksie in Suid Afrika.

Kry meer inligting oor die gewas by jou naaste Saadhandelaar of landboukundige wat kennis het oor die gewas.  ANN