ADVERTORIAL

CORTEVA

International

Suid Afrika en Landbou oppad na die jaar 2050.

Ons land se mense wil die son oor almal laat skyn en wil ontslae raak van mense wat geen waarde byvoeg tot Suid Afrika se toekoms nie.

Die laaste paar weke het ek verskeie  Landbou seminare en konferensies bygewoon dwarsoor die land. Saam met dit het ek met verskeie landbouers gepraat van oor die hele Suid Afrika- hulle besoek en heerlik gesels en gelag soos net 'n landbouer in Suid Afrika kan. Ek het ook verskeie klein boere besoek, en was verbaas oor hulle lekker postiewe denke en energie saam met hulle eie probleme. En wanneer jyself 'n landbouer is, dan verstaan jy alles net so bietjie beter. Ons landbouers is onder geweldig druk, en hulle gesondheid lei in baie gevalle daaronder, maar hulle staan vas- soos ons hulle nog altyd ken. 

In Suid Afrika is daar ongeveer 35,000 kommersiele boere, 200,000 kleinboere en ongeveer 5000 megaboere.  Hierdie mense sorg dat Suid Afrika se byna 60 miljoen inwoners elke dag kos op die tafel het- saam met dit word daar nog baie voedsel uitgevoer. Daagliks lees ons in die media hoe joernaliste of aanbieders hulle eie weergawe weergee van Landbou en sy mense.  Die deurmekaar en onprofessionele sosiale media is baie keer die hoof nuusbron vir baie van ons.  Daagliks lees jy die kort boodskappe op sosiale media waar elkeen wat gelukkig of ongelukig is sy mond kan uitspoel. 

Radio en Televisie het ook hulle eie programme en daar word net so baie gepraat en gesels oor landbou en sy mense. Baie min van die mense wat praat, skryf of wat aan die programme deelneem is in murg en been 'n landbouer. Landbouers moet meer direk betrokke wees by hierdie besprekings en nie alles laat in die hande van organisasies wat namens hulle praat nie. Landbou kry deesdae baie media dekking wat baie goed is.

Ons is 6 maande weg van 2020 en 30 jaar weg van 2050 en ons vorder nie in Suid Afrika nie. Die lente van 2019 is binne 'n maand hier.

Om die waarheid te se ons gaan een tree vorentoe en 2 tree terug-  Ons land is in die hande van 'n regering wat soveel onderlinge struwelinge het dat ons nie langer kan stilstaan en toekyk hoe hulle mekaar aanval en vernietig omdat sekere van hulle die inwoners van Suid Afrika se belastingelde wanbestuur en misbruik het nie. Elke dag sien ons hoe 'n stukkie van Suid Afrika vernietig word deur wanorde en ongelukkige mense wat totaal en al voor die voet hulle eie vernietig en verbrand. 

Landbou in Suid Afrika is gesond met briljante landbouers ,organisasies en landbou maatskappye wat saam hierdie grondprobleem wat nie einde kry nie kan oplos. 

Die regering doen absoluut niks aan die beskerming van ons landbouers nie- wekelange gesprekke is al gevoer en van alles is net beloftes. Ons landbouers het nou ekstra uitgawes om hulle self te beskerm. Saam met dit sien ons hoe skape en beeste op barbarse manier doodgemaak  word en gesteel word. Miljoene rande wat so verlore gaan. 

Die veelbesproke Grondverslag is aan die President oorhandig en is soos verwag uitmekaar gehaal en deur die bank is dit nie vriendelik ontvang nie. 

Die regering se voorgestelde gondonteiening kom ook nie tot 'n punt nie-  Die verslag is uit maar dit word afgeskiet-  Sekere voorstelle is wel aanvaarbaar soos byvoorbeeld -

Die erkenning van die rol wat korrupsie en onbekwaamheid gespeel het in die mislukking van grondhervorming, en die voorneme om in die vervolg daaraan aandag te gee.
Die skep van ’n grondregister of databasis van alle staats- en openbare grond. Die vrystelling van staatsgrond vir hervormingsdoelwitte.  

Produksie-ondersteuning vir nuwe boere.
Om onbenutte grond in produksie te plaas wat reeds versprei is, sowel as kommunale grond in die voormalige tuislande.
Die stigting van ’n grondhervormingsfonds sowel as ’n landbou-ontwikkelingsagentskap; en
Die totstandkoming van ’n ombudsman vir grond, oftewel ’n grondbeskermer.

Onteiening sonder vergoeding en beleidsekerheid oor landbougrond, kan lei tot ’n daling in voedselproduksie omdat boere nie in staat sal wees om hul skuld te delg nie, wat daartoe sal lei dat banke boere sal uitverkoop weens hul uitstaande skuld. Waar produksie afneem sal die hele voedselstelsel in Suid-Afrika onder ernstige druk kom en die land vinnig tot ’n situasie lei waar kos ingevoer sal moet word. Kos sal nie net onbekostigbaar word vir miljoene arm mense.

Daar is ook voorstelle wat nie aanvaarbaar is nie- en daaroor gaan ek nie uitbrei nie- dit verslag is oral in die media uitmekaar gehaal en dit kan nie toegepas word nie. 

Die voorstel dat die beginsel van gewillige koper-verkoper afgeskaf word, word nie ondersteun nie. Die staat het die afgelope 23 jaar reeds die mag van onteiening gehad. Die staat het duidelik genoeg geld gehad en kon sekerlik meer geld beskikbaar gemaak het deur middel van begrotings, maar het eenvoudig daarin misluk om dit te doen. Dit moet uitgewys word dat die regering nie verplig was om plase teen
opgeblase pryse te koop nie.

Intussen is daar 'n ander groep besig wat ook eersdaags met 'n ander voorstel sal kom en op die stadium weet ons nie veel daarvan af nie want meeste van die vergaderings word in privaat gehou.

Maak nie saak hoe jy na alles kyk nie- die probleem moet opgelos word en die sogenaamde benadeeldes moet ook geakkomodeer word- en daarvoor het die staat genoeg van sy eie grond om weg te gee.  Landbou in Suid Afrika het op hulle eie honderde nuwe beginnerboere gevestig en gehelp wat vandag suksesvol produseer- maar baie van hulle het nog nie hulle kaart en transport nie. 

Die meeste van die werksgeleenthede in die landbousektor was by gewasverbouing, die wildbedryf en bosbou. Werksgeleenthede in die landbou het met 0,2% gedaal teenoor die ooreenstemmende tyd verlede jaar en staan nou op 842 000. Beleidsonsekerheid, soos onteiening sonder vergoeding, en swak ekonomiese groei staan in die pad van ware werkskepping in die landbousektor. ’n Georganiseerde en toegespitste strategie deur alle Suid-Afrikaners is nou nodig. Die landbou se arbeidsvlakke het betreklik stabiel gebly vergeleke met ander sektore deurdat net 1 000 werksgeleenthede sedert die eerste kwartaal in die slag gebly het. Hier is tans hopeloos te veel buitelanders werksaam in Suid Afrika en dis een van die redes waarom Suid Afrikaners sonder werk sit.-  Dis ook waar dat daar nie meer so sterk werkerskultuur is nie en dat mense so min as moontlik wil doen vir so veel as moontlike betaling.

Die ekonomiese werklikhede in die sektor, insluitende die waardeketting-deelname, befondsing, en klimaatsverandering is die grondslag van  Voedselsekerheid wat van groot belang is vir  Suid Afrika se eerste posisie in Afrika.  Landbou het dalk ’n private landbou-agentskap nodig wat boere kan ondersteun en gunstige kredietterme kan voorsien, soortgelyk aan die destydse Landboukredietraad. Kommersieele banke in Suid Afrika was nog altyd daar vir Landbou, maar is nie meer so gewillig om in sekere landbou afdelings krediet te gee nie. 

Ten spyte van al hierdie probleme moet ons landbouers kos produseer. Die landbouwêreld is aan die verander en vinnig ook – gelukkig hou boere by omdat hulle altyd mededingend moet bly. Sonder water en sonder reen kan die beste landbou metodes nie toegepas word nie. 

Die pad waarop voedselproduksie tans is, is nie volhoubaar nie.  Ons weet dat klimaatsverandering ’n baie groot rol hierin speel, maar hoe gemaak op die pad vorentoe met al hierdie onsekerhede.  Onder meer is daar ’n gebrek aan skakeling tussen die produsent en die verbruiker.

Slegs 20% van die boerderye produseer meer as 80% van die voedsel op formele markte, terwyl 70% van die huishoudings hul voedsel op informele markte aankoop.

Talle verbruikers is oorgewig en eet ’n dieet wat bestaan uit ’n oormaat verwerkte voedsel met ’n hoë suiker- en vetinhoud. Dit is egter nie net die verbruiker wat ongesond lewe nie. Tot 80% van die biodiversiteit in boerderye word bedreig, wat die ineenstorting van ekostelsels tot gevolg kan hê, terwyl Suid-Afrika een van die rykste biodiversiteite ter wêreld huisves. Die kwessie is dus of Suid-Afrika teen 2050 die groeiende bevolking sal kan voed en of die bevolking gaan aanpas by die werklikhede van die tyd. 

Selfs met die enorme toename in vraag sal ons steeds genoeg voedsel plaaslik kan produseer, maar om dit te verseker moet ons deurentyd  belangrike aspekte ïdentifiseer waaraan aandag gegee moet word.

Ons kan egter nie net konsentreer op hoeveel water op die grond gegooi word nie. Ons het data van grondwater nodig en daar moet bepaal word wat die werklik volhoubare verbruiksvlakke van grondwater is. Die gebruik van water moet dus gepaardgaan met ’n baie groter bewustheid van elkeen se interafhanklikheid van die groter gemeenskap. Herlewingslandbou ononderhandelbaar vir volhoubaarheid.

Verantwoordelike aankope, veral in die kleinhandelbedryf, is al hoe belangriker. Hierdie aankope moet egter op feite en tasbare bewyse gegrond word. Voedselverliese in die waardeketting en op die plaas is van uiterste belang en moet bestuur word. 

Deur al die aspekte in Suid-Afrika aan te pak, sal ons nie net voedselsekerheid verseker nie, maar dit sal ook ’n uitstekende geleentheid vir ontwikkeling en vordering in die varsproduktebedrywe verseker. Daar heers tans moeilike ekonomiese tye en as ’n bedryf sal ons goeie waarde aan ons verbruikers moet lewer. Ons sal ook verantwoordelikheid en beheer moet neem oor wat Landbou en sy produkte is- 

Landbouskuld het van R102 miljard in 2013 toegeneem tot R168 miljard in 2018. In dieselfde tyd het landbouproduksiewaarde toegeneem van R225 miljard tot R277 miljard. Dit is kommerwekkend dat landbouskuld vinniger toegeneem het as bruto produksiewaarde,

Wat grondhervorming betref, kan nie gewag word vir die model of vir die regering nie. Landbouers moet dit in eie hande neem. Ons kan nie dat die regering en politici Landbou en sy mense ook vernietig soos sekere staatsinstellings nie. 

Klimaatverandering moet baie ernstig beskou word. Die wêreldgemiddelde was 0,93 °C bo die norm. Die afgelope vyf jaar was die warmste nog en wetenskaplikes meen die wêreld sal onomkeerbare klimaatsverandering ervaar as die gemiddelde temperatuur met 2 °C styg.

Ons sal moet kyk na herlewingslandbou deur meer dekgewasse aan te plant om die koolstof- en watersiklus te herstel. Dit is algemeen bekend dat die sogenoemde vierde nywerheidsrevolusie ’n impak op die landbou gaan hê. Ons gronde moet opgebou word en instand gehou word. 

Ons sien dit reeds in toegang tot inligting, wat nie vroeër so maklik beskikbaar was nie, asook in nuwe tegnologie soos selfaangedrewe werktuie, voertuie en robotmasjinerie wat onkruidbestryding toepas.

In 1980 het dit byvoorbeeld 51 dae gekos om ’n braaihoender tot by ’n gewig van 1,8 kg te kry teen ’n voeromsetting van 2,1. Vandag kos dit 36 dae teen ’n voeromsetting van 1,5. Daar is nou driedimensionele drukkers wat ’n trekkeronderdeel kan druk en so kan ek hope ander voorbeelde noem. 

Alles het verander- en daar is sekere goed wat 'n slimfoon applikasie kan doen- maar daar is sekere goed wat jy net altyd nog met jou eie twee hande moet doen. 

Tegnologiese ontwikkeling word gesien as die derde grootste risikofaktor in die volhoubaarheid van ondernemings. Boere moet kan onderskei tussen kaf en koring. Aan sommige dinge kan min gedoen word, maar aan ander wel – soos grondhervorming. 

Landbou maatskappye is goed gevestig en lewer uitstekende diens aan ons landbouers- ook hulle is bereid om saam te werk aan 'n oplossing vir Suid Afrika se grond probleem. Daar is buitelandse maatskappye wat graag in Suid Afrika se landbouers wil bele met nuwe landbou masjinerie en toerusting. 

Teen die einde van die eeu gaan daar 11 miljard mense op aarde wees, wat ’n kwessie gaan wees om te voed. Tans is daar reeds 2 miljard mense wat nie toegang tot gesonde kos het nie. Teen 2030 gaan daar meer as 80 miljoen mense in Suid Afrika woon – waarvan die meeste jonger as 30 sal wees.  Daar is nie meer tyd vir beloftes en speletjies nie – dis tyd dat die politici, die regering en die private sektor intree.

Suid Afrikaners sal moet hande vat en sterker standpunt inneem vir die beginsels wat Suid- Afrika vorentoe sal neem. Dit sit nie elke man se broek om suksesvol te boer nie- jy moet kan vasbyt, vertrou en beplan en heeltyd planne maak. Boere is doeners en nie praters nie- deur alles heen het ons landbouers weer gesorg vir kos om te eet-  Mieliepap wat Suid Afrika en Afrika se gunsteling maal is- is weereens in oormaat geproduseer. 

En as jy niks van Landbou en sy mense weet nie- is dit beter om jou neus daaruit te hou veral as jy 'n politieke agenda het. 

Daar le baie werk voor- 2050 is nie ver nie.

Voor ons le 'n nuwe seisoen- hoeveel landbouers gaan kan aangaan  met produksie,weet ons nie- Maar ons het volle vertroue dat dit 'n goeie landboujaar gaan wees- by al die negatiwiteit. Dis nou tyd vir alle boere om saam te staan en eenheid in landbou te kry en daarmee saam hierdie mooi bedryf te beskerm teen die aanvalle van mense wat van Landbou niks weet nie. 


Johann Pretorius AGRI NEWS NET. 


ADVERTORIAL

OPEN 

Coming Soon.

Farming Diary

Mar
3

03.03.2020 - 03.05.2020

Jun
17

06.17.2020 - 06.19.2020

ENCA - Latest

Feed not found.