ADVERTORIAL

Available

Suid Afrika -Invoere tuimel en uitvoere styg

Uitvoere bestaan hoofsaaklik uit langlewemelk (UHT) 39% (5,5 miljoen kg), ingedampte melk 18% en jogurt 16%. Die totale waarde van UHT uitvoere beloop R53 miljoen teen ‘n gemiddelde vry-aan-boordprys van R9,60.

Invoere, met spesifieke verwysing na langlewemelk, het feitlik totaal opgedroog en was in Augustusmaand 58 ton. Die vry-aan-boordpryse is hoёr as R22, wat aandui dat dit spesiale verpakking behels of baie spesifieke produkeienskappe besit. Wei-invoere bly steeds hoog en beloop 35% van die totale invoere en afgeroomde melkpoeier 25%.

Agri Inspec het transaksies in die Augustus-data geïdentifiseer wat ongerymd voorkom ten opsigte van weipoeier ingevoer uit Denemarke. Die saak is reeds met die Deense ambassade opgeneem. Agri Inspec monitor die vordering met die navraag en sal eersdaags daarop terugrapporteer.

MPO 


ADVERTORIAL

OPEN

 

Farming Diary

Sep
17

2:00 pm 09.17.2019 - 3:00 pm 09.18.2019

Oct
3

10.03.2019 - 10.04.2019

Oct
29

10.29.2019

ENCA - Latest

Feed not found.