ADVERTORIAL

VILLA CROP

  • Drier conditions are likely to remain over the central to western Summer Rainfall Areas for the pre-winter period. Rainfall and production conditions are weaker than expected and it may be attributed to the redevelopment of El Nino that is currently taking place.

  • Summer rainfall now nearing its end with only light falls expected in the last week of March and first week of April 2019. Heavier falls are however still possible over the eastern Summer Rainfall Area. Very little or no rain for Western Cape for the short to medium term.

  • Die hoogs tegniese, wetenskaplike en mededingende landbou-omgewing het tot gevolg dat al hoe meer boere besef hulle moet hul ondernemings teen risiko’s beskerm.

    Volgens Hanlie Kroese, Bestuurder: Markontwikkeling by Santam is boere nie net meer bewus van die soort risiko’s waarvoor hulle te staan kom nie, maar ook die belangrikheid om dit te verseker. Santam het dié tendens opgemerk onder klein kommersiële veetelers wat meer algemene landbou- en lewendehaweversekering begin uitneem.

    Veeboere moet egter bewus wees dat hulle nie een spesifieke benadering moet volg om hul risiko’s te bepaal nie. Faktore soos die plaas se opset, veesoorte en siektes wat spesifiek in hul omgewing voorkom, moet afsonderlik oorweeg word. Santam Landbou se versekeringsproduk vir lewende hawe is só ontwerp dat die veeboer sy of haar polis kan aanpas volgens hul behoeftes en ook sodat hulle met die nuwe tendense in landbouversekering tred hou.

    Kroese het bygevoeg, “Ons produk is nie ’n alleenstaande polis nie, maar kan uitgeneem word as deel van ’n boer se bateversekeringsportefeulje. Onder ons Lewendehawe-polis het die kliënt versekeringsopsies wat dekking insluit teen die vrekte van die diere weens brand en weerlig, aanvalle deur wilde diere, reën, vriesende of koue omstandighede of selfs plantvergiftiging. Die kliënt kan ook die dekking uitbrei deur dekking in te sluit vir Veldbrande, Aanspreeklikheid en Vervoer.

    Vervoerdekking beskerm die boer wat diere na en van die mark of veiling vervoer. Aanspreeklikheidsdekking is noodsaaklik om die boer teen derdeparty-skade te beskerm, as diere byvoorbeeld uit kampe breek en die naburige boer se oes beskadig of in die pad beland en ’n motorongeluk veroorsaak wat tot besering of dood lei.

    “Boere moet ook besluit of hulle versekering vir stoet- of kommersiële diere benodig. Ons beveel aan dat ons kliënte hul versekeringspolis aanpas gegrond op die risiko’s wat spesifiek in hul omgewing voorkom. In sekere gebiede is weerlig ’n groot risiko en dan behoort boere hiervoor dekking uit te neem,” het Kroese gesê.

    “Stoetdiere word individueel verseker. Omvattende dekking kan uitgeneem word, maar die onus rus op die boer om die gevare in te sluit wat hy of sy as die belangrikste beskou.

    Aan die ander kant kan individuele diere in ’n kommersiële trop nie verseker word nie. Die hele trop kan teen brand, weerlig, ontploffings en ’n paar bykomende uitbreidings verseker word. Die soort omvattende versekering wat vir ’n stoet beskikbaar is, is ook nie op die kommersiële trop van toepassing nie. Die rede is dat stoetdiere individueel geïdentifiseer kan word omdat hulle geregistreer word, maar dit is nie die geval met kommersiële diere nie.

    “Santam Landbou se dinamiese span kundige onderskrywers is deeglik bewus van die risiko’s op ’n veeplaas en om hierdie rede het ons versekeringsproduk vir hierdie sektor die laaste paar jaar gegroei en het ons nou ’n beduidende aantal kliënte in Suid-Afrika en Namibië.”

    Die maatskappy is nou selfs meer as ooit op persoonlike kontak ingestel. “Ons maak steeds staat op die dienste van ’n makelaar en dit dra by tot Santam se sukses,” het Kroese afgesluit.

    Om die regte versekering vir jou veeboerdery te bekom, kontak gerus jou makelaar vir meer inligting.

    -

  • 1. Current conditions
    The best rainfall of the season occurred in many areas in the last week of April 2019. Flooding occurred in areas like KZN, Eastern Cape, parts of the Free State and smaller areas in Gauteng and Northwest Province.

  • Die meeste droëlandkoring in Suid-Afrika word in die Wes- en Suidkaap geplant met oppervlaktes wat in die laaste twee dekades baie skerp gedaal het in die Vrystaat.

    Koring onder besproeiing in die meeste groter waterskemas asook langs kleiner waterbronne dra verder by tot produksie in Suid-Afrika. Baie oningeligte mense kan nie verstaan hoekom daar in die meeste jare ‘n oorproduksie is van somergrane maar konstant byna die helfte van die koringverbruik in Suid-Afrika ingevoer moet word. Volgens SAGIS (Suid Afrikaanse Graan Inligtingsdiens) is slegs 48.2% van die verbruik in Suid-Afrika in die 2017/18-seisoen self geproduseer teenoor ongeveer 97% in die 2000/01-seisoen. Hoekom plant boere nie meer koring nie?
    Daar is verskeie faktore verantwoordelik waarom koringproduksie nie ‘n groter omvang in Suid-Afrika het nie waarvan ongunstige klimaatstoestande die belangrikste is.


    As die drie belangrikste komponente van koringproduksie in Suid Afrika afsonderlik ontleed word, lyk dit as volg:
    Wes- en Suidkaap: Hierdie gebied lewer hoofsaak droëlandproduksie. Droogte is hier die grootste risiko. Historiese reënvalontledings toon byvoorbeeld vir ‘n plek soos Moorreesburg dat agtereenvolgende jare met ondergemiddelde reënval deel is van die klimaat van die gebied en veral die winsgewendheid van produksie baie benadeel. Daar was sedert 1915 reeds ses droogteperiodes wat vyf jaar of langer aangehou het: 1927-1942 wat ‘n periode van 15 jaar was met ondergemiddelde reënval; 1946-1951 was ses jaar lank; 1965-1973 was nege jaar lank; 1979-1983 was vyf jaar lank; 1997-2006 was 10 jaar lank en dan ook vanaf 2014. Alhoewel daar ook groepe agtereenvolgende jare met bo-gemiddelde reënval was, is dit baie moeilik of selfs byna onmoontlik om volhoubaar te boer met lang periodes van ondergemiddelde reënval.
    Die hoeveelheid reën bepaal nie altyd die produksietoestande nie en is die verspreiding oor tyd ook baie belangrik. Meimaand is die maand waarin geplant moet word. Die langtermyntendens is dat vir ‘n plek soos Moorreesburg die reënval sedert 1915 besig is om af te neem. Hierdie is duidelik ervaar deur produsente wat gesukkel het of byna nie betyds kon plant in die afgelope paar seisoene nie. Daar was ook ‘n effense afname in reënval oor tyd vir September en Oktober wanneer die wintergrane baie sensitief is vir droogte maar ‘n toename in reënval in November wanneer grane gestroop moet word.

    Vrystaat: Die Vrystaat was ‘n paar dekades gelede ‘n baie groot droëland koringprodusent. Droogtes en gevolglike min ondergrondse water in veral die laaste twee dekades was hoofsaaklik verantwoordelik dat die Vrystaat se koringopvlaktes met byna 80% verminder het in die laaste 2 dekades. Verskeie risikofaktore was verantwoordelik maar veral ondergemiddelde reënval in die kritieke maande van September en Oktober in die laaste paar dekades het swak opbrengste tot gevolg gehad. So byvoorbeeld het Clocolan in die Oos-Vrystaat in net 11 uit die laaste 20 jaar meer as 30mm reën in Oktober gehad. Dit verteenwoordig 55% van die jare. Indien dit vergelyk word met die tydperk vanaf 1950 tot 1999 het 78% van die jare meer as 30mm in Oktober gehad. In die sentraal na westelike dele van die Vrystaat lyk die situasie nog swakker. Addisionele risikofaktore wat die laaste paar jaar ‘n groter effek begin uitoefen is laatryp, warmer winters (minder koue-eenhede) en hitte-golwe in veral November.

    Besproeiingsgebiede: Hier is die grootste risiko wat veral in die laaste paar seisoene prominent was die voorkoms van baie laat koue en ryp. Dit is veral waargeneem in die toename in rypskade-eise uitbetaal deur versekeraars. Haelskades bly ook een van die groot risiko’s vir koringproduksie in die Somerreënvalgebied.
    Opsommend:
    Alhoewel daar ‘n groot produksieruimte is vir koring in Suid-Afrika, bly die klimaatsrisiko die belangrikste beperkende faktor. Daar is ook aanduidings dat veranderde weerspatrone die produksie van wintergrane verder kan beïnvloed. Dus moet produsente en voornemende produsente hulle deeglik vergewis van die risiko’s en risikobestuursaksies neem waarvan versekering een kan wees.

ADVERTORIAL

SANTAM

AGRI

Farming Diary

Jun
19

06.19.2019 4:00 pm - 5:00 pm

Jun
19

4:00 pm 06.19.2019 - 5:00 pm 06.21.2019

Jun
24

4:00 pm 06.24.2019 - 5:00 pm 06.25.2019

ENCA - Latest

Feed not found.