ADVERTORIAL

HOLLARD

Lekkerrrr Koffie! Suid Afrika

Koffie is 'n baie gewilde warm drankie vir baie mense dwarsoor die wêreld. Koffie is volgens wetenskaplikes baie gesond, mits jy nie baie
daarvan drink nie. Maar koffie is veral bekend vir die Kafeien wat vele mense laat ontwaak en 'n lewensinspuiting gee baie vroeg in die oggend.


Koffiewinkels dwarsoor die wêreld probeer alle maniere om die beste koppie koffie voor te sit. Die Sjinese het ook nou hulle smaak teenoor
koffie vergroot en die tee so bietjie eenkant toe geskuif - veral die jong Sjinese wil in die mode wees met die VSA en die ander groot lande.
Tussen 50 ha en 200ha koffie is reeds in Suid Afrika  aangeplant met 'n gemiddelde oes van tussen 1,5 ton en 2 ton per hektaar haalbaar en
koffie is ’n hoëwaarde-produk indien jy dit self op die plaas rooster.


Die geleenthede in die bedryf is dus goed. Tans verkoop ’n goeie gehalte, enkeloorsprong groen koffieboon, in Suid-Afrika teen R100/kg.
Maar koffie se weerstoestande moet reg wees, nie te warm en te koud nie en koffie plante wil nie aan die son blootgestel word nie. SuidAfrika
se klimaat is meestal nie gunstig vir die omstandighede wat nodig is vir koffieplante om te floreer nie. Suid-Afrikaners verbruik meer as 20 000 ton koffie per jaar, maar daar is slegs sowat 200 hektaar koffieplantasies in die land.


Dié plase is in KwaZulu-Natal en Mpumalanga geleë, waar die klimaat meer tropies is. Brasilië is die wêreld se grootste verbouer van koffie: in
2015 het dié land 43,2 miljoen sakke koffie (60 kg per sak) verbou. Viëtnam is in die tweede plek met 27,5 miljoen sakke koffie, met
Colombië derde – 13,5 miljoen sakke. Ander topproduserende koffielande is Indonesië, Ethiopië, Indië, Honduras, Uganda, Mexiko en
Guatemala.
Jy behoort nie meer as 500 mg Kafeien 'n dag  in te kry nie. Een koppie bevat tussen 95mg en 200mg kafeien, hang net af hoe sterk die bone
is. Koffie droog jou uit en jy moet baie water inneem as jy koffie drink. Adranalien gedrewe mense oorleef op koffie en dit is nie goed om
so baie koffie in te neem nie. Binne-in ’n bessie wat soos ’n kersie lyk, sit twee magiese bone. As ’n mens sulke bone brand totdat hulle bruin of swart is, die geroosterde produk fynmaal en dan met kookwater ’n treksel daarvan prakseer, sit jy met ’n heerlike elikser wat baie mense vir min ander dinge sal verruil. Die bessies het gekom van wat ons vandag die koffieplant noem. Mettertyd is die pitte van die bessies gebrand, gemaal en  treksels daarvan gedrink, en só het die gebruik van koffie van klooster tot klooster versprei, regdeur Ethiopië en van daar af na die res van die wêreld.


Aangeplante koffieplante lewer hul eerste drag ná drie tot vyf jaar en kan vyftien of twintig jaar, selfs vyftig jaar of langer, bly vrugte dra. Die plante het blink, ovaal blare, en die wit, geurige blommetooi duur slegs ’n paar dae. Ses of sewe maande later is die bessies ryp, wanneer hulle van liggroen tot rooi verkleur en soos kersies lyk. Die ryp vrug bevat gewoonlik twee koffiebone, wat deur ’n soet vrugvlees omhul word. Basies word die vrugvlees van die bessies verwyder en net die koffiebone word behou. Die bone word gelaat om te gis om van die slymerige omhulsel ontslae te raak. Daarna word die bone gewas, droog gemaak en gesorteer.


Vervolgens word die bone gebrand (“gerooster”). Die finale stap is om die gebrande bone te maal. Veral vroeër dae is dit sommer met handmeultjies gemaal, maar in vandag se koffiewinkels en selfs in meer gesofistikeerde huishoudings word dit dikwels met elektriese meultjies gedoen.
Bone word vanselfsprekend ook op groot skaal deur groot meulens in fabrieke gemaal, waarna dit vir die mark verpak word. Só beland die koffie dan uiteindelik in jou koppie. Die gemaalde bone of die verwerkte kitskoffie word met kookwater gemeng, en melk of romerighede word bygevoeg vir allerhandse soorte van, volgens die koffieslawe, die heerlikste drankie denkbaar.
Nie verniet dat dit soms “koffie-kapitaal” genoem word nie!
Johann Pretorius
Agri News Net 


ADVERTORIAL

SASOL FERTILIZER