ADVERTORIAL

HOLLARD

Lugvog uit die atmosfeer as lopende water - Suid Afrika

Die onlangse opvlam van belangstelling in masjiene wat water uit lug kan onttrek, klaarblyklik sonder perke, klink na presies die redding wat ‘n droogtegeteisterde Suid-Afrika vandag nodig het. 

Anders as met seewater-ontsouting en die oes van mis- en stratocumulus-wolke, is beskikbaarheid selde ‘n probleem wanneer moderne tegnieke ter sprake kom; daar is meer as genoeg lugvog beskikbaar, selfs in woestyngebiede. Die effektiewe kondensering van waterdamp uit lug met ‘n lae vogtigheidsgraad is egter ‘n taaier probleem as wat met stukke seil, gaas of plastiek aangedurf kan word. ‘n Meer effektiewe metode behels ‘n hittepomp en adsorpsie in ‘n hitte-uitruiler. Vogtige lug word oor ‘n kondensator gedwing waar dit afgekoel word; atmosferiese water kondenseer op die plate of buise, word gefiltreer, en met ultravioletstraling gesteriliseer en eindig op in ‘n houer, gewoonlik as koel drinkwater.

Omdat die distillasieproses in ‘n vakuum en teen lae temperature plaasvind, is die proses veel minder gekompliseerd en energieduur as wat mens sou dink. Die vakuum kan in ‘n gekombineerde absorpsie/desorpsie toringeenheid deur gravitasie opgewek word en die minimale hitte wat deur die kookproses benodig word, kan deur sonenergie of laegraadse oorskiethitte voorsien word.

Waar gebruik in die landbou waarskyn-lik die meeste sin maak is in situasies waar water direk aan die wortels van gewasse toegedien kan word. Hierdie sluit tonnelverbouing, hidroponika, akwaponika en soortgelyke verbouingsmetodes in, waar opbrengste kan verdriedubbel teen ‘n tiende van normale waterbehoeftes, volgens stu-dies gedoen deur Richard Groden van Island Sky Corp in Kalifornië. Wat ooplandverbouing aanbetref, waar tien- tot honderdtalle kiloliters water per besproeiingsiklus toegedien word, maak dit minder sin, veral as oorhoofse- en opstroomkostes bygereken word. Ongelukkig maak groot dele van ons land staat op droëlandverbouing en is daar geen wondermiddel om droogte finaal die hoof te bied nie.

In die geval van veeteelt is die situasie weens die laer watervolumes betrokke meer rooskleurig, veral as vrektes en die noodverkope van vee weens droogte-omstandighede onvermydelik begin lyk. Steeds moet opstroomrealiteite in die oog gehou word as volhoubaarheid ‘n voorwaarde moet bly. ‘n Liter ‘geoeste’ water kan tot vier maal soveel water hoër op in die voorsieningslyn verbruik. In ‘n lewe-of-dood situasie is dit nog aanvaarbaar, maar onder ander omstandighede sal daar dalk nog ‘n bietjie gedink moet word.

Twee ewe swaar feite staar ons in die gesig: 1) daar is ongeveer 12 kwadriljoen (12,000,000,000,000) liter water ten alle tye in die aarde se atmosfeer beskikbaar; en 2) wêreldwye beskikbaarheid van bruikbare water is in skerp afname. Die Verenigde Nasies beweer in ‘n verslag dat daar vandag reeds 700 miljoen mense waterskaarste beleef. Daar word verder verwag dat ongeveer 1.8 biljoen mense absolute waterskaarste gaan beleef teen die jaar 2025 en dat, indien klimaatsmodelle korrek blyk te wees, die helfte van alle mense op aarde teen 2030 sonder genoegsame water gaan wees. Wat op die oomblik besig is om te gebeur met ons boere is skaars ‘n voorsmakie vir wat voorlê.

Met die sistemiese wanbestuur van bestaande watervoorrade is dit onwaarskynlik dat verligting van die kant van regeringsinstansies gaan kom. Wat moet gebeur sal op lokale vlak moet gebeur. Gemeenskappe sal die leiding moet neem en begin beplan vir hulle eie behoeftes. Industrieë sal nie net aan tegnologiese behoeftes moet voorsien nie, maar ook moet deelneem aan die opleiding van dié aan wie hulle hul toerusting en materiale beskikbaar gaan maak.  Verkort-Jacques van Zyl- Plaastoe. 


ADVERTORIAL

SASOL FERTILIZER

Farming Diary

Mar
11

8:00 am 03.11.2019 - 9:00 am 03.13.2019

Mar
12

8:00 am 03.12.2019 - 9:00 am 03.13.2019

Mar
12

8:00 am 03.12.2019 - 9:00 am 03.14.2019

All Africa News: Latest

Feed not found.