ECONOMIC GROWTH IN THE BALANCE- South Africa

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

“The rise in economic growth for the second quarter of 3,1% released by Statistics SA today still shows that the likelihood is not good that the economy will grow this year despite this improvement.

Economic growth fell by 3,1% in the first quarter of this year, according to the adjusted figure released today. Technically speaking, a recession was avoided, but if the growth rate for the first six months of the year is calculated against the last six months of 2018, the economy has not grown much. Especially considering the low base of the first quarter which makes the growth rate look better in the second quarter,” says Fanie Brink, an independent agricultural economist.

He says this place the possibility that the economy will grow this year in the balance, especially considering the serious threats facing the economy and the country. Specifically, the further projected increase in the government's budget deficit that will further increase its already unmanageable debt burden to 60% of the Gross Domestic Product, thanks to most of the state owned businesses where corruption and misappropriation of taxpayers' money is still the order of the day. The great threat and negative consequences of the possible final downgrading of the country's credit status to below investment grade should not be underestimated. At the same time, the political and economic ideology of the ANC government is still destroying the economy, resulting in greater unemployment and poverty.

"The series of adjustments of the new strategy for growth introduced by Finance Minister Tito Mboweni last week is in fact nothing but the same old ideological rhetoric of the ANC's transformation policy that has already clearly shown that it cannot create growth but can only destroy it. The fact that the minister is using the old National Development Plan (NDP) as the agenda for economic transformation is a clear indication that the government does not have a plan. The NDP painted only a picture of the government's reform policy that should be followed on the condition that the economy would have to grow by 4,5% per annum to successfully implement the plan.

The simple questions that need to be asked are whether the proposed reforms of the new growth strategy that "must promote economic transformation" and support "labor-intensive growth" can reverse the unsustainable economic growth rate and create growth again? Is there any practical evidence in the world that these reforms will be able to create and promote the proposed results? Why would it still not just result in the same devastating consequences such as unemployment, poverty and a growing debt burden, as it is based on the same ideology and transformation policy?

The only real answer is the fact that the socialist and communist policies of the ANC and its allies, which cannot create economic growth and which were totally rejected worldwide many years ago have now finally overtaken them. Why would the ANC try to redesign the wheel in South Africa after 1995 if it has already failed miserably?

The world has also moved away from labor-intensive industries that were unsustainable mainly because of the new technology developments that have vastly improved the efficiency and profitability of production and manufacturing.

“What the country needs is capital and technology-intensive industries that can create growth on a sustainable basis,” says Brink.

For example, the plan also proposes that the agricultural industry should prioritise labour-intensive opportunities for small emerging farmers and land reform beneficiaries but accept without any indication or evidence that it will not endanger agricultural production and food security. At the same time, the government is pushing for land without compensation to try and correct a problem from the previous political dispensation with another problem to try and "find the right solution."

It has been proven over and over in many countries, especially in Africa, that the populations in these countries are experiencing severe famine because they are totally dependent on small and subsistence farmers for their food security and daily livelihoods. Famine has risen by 5% in the world over the past year and there are enough indications that it will continue to rise in Africa as well.

"The fact is that the ANC will not achieve any of its political goals without economic growth, as has already been very clearly proven!"

The new strategy estimates that over time the proposals of the new growth strategy will have a wide impact on the economy when it can be implemented and that it can increase the economic growth rate by 2 to 3 percentage points and create more than one million jobs. The question is how this estimation was made and whether it was based solely on total thumb-suck findings and recommendations that will never be implemented. The chance that the economy will not grow again as long as the ANC is in power is probably a much bigger possibility.

“The only fundamental building blocks needed are those that can improve the profitability of the economy, that is, the profitability and sustainability of all the individual industries in the three sectors on the supply side of the economy, as well as the disposable income of households on the demand side of the economy! These two building blocks are the only drivers and creators on which global economic growth is created today and nothing else can replace it. Improving the profitability and sustainability of the economy that can create growth must be the most important goal and result that needs to be achieved very urgently,” according to Brink.

AFRIKAANS  

EKONOMIESE GROEI IN DIE WEEGSKAAL

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

Die styging in die ekonomiese groei vir die tweede kwartaal van 3,1% wat vandag deur Statistiek SA uitgereik is, toon steeds dat die kans nie goed is dat die ekonomie vanjaar sal groei nie ten spyte van hierdie verbetering in die groeikoers. Die ekonomiese groei het in die eerste kwartaal vanjaar met 3,1% gedaal, volgens die aangepaste syfer wat vandag bekend gemaak is. Tegnies gesproke is ‘n ressesie vermy, maar indien die groeikoers vir die eerste ses maande van die jaar teenoor die laaste ses maande van 2018 bereken word, het die ekonomie nie veel gegroei nie. Veral as die lae basis van die eerste kwartaal in aanmerking geneem word wat die groeikoers vir die tweede kwartaal in werklikheid beter laat lyk,” sê Fanie Brink, 'n onafhanklike landbou-ekonoom.

Hy sê dit plaas die moontlikheid dat die ekonomie vanjaar sal groei in die weegskaal veral in die lig van die ernstige bedreigings wat die ekonomie en die land in die gesig staar. Spesifiek die verdere verwagte styging in die regering se begrotingstekort vir hierdie jaar wat sy reeds onhanteerbare skuldlas tot 60% van die BBP sal verhoog, danksy die meeste van die staat se eie ondernemings waar korrupsie en die wanbesteding van belastingbatalers se geld steeds aan die orde van die dag is. Die groot bedreiging en negatiewe gevolge van die moontlike finale afgradering van die land se kredietstatus tot onder beleggingsgraad moet geensin onderskat word nie. Terselfdertyd is die politieke en ekonomiese ideologie van die ANC-regering steeds besig om die ekonomie verder te vernietig wat groter werkloosheid en armoede tot gevolg het.

Die reeks aanpasings wat die nuwe strategie vir groei wat die Minister van Finansies, mnr Tito Mboweni, verlede week bekendgestel het is in werklikheid niks anders as dieselfde ou ideologiese retoriek van die ANC se transformasiebeleid wat reeds duidelik bewys het dat dit geen groei kan skep nie, maar dit net kan vernietig. Die feit dat die minister die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) gebruik as die agenda vir ekonomiese transformasie, is 'n duidelike aanduiding dat die regering nie 'n plan het nie. Die NOP het slegs ‘n beeld van die regering se hervormingsbeleid wat gevolg behoort te word, geskilder op grond van die voorwaarde dat die ekonomie met 4,5% per jaar sal moet groei om die plan suksesvol te kan implementeer, maar waarmee die regering na sewe jaar nog geen vordering gemaak het nie.

Die eenvoudige vrae wat gevra moet word, is of die voorgestelde hervormings van die nuwe groei strategie wat “ekonomiese transformasie moet bevorder” en “arbeidsintensiewe groei moet ondersteun” die onvolhoubare ekonomiese groei kan omkeer en weer groei kan skep? Is daar enige praktiese bewyse in die wêreld dat hierdie hervormings die voorgestelde resultate sal kan skep en bevorder? Waarom sal dit nie nog steeds net dieselfde vernietigende gevolge soos werkloosheid, armoede en ‘n groeiende skuldlas tot gevolg hê omdat dit op dieselfde ideologie en transformasiebeleid gebaseer is nie?

Die enigste ware antwoord is die feit dat die sosialistiese en kommunistiese beleid van die ANC en sy bondgenote wat geen ekonomiese groei kan skep nie en wat al baie jare gelede totaal wêreldwyd verwerp is as 'n ekonomiese stelsel, hulle nou finaal ingehaal het. Waarom sou die ANC na 1995 weer die wiel in Suid-Afrika probeer herontwerp het wat reeds klaaglik misluk het?

Die wêreld het ook al baie jare gelede van arbeidsintensiewe bedrywe wat nie volhoubaar was nie wegbeweeg, hoofsaaklik as gevolg van die nuwe tegnologie-ontwikkelings wat die doeltreffendheid en winsgewendheid van produksie en vervaardiging geweldig verbeter het.

Wat die land nodig het, is kapitaal- en tegnologiese-intensiewe bedrywe wat groei op ‘n volhoubare basis kan skep,” sê Brink.

Die plan stel byvoorbeeld ook voor dat die landboubedryf arbeidsintensiewe geleenthede vir klein opkomende boere en die begunstigdes van grondhervorming moet prioritiseer, maar aanvaar sonder enige aanduiding of bewyse dat dit nie landbouproduksie en voedselsekuriteit in gevaar sal stel nie. Terselfdertyd stoom die regering voort om grond sonder vergoeding te onteien om 'n probleem uit die vorige politieke bedeling met 'n ander probleem reg te probeer stel om sodoende “die regte oplossing te probeer kry."

Daar is oor en oor in baie lande, veral in Afrika, bewys dat die bevolkings in hierdie lande baie erge hongersnood ervaar omdat hulle totaal van klein- en bestaansboere afhanklik is vir hul voedselsekerheid en daaglikse lewensbestaan is. Hongersnood het die afgelope jaar in die wêreld met 5% toegeneem en daar bestaan genoeg aanduidings dat dit ook in Afrika verder sal styg.

Die feit is dat die ANC nie een van sy politieke doelstellings sal bereik sonder ekonomiese groei, soos wat reeds baie duidelik bewys is nie!”

Die nuwe strategie beraam dat die voorstelle van die nuwe strategie vir groei mettertyd ‘n wye invloed op die ekonomie sal teweegbring wanneer dit implementeer kan word en dat dit die ekonomiese groeikoers met 2 tot 3 persentasiepunte kan verhoog en meer as een miljoen werksgeleenthede kan skep. Die vraag is hoe hierdie beraming gemaak is en of dit bloot op totale duim-suigbevindings en aanbevelings baseer is wat nooit geimplementeer en uitgevoer sal word nie. Die kans dat die ekonomie nie weer sal groei solank as wat die ANC aan bewind is nie, is heelwaarskynlik ‘n baie groter moontlikheid.

Die enigste fundamentele boustene wat nodig is, is daardie wat die winsgewendheid van die ekonomie kan verbeter, dit wil sê die winsgewendheid en volhoubaarheid van al die individuele bedrywe in die drie sektore aan die aanbodkant van die ekonomie, sowel as die besteebare inkomste van huishoudings aan die vraagkant van die ekonomie! Hierdie twee boustene is die enigste drywers en skeppers waarop wêreldwye ekonomiese groei vandag geskep word en niks anders kan dit vervang nie. Die verbetering van die winsgewendheid en volhoubaarheid van die ekonomie wat groei kan skep moet die belangrikste doelwit en resultaat wees wat baie dringend bereik moet word,” volgens Brink.

ooooooOoooooo

Bothaville

3 September 2019

Navrae: 082 573 5661


Newsletter Subscribe